{"id":29779,"date":"2015-01-30T21:14:22","date_gmt":"2015-01-30T19:14:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29779"},"modified":"2015-02-02T13:59:32","modified_gmt":"2015-02-02T11:59:32","slug":"manfred-delport-windbestuiwing-by-die-curroskool","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29779","title":{"rendered":"Windbestuiwing by die Curroskool"},"content":{"rendered":"<p>In Sub A het ons lessenaars gehad waarop ons so twee-twee gesit het. Dit was sulke houtlessenaars, suur van die sweet van talle vorige geslagte skoolkinders. My lessenaarmaatjie was die slimste kind in die klas, Suzette. Ek was doodbang vir haar, selfs banger as vir die juffrou. Suzette het rooi hare en sproete gehad, en \u2018n humeur om daarby te pas. Sy het my gereeld op my plek gesit. Sy was beduidend groter as ek, dwarsdeur die laerskool, asook beduidend slimmer. As sy minder as 95% gekry het vir enige vak, het haar ma-hulle die hoof in &#8216;n toestand van paniek gebel.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-15429\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-150x150.jpg\" alt=\"delport_manfred_600\" width=\"100\" height=\"100\" \/><\/a>Ek weet nie wat die juffrou se plan was met my en haar by dieselfde lessenaar nie. Daar was waarskynlik nie veel van \u2018n plan nie, buiten om \u2018n stout seuntjie te laat intimideer deur \u2018n dogtertjie wat op alle gebiede sy meerdere was. Suzette het die res van ons eweneens deur ons ganse laerskoolloopbaan uitgestof. Dit het my ook nie veel gehelp om langs haar te sit nie. Haar akademiese prestasies was helaas nie aansteeklik nie. Gelukkig ook nie haar sproete nie.<\/p>\n<p>Gedagtig aan Suzette, moet ek erken dat ek so \u2018n effe in die duister verkeer oor die huidige herrie rondom die Curroskool in Pretoria. Sowat dertig ouers, vermoedelik almal swart, is geweldig ontstoke agv die sogenaamde &#8220;apartheid&#8221; by die skool. Di\u00e9 betrokke skool het \u2018n meerderheid swart \u201cl\u00eannas&#8221;. Die skool se bestuur het dit egter goedgedink om vo\u00ebls van enerse vere bymekaar in die klas te sit. Verbouereerde blanke graadeentjies is dus by ander blanke graadeentjies ingedeel, sodat die kinders by mense van hul eie kultuur aanklank kon vind, en kon maatjies maak.<\/p>\n<p>Immer op die uitkyk vir die geleentheid om \u201cdat\u2019s rayyysssiiss\u201d te skree-huil, het sowat dertig ouers van swart \u201cl\u00eannas\u201d egter mal geraak van verontwaardiging. Hoe <em>durf<\/em> die skoolmaatjies van dieselfde kultuur saam wil groepeer? \u201cDis apartheid!\u201d, het die ryk, swart ouers, wat hul kinders by \u2018n privaatskool ingeskryf het, aan\u2019t gil gegaan.<\/p>\n<p>Dit is skynbaar onaanvaarbaar dat daar klasse is met slegs Sipho\u2019s en Lindiwes, terwyl ander klasse weliswaar Sipho\u2019s bevat, maar ook Jannies en Sannies. Die Ierse immigrant en kaartmannetjie met die skril stemmetjie op die radio, John Robbie, het op Talk Radio 702 \u2018n onderhoud gevoer met die hoofuitvoerendebeampte van die Curroskole, en heel voorspelbaar het Robbie self, nes die ousies wat so geweldig aan\u2019t skree gegaan het, geen oomblik verspil voordat hy die indeling van maatjies insgelyks probeer vergelyk het met PW Botha se optrede aan die grens met Angola nie. \u2018n Klag van misdade teen die mensdom by die VN was stellig Robbie se volgende stap.<\/p>\n<p>Waarom ek dit moeilik vind om te begryp, is die volgende: Die groot geteem oor swart staatskole handel eintlik oor di\u00e9 skole se gebrekkige infrastruktuur en fasiliteite, die spreekwoordelike klaskamers onder bome. Beide die blanke en swart leerlinge by hierdie Curroskool gaan egter op presies dieselfde banke sit, onder dieselfde dak, voor dieselfde swart- of witbord. Hulle gaan presies dieselfde geriewe geniet, op alle vlakke. Hulle gaan deur dieselfde (blanke) onderwysers onderrig word. Siende hoe ons telkens vertel word hoe eners mense glo is, watter moontlike verskil kan dit maak, sou een klas meer swart l\u00eannas en minder blanke kindertjies h\u00ea? Onthou: \u201cOns is almal dieselfde\u201d, volgens die linksverkramptes, en die NSA is hoeka so kleurblind soos maar kan kom.<\/p>\n<p>Voorts is daar heelwat mense wat beweer dat rassisme \u2018n aangebore eienskap van blankes is. Sou dit wel die geval wees, waarom wil die mammas van die swart l\u00eannas hul kinders op so \u2018n jong ouderdom aan ontluikende blanke rassissies blootstel? Hou Sipho om hemelsnaam weg van die klein rassis, Jannie!<\/p>\n<p>Dis dus voorwaar \u2018n raaisel, hierdie vreemde geteem deur die swart ouers. Die enigste moontlike verklaring wat ek kan bedink, is dat die rassisme-gillers meen dat akademiese prestasie aansteeklik is, dat hul swart telgies moontlik dmv windbestuiwing by die blanke kinders hul intelligensie, en werksywer sal aansteek. As die klas 100% swart is, is daar as\u2019t ware geen akademiese stuifmeel in die lug nie.<\/p>\n<p>Helaas kan ek uit bittere persoonlike ervaring getuig: Ek het nie my akademiese prestasie by Suzette aangesteek nie. Windbestuiwing werk slegs as jy \u2018n vrugteboom is.<\/p>\n<p><a class=\"twitter-follow-button\" href=\"https:\/\/twitter.com\/ManfredDelport\" data-show-count=\"true\" data-lang=\"nl\" data-size=\"large\">@ManfredDelport volgen<\/a><br \/>\n<script>\/\/ <![CDATA[\n!function(d,s,id){var js,fjs=d.getElementsByTagName(s)[0],p=\/^http:\/.test(d.location)?'http':'https';if(!d.getElementById(id)){js=d.createElement(s);js.id=id;js.src=p+':\/\/platform.twitter.com\/widgets.js';fjs.parentNode.insertBefore(js,fjs);}}(document, 'script', 'twitter-wjs');\n\/\/ ]]><\/script><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Sub A het ons lessenaars gehad waarop ons so twee-twee gesit het. Dit was sulke houtlessenaars, suur van die sweet van talle vorige geslagte skoolkinders. My lessenaarmaatjie was die slimste kind in die klas, Suzette. Ek was doodbang vir haar, selfs banger as vir die juffrou. Suzette het rooi hare en sproete gehad, en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[4938,19382,10765,4772,19381],"class_list":["post-29779","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-apartheid","tag-curroskool","tag-john-robbie","tag-ras","tag-rassismo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29779\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}