{"id":29695,"date":"2015-01-27T08:04:46","date_gmt":"2015-01-27T06:04:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29695"},"modified":"2015-01-27T08:19:32","modified_gmt":"2015-01-27T06:19:32","slug":"beurtkrag-wag-vir-namibie-na-sa-se-kragkrisis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29695","title":{"rendered":"Beurtkrag wag vir Namibi\u00eb na SA se kragkrisis"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Verslag wat deur internasionale\u00ad kenners saamgestel is, waarsku dat Namibi\u00eb \u2019n ernstige kragkrisis\u00ad in die gesig staar vanwe\u00eb die plaaslike\u00ad afgeleefde\u00ad hidro\u00eblektriese kragaanleg\u00ad, asook die land se steun op Suid-Afrika, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>NamPower se beplande Kudu- en Arandis-kragsentrale, asook kleiner beleggings in hidro\u00eblektriese- en sonkragontwikkeling sal eers in die lang termyn vrugte afwerp. Tot dan sal kragverbruik in Namibi\u00eb die aanbod van elektrisiteit ver oorskry en sal kragonderbrekings en beurtkrag by tye aan die orde van die dag wees, s\u00ea Business Monitor International (BMI), deel van die Fitch-groep, in sy verslag, \u201cNamibia Power Report\u201d.<\/p>\n<p>MI meen voorts \u201cernstige tekortkominge\u00ad in die struktuur van die mark\u201d sal nuwe beleggings in veral hernubare energie bemoeilik. Daar heers \u2019n tekort aan \u2019n \u201crobuuste\u00ad regulatoriese\u00ad raamwerk\u201d in Namibi\u00eb se energiemark en dit word boonop oorheers deur \u2019n \u201condoeltreffende\u00ad voorsiener in staatsbeheer wat private mededinging uitsluit\u201d, aldus BMI.<\/p>\n<p>Di\u00e9 ontleders verwag dat Namibi\u00eb se kragopwekking binne tien jaar met 500% sal styg, hoofsaaklik aangedryf\u00ad deur termiese- en gasaangedrewe kragsentrale-ontwikkelings. Teen 2023 behoort die land 12,4 terawatt-uur\u00ad (TWh) te bereik.<\/p>\n<p>Volgens BMI behoort Namibi\u00eb se kragverbruik teen di\u00e9 jaar 6,6 TWh te beloop, wat beduidende uitvoere van elektrisiteit moontlik sal maak.<\/p>\n<p>\u201cTransmissie- en verspreidingsverliese in 2015 sal hoog wees \u2013 24,9% van uitset \u2013 weens diefstal en die swak toestand van die kragnetwerk. Persentasiegewys\u00ad behoort dit egter oor die tienjaar vooruitskattingstydperk\u00ad stelselmatig\u00ad te verminder,\u201d s\u00ea BMI.<\/p>\n<p>Namibi\u00eb behoort binne die volgende\u00ad vier tot vyf jaar geen ernstige\u00ad kragonderbrekings\u00ad te ervaar nie, het NamPower verlede week in \u2019n verklaring\u00ad \u00adverseker.<\/p>\n<p>Di\u00e9 onderneming in staatsbeheer\u00ad het voldoende maatre\u00ebls deur middel van sy kort termyn kritieke\u00ad kragvoorsieningsinisiatiewe\u00ad getref om as teenvoeter teen enige moontlike\u00ad tekorte te dien, het NamPower\u00ad ges\u00ea.<\/p>\n<p>NamPower se planne om voldoende elektrisiteit in die afsienbare toekoms te voorsien, sluit in die bestuur van kragvraag, die opknapping\u00ad van die Van Eck- en Ruacana-kragsentrale\u00ad, asook die ontwikkeling van \u2019n kragaanleg\u00ad van 250 MW. Laasgenoemde gaan in samewerking met die private sektor aangepak word om in kragbehoeftes te voorsien totdat Kudu ontwikkel is.<\/p>\n<p>In die medium tot lang termyn beplan NamPower die ontwikkeling van die Baynes-waterkragaanleg.<\/p>\n<p>Intussen het Eskom in &#8216;n verklaring gewaarsku dat die vraag na krag in spitstyd sal tot Vrydag ho\u00ebr wees as die kragvermo\u00eb wat beskikbaar is. Dit sal waarskynlik nog kragonderbrekings tot gevolg h\u00ea. <\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse verskaffer het Maandag tweeduisend Megawatt aan die netwerk onttrek in &#8216;n poging om te keer dat die vraag sy vermo\u00eb oorskry, na tegniese probleme by van die kragstasies.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Verslag wat deur internasionale\u00ad kenners saamgestel is, waarsku dat Namibi\u00eb \u2019n ernstige kragkrisis\u00ad in die gesig staar vanwe\u00eb die plaaslike\u00ad afgeleefde\u00ad hidro\u00eblektriese kragaanleg\u00ad, asook die land se steun op Suid-Afrika, het die Republikein berig. NamPower se beplande Kudu- en Arandis-kragsentrale, asook kleiner beleggings in hidro\u00eblektriese- en sonkragontwikkeling sal eers in die lang termyn vrugte &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29695\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beurtkrag wag vir Namibi\u00eb na SA se kragkrisis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4827,6311,6831,19283,10671],"class_list":["post-29695","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eskom","tag-kragkrisis","tag-namibie","tag-nampower","tag-onderhoud"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29695","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29695"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29695\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}