{"id":29757,"date":"2015-01-29T10:57:13","date_gmt":"2015-01-29T08:57:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29757"},"modified":"2015-01-29T10:57:13","modified_gmt":"2015-01-29T08:57:13","slug":"boer-vas-omdat-hy-waarskuwingskoot-skiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29757","title":{"rendered":"Boer vas omdat hy waarskuwingskoot skiet"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Boer van Ficksburg is deur 20 swaargewapende polisiebeamptes in hegtenis geneem omdat hy waarskuwingskoot geskiet het toe twee swartes na bewering sy huis aangeval en gedreig het om sy gesin dood te maak, het Beeld berig.<\/p>\n<p>Die mans het glo ook sy 18-jarige verstandelik gestremde dogter rondgeruk en op die grond neergegooi.<\/p>\n<p>Prieur du Plessis (46), &#8216;n pa van twee verstandelik gestremde kinders, het Maandagmiddag &#8216;n waarskuwingskoot geskiet toe twee swartes, gewapen met &#8216;n knopkierie en kapmes, op hom afgestorm het. <\/p>\n<p>Hy is later die dag in hegtenis geneem toe die swartes &#8216;n klag van poging tot moord teen hom ingedien het.<\/p>\n<p>Du Plessis se prokureur, Jonker Botha, het reeds Dinsdagaand borgtog by die Ficksburg-polisiekantoor gere\u00ebl, maar die polisie wou hom nie laat gaan nie. <\/p>\n<p>Hy is eers die volgende dag op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy op mindere aanklagte van die nalatige en roekelose gedrag verskyn het.<\/p>\n<p>Botha het Woensdag ges\u00ea sy kli\u00ebnt sal &#8216;n siviele eis teen die polisie in te stel weens onregmatige aanhouding.<\/p>\n<p>Die twee swartes het Maandag sy huis se vensters stukkend geslaan en aanhoudend gedreig dat hulle sy kinders en familie gaan doodmaak omdat hy hulle glo geld skuld. <\/p>\n<p>Die waarskuwingskoot wat die boer afgevuur het, het die agterruit van die swartes se motor getref. Sowat 20 polisielede het hom &#8216;n uur later in die dorp in hegtenis geneem.<\/p>\n<p>Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, s\u00ea Du Plessis kon nie Dinsdag op borgtog vrygelaat word nie, omdat die ondersoekbeampte steeds besig was met die ondersoek.<\/p>\n<p>Hy het bevestig dat Du Plessis klagte van intimidasie, aanranding en opsetlike saakbeskadiging teen die twee mans ingedien het en s\u00ea hulle is Woensdag in hegtenis geneem. Die mans, onderskeidelik 50 en 30 jaar oud, is dieselfde dag op waarskuwing vrygelaat en moet weer Donderdag in die hof verskyn.<\/p>\n<p>Phaladi Shuping, woordvoerder van die NVG in die Vrystaat, s\u00ea die klag van poging tot moord teen Du Plessis is verander nadat die aanklaer die dossier gelees en besluit het &#8220;dit sou moeilik wees om te bewys&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Boer van Ficksburg is deur 20 swaargewapende polisiebeamptes in hegtenis geneem omdat hy waarskuwingskoot geskiet het toe twee swartes na bewering sy huis aangeval en gedreig het om sy gesin dood te maak, het Beeld berig. Die mans het glo ook sy 18-jarige verstandelik gestremde dogter rondgeruk en op die grond neergegooi. Prieur du &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29757\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Boer vas omdat hy waarskuwingskoot skiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10177,16544,15636,6335,2851,19364],"class_list":["post-29757","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-boer","tag-ficksburg","tag-nvg","tag-plaasaanvalle","tag-polisie","tag-waarskuwingskoot"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29757","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29757"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29757\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}