{"id":29906,"date":"2015-02-04T11:51:32","date_gmt":"2015-02-04T09:51:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29906"},"modified":"2015-02-04T11:53:37","modified_gmt":"2015-02-04T09:53:37","slug":"dalende-olieprys-maak-kos-goedkoper","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29906","title":{"rendered":"Dalende olieprys maak kos goedkoper"},"content":{"rendered":"<p>Hoof van Agbiz, John Purchase, s\u00ea brandstofpryse sal die landboubedryf beslis raak.<\/p>\n<p>Verbruikers gaan beslis kan asem skep wanneer die brandstofpryse om middernag vanaand met ongeveer 93c vir petrol, en meer as R1 vir diesel, daal.<\/p>\n<p>Dit kom nadat die brandstofpryse verlede maand reeds met meer as R1 gedaal het.<\/p>\n<p>In die landbousektor hou die verlaging van die plaaslikke brandstof pryse vir beide boere en verbruikers beter vooruitsigte in, maar die daling in die globale olieprys kan terselfdertyd moeilikheid voorspel vir die in-en-uitvoer markte.<\/p>\n<p>Purchase s\u00ea die \u201cgroot onbekende\u201d in hierdie stadium is of die aansienlik laer ru-olieprys oor \u2018n billikke tydperk volhoubaar is. Hy s\u00ea d\u00edt sal bepaal of daar vorentoe \u2018n invloed op voedselpryse sal wees.<\/p>\n<p>BP het egter Dinsdag aangekondig dat die lae olieprys waarskynlik &#8216;n hele paar jaar sal voortduur en aangekondig dat hulle aanpassings daarvolgens sal maak en kapitaalbesteding met ongeveer $6 miljard sal inkort.<\/p>\n<p><em>Associated British Foods<\/em> het die waarde van sy belegging in Vivergo Fuels verminder as gevolg van dalende ru-olie- en bio-etanolpryse. <\/p>\n<p>Vivergo besit en bedryf een van Europa se grootste bio-etanolaanlegte vir die vervaardiging van plant-afgeleide motorbrandstof.<\/p>\n<p>Globale lae oliepryse beteken goedkoper voedsel vir stedelike verbruikers, alhoewel nie vir die 805 miljoen mense wat nog steeds chroniese honger ervaar nie, volgens die VN se Voedsel-en Landbou-organisasie. <\/p>\n<p>Die prys van olie het verlede jaar gedaal met die helfte, die tweede grootste jaarlikse daling ooit. Oliepryse het &#8216;n domino-effek op die prys van voedsel, wat in 2014 vir &#8216;n derde agtereenvolgende jaar gedaal het.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n ho\u00eb korrelasie tussen olie en voedselpryse omdat brandstof vir vervoer van voedsel tussen die veld en die mark gebruik word.<\/p>\n<p>Daar is ook &#8216;n merkbare invloed op voedselpryse omdat kunsmis, plaagdoders en ander belangrike landbou-insette afgelei is van petroleum.<\/p>\n<p>Energie- en vervoerkoste verteenwoordig ongeveer 8 persent van die prys vir plaaslik vervaardigde voedsel, volgens die Amerikaanse Departement van Landbou.<\/p>\n<p>Aan die aanbodkant, is die energieverwante koste, wat kunsmis, chemikalie\u00eb, smeermiddels en brandstof insluit ongeveer 50 persent van die produksiekoste vir gewasse soos mielies en koring in ontwikkelde lande.<\/p>\n<p>Die lae olieprys plaas veral druk op lande soos Libi\u00eb, Iran, Irak en Nigeri\u00eb wat groot bevolkings moet dra en alleen op olie staatmaak.<\/p>\n<p>Nigeri\u00eb is vir 80% van sy uitgawes afhanklik van olie.<\/p>\n<p>ISIS verdien glo sowat $3 miloen per dag deur olie op die swartmark te verkoop onder markpryse, teen &#8216;n aansienlike afslag van tussen $30 en $60 per vat.<\/p>\n<p>Koue lande soos Kanada verwag &#8216;n styging in sekere voedselpryse agv duurder invoere van vrugte en groente en &#8216;n daling in die land se geldeenheid.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se wynbedryf is blykbaar gesond en is in vergelyking met ander wynprodusente soos Chili &#8216;n sterk mededinger in die w\u00eareld ondanks die internasionale ekonomiese afswaai.<\/p>\n<p>RSG berig dat die jongste makro-ekonomiese verslag deur Ekonome van Conningarth vir die Suid-Afrikaanse Wynbedryf- Inligtingsstelsels, of SAWIS, vrygestel is. Die vyfjaar verslag dek die tydperk van 2008 tot 2013.<\/p>\n<p>Die uitvoerende hoof van die organisasie vir wynprodusente en kelderlede, WinPro, Rica Basson, s\u00ea die verslag dui daarop dat Suid-Afrika &#8216;n groot internasionale speler is, ondanks die feit dat die totale wingerdoppervlak in die land effens gekrimp het. <\/p>\n<p>Die wynbedryf het in 2013 R8,5 miljard aan buitelandse valuta verdien en die bre\u00eb wynbedryf het 1,2% tot die land se bruto binnelandse produk bygedra. Bykans 300 000 mense werk in die wyn- en verwante bedrywe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoof van Agbiz, John Purchase, s\u00ea brandstofpryse sal die landboubedryf beslis raak. Verbruikers gaan beslis kan asem skep wanneer die brandstofpryse om middernag vanaand met ongeveer 93c vir petrol, en meer as R1 vir diesel, daal. Dit kom nadat die brandstofpryse verlede maand reeds met meer as R1 gedaal het. In die landbousektor hou die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29906\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dalende olieprys maak kos goedkoper&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[19427,19429,4111,19428,8575,19430],"class_list":["post-29906","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-dalende-brandstofprys","tag-invoer","tag-landbou","tag-uitvoer","tag-voedsel","tag-wynbedryf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29906","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29906"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29906\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29906"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29906"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29906"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}