{"id":29751,"date":"2015-01-29T10:33:55","date_gmt":"2015-01-29T08:33:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29751"},"modified":"2015-01-29T10:33:55","modified_gmt":"2015-01-29T08:33:55","slug":"nazi-konsentrasiekamp-oorlewendes-herdenk-ontsetting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29751","title":{"rendered":"Nazi-konsentrasiekamp-oorlewendes herdenk ontsetting"},"content":{"rendered":"<p>Ongeveer 300 oorlewendes van die Nazi-konsentrasiekamp Auschwitz-\u00adBirkenau het Dinsdag saam met w\u00eareldleiers teruggekeer\u00ad na die kamp om die ontsetting\u00ad op 27 Januarie 1945 deur Russiese troepe te herdenk.<\/p>\n<p>Die herdenking het plaasgevind te midde van groeiende kommer oor die opkoms van anti-Semitisme in Frankryk\u00ad, Duitsland en ander dele van Europa, het AFP berig.<\/p>\n<p>\u201cOns wil nie h\u00ea ons verlede moet ons kinders se toekoms wees nie,\u201d het een oorlewende\u00ad, mnr. Roman Kent (86) in \u2019n stem rou met emosie ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk het gedink ek sal hier doodgebrand\u00ad word en nooit eens my eerste soen ervaar nie. Maar tog, as 14-jarige meisie, het ek oorleef,\u201d het me. Halina Birenbaum\u00ad, wat in 1929 in Pole gebore is, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Verskeie staatshoofde, insluitende Frank\u00adryk se pres. Francois Hollande, Duitsland se pres. Joachim Gauck en die Oekra\u00efne se pres. Petro Poroshenko\u00ad, was onder die leiers wat die verrigtinge\u00ad bygewoon het.<\/p>\n<p>Poroshenko se magsbasis en steun in sy eie land bestaan ironies grootliks genoeg uit <a href=\"http:\/\/www.huffingtonpost.com\/michael-hughes\/the-neo-nazi-question-in_b_4938747.html\">neo-Nazi&#8217;s<\/a><\/p>\n<p>Voor sy vertrek na Pole het Hollande\u00ad waarskuwings deur Duitsland se kanselier\u00ad, Angela Merkel, beaam oor geweld teen Jode in hedendaagse Europa.<\/p>\n<p>\u201cFrankryk is jul tuisland,\u201d het Hollande\u00ad aan Jode in Parys ges\u00ea en die opkoms van anti-Semitisme in Frankryk\u00ad as \u201conhoudbaar\u00ad\u201d bestempel\u00ad. Vier mense is vroe\u00ebr die maand in Joodse supermark\u00ad in Parys na bewering deur Molsem\u00ad vermoor.<\/p>\n<p>Anti-Semitiese aanvalle in Frankryk\u00ad, die tuiste van Europa se grootste Joodse bevolking\u00ad, het in 2014 tot 851 teenoor die vorige jaar verdubbel.<\/p>\n<p>By \u2019n geleentheid in Berlyn om die bevryding van Auschwitz te herdenk, het Merkel ges\u00ea dis is \u2019n \u201cskande\u201d dat Jode in Duitsland beledigings\u00ad en bedreigings\u00ad ontvang vanwe\u00eb hul \u201cJoodsheid\u201d of steun vir Israel.<\/p>\n<p>Van die meer as 1,3 miljoen mense wat by Auschwitz aangehou is, het meer as 1,2 miljoen, meestal Joodse gevangenes\u00ad omgekom, hetsy in gaskamers\u00ad, van hongersnood of siektes.<\/p>\n<p>Geskiedkundiges beraam dat tot 150 000 etniese Pole ook in Auschwitz aangehou\u00ad is en as slawearbeiders\u00ad \u00adgebruik is. Die helfte van hulle het in die kamp gesterf.<\/p>\n<p>Europese Roma, die vasteland se grootste etniese minderheidsgroep\u00ad, is ook vir uitwissing geteiken en nagenoeg\u00ad 23 000 is na Auschwitz gedeporteer\u00ad. Net ongeveer 2 000 het oorleef. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ongeveer 300 oorlewendes van die Nazi-konsentrasiekamp Auschwitz-\u00adBirkenau het Dinsdag saam met w\u00eareldleiers teruggekeer\u00ad na die kamp om die ontsetting\u00ad op 27 Januarie 1945 deur Russiese troepe te herdenk. Die herdenking het plaasgevind te midde van groeiende kommer oor die opkoms van anti-Semitisme in Frankryk\u00ad, Duitsland en ander dele van Europa, het AFP berig. \u201cOns wil &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29751\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nazi-konsentrasiekamp-oorlewendes herdenk ontsetting&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17120,19362,5227,4869,1093,19361,10907,19360],"class_list":["post-29751","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anti-semitisme","tag-auschwitz-birkenau","tag-duitsland","tag-eu","tag-frankryk","tag-merkel","tag-nazi","tag-neo-nazi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29751","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29751"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29751\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29751"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29751"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29751"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}