{"id":29697,"date":"2015-01-27T08:25:31","date_gmt":"2015-01-27T06:25:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29697"},"modified":"2015-01-27T08:25:31","modified_gmt":"2015-01-27T06:25:31","slug":"nie-plek-vir-witte-in-zambie-se-nuwe-regering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29697","title":{"rendered":"Nie plek vir witte in Zambi\u00eb se nuwe regering"},"content":{"rendered":"<p>Die nuutverkose pres. Edgar Lungu van Zambi\u00eb, het Maandag aangekondig dat visepresident\u00ad Guy Scott, Afrika se enigste onlangse wit staatshoof\u00ad, nie deel sal wees van sy regering nie. <\/p>\n<p>Lungu het verlede week die verkiesing naelskraap gewen.<\/p>\n<p>Scott was waarnemende president\u00ad sedert Sata se dood. Hy was die eerste wit leier sedert die einde van apartheid.<\/p>\n<p>Scott is vervang deur me. Inonge Wina, \u2019n voormalige minister belas met geslagsake\u00ad en voorsitter van die <em>Patriotic\u00ad Front<\/em>.<\/p>\n<p>Scott en Lungu was voorheen in &#8216;n magstryd betrokke. Scott het Lungu, wat as hoofsekretaris\u00ad vir die regerende party gedien het, kort na Sata se dood afgedank, maar moes hom later noodgedwonge weer aanstel na betogings deur ondersteuners\u00ad.<\/p>\n<p>&#8216;n Sending van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap\u00ad het pas die verkiesings in Zambi\u00eb vry en regverdig verklaar ondanks onderlinge onverdraagsaamheid\u00ad onder politieke\u00ad \u00adpartye wat tot sporadiese voorvalle\u00ad \u00advan geweld gelei het.<\/p>\n<p>Geen voorvalle van geweld is op stemdag self aangemeld deur die waarnemersending van nege SAOG-lidlande\u00ad wat na die tien provinsies van Zambi\u00eb ontplooi is nie.<\/p>\n<p>Die verkiesing is genoodsaak deur die skielike afsterwe op 28 Oktober 2014 van pres. Michael Chilufya Sata.<\/p>\n<p>Swaar re\u00ebn het egter logistieke en administratiewe uitdagings ontwrig en die stemproses in die wiele gery.<\/p>\n<p>\u201cZambi\u00eb is bekend as \u2019n vreedsame land en ons vra alle politieke partye om op so \u2019n wyse op te tree dat vrede, veiligheid en stabiliteit in die land gehandhaaf\u00ad \u00adword,\u201d lui SAOG se verklaring.\u00ad <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nuutverkose pres. Edgar Lungu van Zambi\u00eb, het Maandag aangekondig dat visepresident\u00ad Guy Scott, Afrika se enigste onlangse wit staatshoof\u00ad, nie deel sal wees van sy regering nie. Lungu het verlede week die verkiesing naelskraap gewen. Scott was waarnemende president\u00ad sedert Sata se dood. Hy was die eerste wit leier sedert die einde van apartheid. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29697\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nie plek vir witte in Zambi\u00eb se nuwe regering&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19252,10616,4631,7244],"class_list":["post-29697","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-edgar-lungu","tag-guy-scott","tag-verkiesing","tag-zambie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29697","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29697"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29697\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29697"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29697"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29697"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}