{"id":2987,"date":"2008-10-03T02:30:28","date_gmt":"2008-10-03T02:30:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2987"},"modified":"2008-10-03T02:30:28","modified_gmt":"2008-10-03T02:30:28","slug":"wat-het-die-geskiedenis-ons-te-leer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2987","title":{"rendered":"Wat het die geskiedenis ons te leer?"},"content":{"rendered":"<p>Wat het die geskiedenis ons te leer in verhoudings tussen die Zoeloe en die Afrikaner;&nbsp; tussen Zoeloe en Zoeloe;&nbsp; tussen Zoeloe en die ander Ngunistamme (soos bv die Ndebele);&nbsp; tussen die Zoeloe en die Swazi; tussen die Zoeloe en die Natalse Indiers;&nbsp; tussen Zoeloe en die Engelse?&nbsp; Verraad kom deurgans in die geskiedenis voor as &lsquo;n eienskap van die Zoeloeleierskap as &lsquo;n strategie in sy poging om mag en grondgebied te wil bekom.<\/p>\n<p>  1. Die verraad van die Zoeloe Mzilikaatse teenoor sy koning Shaka.&nbsp; Mzilikaats moes voor die woede van Shaka vlug wat gelei het tot die Mfekane (swart ontvolking in die Vrystaat en suidelike Transvaal) tot voordeel van die Voortrekkerleiers, wat in hierdie leemte ingetrek het. Later vestig Mzilikaatse sy eie koningryk in Zimbabwe.<\/p>\n<p>  2. Die verraderlike moord deur Dingaan op sy halfbroer Shaka om mag vir homself te bekom. Ons kan seker wees, en ek kan dit in my geestesoog sien, hoe die gepeupel saam met die singende Dingaan om Shaka se lyk gejubel en gedans het, soos die gepeupel onlangs in die strate gejubel en gedans het saam met die singende Zuma.<\/p>\n<p>  3. Dingaan gebruik die Afrikaner om sy gesteelde beeste vir hom terug te kry. Hy kom vir hulle vriendelik voor. Hy is hulle vriend, want hy het ook Port Natal (Durban) aan die Afrikaner afgestaan ten koste van die Engelse (aan wie hy die gebied ook belowe het). Piet Retief en sy geselskap word deur Dingaan vriendelik na &lsquo;n onthaal uitgenooi. En toe skielik die bevel, &ldquo;Maak die wit hekse dood!&rdquo;. Ons ken die daaropvolgende geskiedenis wat tot die slagtings van Blauwkrans en Weenen gelei het, en die uiteindelike Boere-oorwinning by Bloedrivier; die aanstelling deur die Boere van die marionetkoning Mpanda, ens. Dit is kenmerkend dat die Xhosa&rsquo;s nooit blankevroue en kinders doodgemaak het gedurende die grensoorlo&euml; teen die blankes nie. &lsquo;n Bewese eienskap van die Zoeloe was om almal voor die voet dood te maak.<\/p>\n<p>  4. Die geskiedenis van koning Cateswayo se optrede teenoor die Engelse is ook bekend.<\/p>\n<p>  5. Tydens die Apartheidsera het Gatsha Buthelezi &lsquo;n dubbele rol gespeel. Sy een voet was stewig in die premierskap van die Kwa-Zoeloe tuisland in Natal, en die ander voet in die sogenaamde &ldquo;bevrydingstryd&rdquo;. Hy het geweier om onafhanklikheid vir Kwa-Zoeloe te aanvaar, asook geweier om deel te word van die ANC, en eerder sy eie party, nl. die Inkhatha Vryheidsparty gestig.&nbsp; <\/p>\n<p>  Venda, Transkei, Ciskei en Transkei was onafhanklike state buite Suid-Afrika. Met hierdie swart tuislande en mededingende swart etniese hordes buite die Republiek se grense, was die Zoeloe in &lsquo;n baie sterk getalryke posisie gewees om die res van Suid-Afrika alleen vir homself in te palm sodra die blanke regime tot &lsquo;n val gekom het. Ongelukkig en seker teleurstellend vir hulle was dat die genoemde onafhanklike tuislande weer in die Republiek terug ingelyf is, tuislande waar bevolkings saam getalryker as die Zoeloe was om sodoende die oppermag oor die hele land aan die ANC te kon gee. <\/p>\n<p>  Moet ook nie sy stryd met die Zoeloekoning vergeet nie. Hy het ook probeer om hom te oorheers of te onttroon. As &lsquo;n Zoeloeprins, wou Gatsha sy oppermag laat geld. Weereens het dit vir hom misluk. Die gevolg van sy optrede was dat die Zoeloekoning sy steun van Inkatha onttrek het en aan die ANC toeges&ecirc; het. Die Zoeloes in Natal is sedertdien verdeel tussen die ANC en Inkatha. Die ondersteuning deur die Indi&euml;rminderheidsparty vir Indi&euml;rbelange in Natal, het gesorg dat die ANC, met Zuma aan die spits (en die Zoeloekoning se se&euml;n daarby) septer daar swaai.&nbsp; <\/p>\n<p>  Hier is terloops &lsquo;n tasbare bewys van hoe &lsquo;n minderheidsgroep die magsbalans kan swaai. Sodra die ANC verdeel (wat nou in die kort termyn &lsquo;n sterk moontlik is, maar in die middetermyn vorentoe onafwendbaar is), sal dit &lsquo;n gulde geleentheid vir die Afrikaner bied om op nasionale vlak soortgelyk te kan optree. Pleks daarvan om die Afrikaner af te kraak, sal politieke partye ywerig sy guns soek om te kan regeer.<\/p>\n<p>  6. Die jongste paleisrewolusie? Zuma onttroon vir Mbeki. Was dit veradelik gewees?&nbsp; Die geskiedenis sal leer.<\/p>\n<p>  Myns insiens moet die Afrikaner self sy eie lot vorentoe uitwerk, sonder toelating van inmenging of deelname van buitestanders in sy sake. Dis hoe die Boere Republieke tot stand gekom het. Die Boere het hul eie heil uitgewerk sonder toetrede van buitestanders. Die Afrikaner self moet besluit of hy voortdurend wil voortgaan om onderling te kibbel oor kleinlikhede en impotent vir altyd verdeeld te wil bly, en of hy self dit wil regkry om sy eie statut&ecirc;re Afrikanerraad in die lewe te roep wat alle Afrikanerdenke onder een sentrale sambreel saam kan bring. Sodanige Raad moet buite die parlement deurgaans in belang van alle Afrikaners woonagtig binne en buite Suid-Afrika en Namibia optree. Die Afrikaner moet sodanige Raad as sy politieke en kulturele tuiste sien, &lsquo;n Raad vir Afrikaners alleenlik.&nbsp; Die indiwiduele Afrikaner kan terselfdertyd nog steeds vir enige ander politieke party van sy keuse stem wat volgens hom die bre&euml; belang van die land dien.<\/p>\n<p>  Die Afrikaner moet voorts ook strewe om ekonomies onafhanklik van enige staatsinstelling of Anglo-Amerikaanse besighede te staan.&nbsp; Hy moet nooit weer homself in &lsquo;n situasie bevind waar hy in groot getalle weer uit sy werk deur enige ander toekomstige Afrikaneronvriendelike regering of ekonomiese magsblok uitgesmyt word omrede hy Afrikaner is nie. <\/p>\n<p>  Die vloek van regstellende aksie het &lsquo;n bedekte se&euml;n vir die Afrikaner geword. Die Afrikaner kom nou vir die eerste keer tot sy reg as entrepreneur. Waar die meerderheid Afrikaners voorheen in &lsquo;n bank, &lsquo;n staatsamp, vir Yskor, ondergronds in &lsquo;n myn, vir Anglo American, ens. gewerk het, het &lsquo;n verskuiwing plaasgevind as gevolg van regstellende aksie.&nbsp; Met vernuf word hy nou sy eie baas, skep sy eie inkomste, gebruik die swartes en swart besighede as front om staatskontrakte te bekom, ens.&nbsp; <\/p>\n<p>  Afrikaners moet nog net leer om mede werklose Afrikaners in diens te neem en op te lei as voorkeur alvorens hulle enigiemand anders in diens neem. Dit is veral in hierdie sfeer waar die Afrikanerraad beleid en rigting kan gee vir arm Afrikaneropheffing.&nbsp; Die huidige regering kla dat regstellende aksie in bestuursposisies nie veel aan blanke geledere gedoen het nie, wat onwaar is. <\/p>\n<p>  In 1994 het blankes 80% van staatinstelllings bestuursposisies beklee. Dit het gedaal tot 18%. Dit wil voorkom asof daar geen noemenswaardige verskil plaasgevind het nie omdat regstellende aksie blanke privaat besighede, veral Afrikanerbesighede, tot stand laat kom het. Sodanige instansies het hulle eie blanke bestuurspersoneel aangestel, &lsquo;n situasie waaroor die gefrustreede regering weinig beheer het.<\/p>\n<p>  Dit is vir die Afrikaner belangrik om bondgenote te h&ecirc;, maar trap versigtig vir die Zoeloe. Tradisioneel is die Zoeloe in die Engelse kamp&nbsp; en verkies Engels as taal.&nbsp; Min kan, of is selfs bereid om Afrikaans te praat of met Afrikaners sosiaal te wil verkeer. Ons het vele ander swart volke in Suid-Afrika wat wel Afrikaans magtig is en Afrikaners goedgesind is. Ons bondgenootskap moet eerder onderling met hulle verstewig word. My persoonlike ondervinding is dat dit die Zoeloe is wat volstrek weier om Afrikaans te praat. Die Zoeloe is wyd verspreid buite Natal, in &lsquo;n oorwegende Afrikaanssprekende gebied.<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/37-ulichnyj-svetilnik-na-stolb\">\u0443\u043b\u0438\u0447\u043d\u044b\u0439 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/localnews\/v-harkove-religioznaya-organizaciya-nezakonno-uderzhivala-narkozavisimyh-prokuratura-194121.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Wel, nou het ons dit. Ons president na die volgende verkiesing gaan Zuma, &#39;n Zoeloe, wees. Hy is vrygespreek op tegniese foute alleenlik, deur die NVG begaan, foute wat toevallig tot sy guns uitgespeel het.&nbsp; Daar is nog nie in &lsquo;n hof bepaal of hy korrup is al dan nie. Die feit dat hy so hard gepoog het om te keer dat verdoemende dokumentasie&nbsp; in &lsquo;n hof opteken word, sal altyd &lsquo;n vraagteken bly.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,21093],"class_list":["post-2987","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2987","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2987"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2987\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2987"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2987"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2987"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}