{"id":29846,"date":"2015-02-03T07:39:27","date_gmt":"2015-02-03T05:39:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29846"},"modified":"2015-02-03T07:39:27","modified_gmt":"2015-02-03T05:39:27","slug":"swapo-sal-de-kock-verwelkom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29846","title":{"rendered":"Swapo sal De Kock verwelkom"},"content":{"rendered":"<p>Eugene de Kock (66) het glo by meer as een geleentheid met \u201credelike ho\u00eb vlak\u201d Swapo-afvaardigings in die Sentrale Gevangenis in Pretoria vergader.<\/p>\n<p>Swapo het aangebied dat De Kock na Namibi\u00eb terugkeer en homself in die land vestig.<\/p>\n<p>Dr. Piet Croucamp, oud-Namibi\u00ebr en dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg, het aan die Republikein ges\u00ea De Kock het nog \u201c\u2019n baie goeie verhouding met sommige lede van Swapo se destydse Plan-soldate\u201d.<\/p>\n<p>Croucamp, wat hom reeds jare lank vir De Kock se vrylating beywer, s\u00ea hy het self ook \u201cop ander maniere informele kontak met van di\u00e9 ouens\u201d.<\/p>\n<p>\u201cSwapo se boodskap tydens hierdie tronkbesoeke was dat hy welkom is in Namibi\u00eb.\u201d<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Sondagkoerant Sunday Times het gister na aanleiding van die paroolverslag berig \u201chy is (deur Swapo) \u2019n stuk grond naby die Okavango aangebied en sal hierdie geleentheid aangryp indien die Suid-Afrikaanse regering nie van hom verwag om binne die grense van Suid-Afrika te woon nie\u201d.<\/p>\n<p>De Kock is Vrydag n\u00e1 21 jaar agter tralies op parool vrygelaat. Hy is in Mei 1994 in hegtenis geneem en in Oktober 1996 in die Pretoriase hooggeregshof twee keer lewenslange tronkstraf opgel\u00ea en tot \u2019n bykomende 212 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan 86 misdrywe waaronder ses moorde en bedrog, skuldig bevind is.<\/p>\n<p>Die eens gevreesde De Kock was vanaf 1985 tot 1993 bevelvoerder van die veiligheidspolisie se berugte C10-eenheid op Vlakplaas en het die bynaam \u201cPrime Evil\u201d gehad.<\/p>\n<p>Croucamp het gister ges\u00ea De Kock se paroolvoorwaardes is sodanig dat indien hy na Namibi\u00eb wil reis, hy by korrektiewe dienste in die buurland daarvoor aansoek moet doen.<\/p>\n<p>\u201cHy sal bitter graag weer Namibi\u00eb toe wil gaan, maar dit sal nie in die afsienbare toekoms gebeur nie.\u201d Of hy hom permanent hier sal kom vestig, het Croucamp ges\u00ea: \u201cDe Kock het Donderdag 66 geword. Hy is nie meer jonk nie en is nie finansieel in staat om daar te gaan woon nie. Hy sal in Suid-Afrika \u2019n stil bestaan buite die openbare oog voer.\u201d<\/p>\n<p>De Kock was in die laat sewentigerjare een van die stigterslede van Koevoet. Voor dit het hy as \u2019n polisieman op Ruacana diens gedoen. Ofskoon hy in Springs grootgeword het, het sy ouers in daardie stadium in Windhoek gewoon.<\/p>\n<p>Sy pa, mnr. Lourens de Kock, was hooflanddros in Windhoek. Tydens Namibi\u00eb se eerste demokratiese verkiesing in 1978 het hy (De Kock sr.) die verkiesingre\u00eblings behartig.<\/p>\n<p>Republikein het reeds in 2010 berig oor die moontlikheid dat hy hom n\u00e1 sy vrylating in Namibi\u00eb kan vestig.<\/p>\n<p>Me. Pendukeni Ivula-Ithana, wat toe die minister van justisie was, het destyds ges\u00ea as hy \u201cregtig \u2019n nuwe blaadjie omgeslaan het, sal hy as deel van Namibi\u00eb se verbintenis tot \u00adversoening met ope arms ontvang word\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Eugene de Kock (66) het glo by meer as een geleentheid met \u201credelike ho\u00eb vlak\u201d Swapo-afvaardigings in die Sentrale Gevangenis in Pretoria vergader. Swapo het aangebied dat De Kock na Namibi\u00eb terugkeer en homself in die land vestig. Dr. Piet Croucamp, oud-Namibi\u00ebr en dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg, het aan die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[8177,19412,6831,11616,12085],"class_list":["post-29846","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eugene-de-kock","tag-koevoet","tag-namibie","tag-parool","tag-vlakplaas"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29846","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29846"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29846\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29846"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29846"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29846"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}