{"id":29727,"date":"2015-01-28T09:36:27","date_gmt":"2015-01-28T07:36:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29727"},"modified":"2015-01-28T09:36:27","modified_gmt":"2015-01-28T07:36:27","slug":"internasionale-sakeman-en-gesinslede-in-stellenbosch-vermoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29727","title":{"rendered":"Internasionale sakeman en gesinslede in Stellenbosch vermoor"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie kon nie berigte bevestig dat die drie lede van een gesin wat gister in die De Zalze landgoed in Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor is, met &#8216;n byl aangeval is nie. <\/p>\n<p>Internasionale sakeman Martin van Breda, 54, sy vrou Teresa, 55, en hul 22-jarige seun, Rudi, is Dinsdagoggend in hul huis in die luukse gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor.<\/p>\n<p>Lt.kol. Andr\u00e8 Traut, woordvoerder van die polisie, het die moorde bevestig.<\/p>\n<p>Volgens Traut is die ouerpaar se ander twee kinders, &#8216;n 16-jarige dogter en 20-jarige seun, glo tydens die aanval beseer en is hulle na &#8216;n nabygele\u00eb hospitaal geneem vir verdere behandeling.<\/p>\n<p>Traut het ges\u00ea die polisie ondersoek &#8216;n saak van moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. <\/p>\n<p>Die polisie het ook berigte ontken dat &#8216;n jong man in sy vroe\u00eb twintiger-jare vir ondervraging ingeneem is. <\/p>\n<p>Die polisiewoordvoerder, Andr\u00e9 Traut s\u00ea die ondersoek na die drie-dubbele moord gaan voort en dat hulle nie oor die motief kan bespiegel nie. <\/p>\n<p>Die 20-jaar-oue seun, Henri, is glo deur die polisie vir ondervraging ingeneem het &#8216;n bediende wat by die bure werk, ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;[Henri] kon nie ernstig beseer gewees het nie omdat hy kon loop. Ek het dit self gesien,&#8221; het Eben Potgieter, voorsitter van die landgoed se huiseienaarsvereniging ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie kon nie berigte bevestig dat die drie lede van een gesin wat gister in die De Zalze landgoed in Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor is, met &#8216;n byl aangeval is nie. Internasionale sakeman Martin van Breda, 54, sy vrou Teresa, 55, en hul 22-jarige seun, Rudi, is Dinsdagoggend in hul huis in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29727\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Internasionale sakeman en gesinslede in Stellenbosch vermoor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19340,19341,5170,8600,4861],"class_list":["post-29727","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-bylmoord","tag-gesinsmoord","tag-moord","tag-sakeman","tag-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29727","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29727"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29727\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29727"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29727"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29727"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}