{"id":29851,"date":"2015-02-03T08:06:48","date_gmt":"2015-02-03T06:06:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29851"},"modified":"2015-02-03T09:51:23","modified_gmt":"2015-02-03T07:51:23","slug":"griekeland-se-skuldsirkus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29851","title":{"rendered":"Griekeland se skuldsirkus"},"content":{"rendered":"<p>Die Griekse eerste minister, Alexis Tsipras, het gister ges\u00ea sy linkse regering sou ten volle gebruik maak van \u2019n mandaat om onderhandelinge met Europese vennote aan te gaan en ten sterkste ontken dat hy bystand by Rusland sal vra.<\/p>\n<p>\u201cOns is in \u2019n gevorderde stadium van onderhandelings met ons vennote in Europa en ander wat vir ons geld geleen het. Ons het \u2019n verpligting\u00ad teenoor hulle,\u201d het Tsipras tydens \u2019n mediakonferensie\u00ad ges\u00ea toe hy gevra is of hy bereid is om bystand van Rusland te ontvang.<\/p>\n<p>\u201cOp die oomblik is geensins sulke gesprekke op die tafel nie.\u201d<\/p>\n<p>Tydens sy eerste buitelandse\u00ad reis as eerste minister, het Tsipras in Nicosia ges\u00ea hy en pres. Nicos Anastasiades\u00ad van Ciprus het \u2019n geko\u00f6rdineerde\u00ad standpunt bespreek\u00ad vir \u2019n \u201cbrug van vrede en samewerking\u00ad tussen Europa en Rusland\u201d.<\/p>\n<p>Tsipras het ges\u00ea sy land sal voortgaan\u00ad om die euro te gebruik, en bygevoeg dat enigiemand wat glo klein eurosone-lande\u00ad soos Griekeland\u00ad en Ciprus is nie noodsaaklik\u00ad in die blok nie, verkeerd\u00ad bewys sal word.<\/p>\n<p>Tsipras het ook \u2019n beroep gedoen op die vervanging van die \u201ctroika\u201d meganisme van die Europese\u00ad Kommissie\u00ad, Europese Sentrale Bank en Internasionale\u00ad Monet\u00eare Fonds wat die finansi\u00eble toestand van sukkelende\u00ad lidlande beheer.<\/p>\n<p>Die president van die Europese Parlement, Martin Schultz het &#8216;n beroep op die nuwe Griekse regering gedoen om sy anti-Duitse retoriek in te perk. <\/p>\n<p>Schultz s\u00ea dit is teenproduktief om Duitsland en sy leier in die openbaar te beledig. <\/p>\n<p>Tsipras het voorts beweer dat Duitsland Griekeland miljarde euro skuld weens die Nazi-besetting gedurende die Tweede W\u00eareldoorlog. Griekeland skuld Duitsland tans miljarde euro.<\/p>\n<p>Samesprekings oor Griekeland se internasionale skuld duur intussen voort. Die land se minister van finansies, Yanis Varoufakis is tans op besoek in Parys waar die Franse regering Griekeland teen Duitsland probeer afspeel het. <\/p>\n<p>Varoufakisis &#8216;n burger van Australi\u00eb wat in Brittanje studeer het en as &#8216;n professor by die Universiteit van Texas werksaam was. <\/p>\n<p>Hy mag een van diegene wees met botsende lojaliteite in die EU. Varoufakis was voorheen &#8216;n ekonoom-in-opleiding vir die Valve Corporation, wat deel is van Microsoft.<\/p>\n<p>Die waarskuwingstekens s\u00ea ontleders, dat Varoufakis &#8216;n &#8220;Trojaanse perd&#8221; vir George Soros is, is vollop.<\/p>\n<p>Hy het intussen voorgestel dat sy land se terugbetalings aan ekonomiese herstel gekoppel word. <\/p>\n<p>Die Britse minister George Osborne het Varoufakis gul ontvang, maar gewaarsku dat die stygende konfrontasie tussen Griekeland en die eurosone die &#8220;grootste risiko vir die globale ekonomie&#8221; inhou.<\/p>\n<p>Duitsland en ander noord-Europese lande staan volgens Osborne &#8220;onverskillig&#8221; teenoor die gedagte dat Griekeland gedwing sal word om uit van die euro te tree.<\/p>\n<p>Sommige ekonome s\u00ea die euro kan selfs beter sonder Griekeland vaar.<\/p>\n<p>Joschka Fischer, die voormalige Duitse minister van buitelandse sake en visekanselier, s\u00ea die Syriza-oorwinning is regtig &#8216;n &#8220;Griekse begrafnis&#8221; vir die bre\u00ebr Duitse strategie van besuiniging en soberheid vir Europa.<\/p>\n<p>Die regse politikus Bernd Lucke het by die AfD se partykongres in Bremen ges\u00ea Griekeland behoort so gou as moontlik uit die EU-groep van 19 lande te tree.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Griekse eerste minister, Alexis Tsipras, het gister ges\u00ea sy linkse regering sou ten volle gebruik maak van \u2019n mandaat om onderhandelinge met Europese vennote aan te gaan en ten sterkste ontken dat hy bystand by Rusland sal vra. \u201cOns is in \u2019n gevorderde stadium van onderhandelings met ons vennote in Europa en ander wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[19415,5227,12933,15718,10660,7930,19414,2078,7734],"class_list":["post-29851","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-besuiniging","tag-duitsland","tag-euro","tag-europese-parlement","tag-george-soros","tag-griekeland","tag-linkse-regering","tag-rusland","tag-skuld"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29851","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29851"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29851\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29851"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}