{"id":29643,"date":"2015-01-23T19:25:11","date_gmt":"2015-01-23T17:25:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29643"},"modified":"2015-01-23T19:25:11","modified_gmt":"2015-01-23T17:25:11","slug":"steve-mag-nie-by-kknk-optree-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29643","title":{"rendered":"Steve mag nie by KKNK optree nie"},"content":{"rendered":"<p>Steve Hofmeyr sal verhoed word om vanjaar by die ABSA KKNK op te tree. Die KKNK se bestuur het op Facebook verklaar dat hulle Hofmeyr se optredes by die KKNK sal afkeur.<\/p>\n<p>Die KKNK het reeds verskeie navrae ontvang oor hoekom Hofmeyr nie op vanjaar se program is nie.<\/p>\n<p>\u201cDie Absa KKNK is trots Afrikaans \u00e9n Suid-Afrikaans en daarom is ons verho\u00eb eerder beskikbaar vir inhoud wat ons help om br\u00fbe te bou.\u201d<\/p>\n<p>Die KKNK se borge probeer klaarblyklik steeds vir Hofmeyr as &#8216;n &#8220;rassis&#8221; swartsmeer nadat hy op 23 Oktober op Twitter geskryf het: \u201cSorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.\u201d<\/p>\n<p>Sy twiet is deur Boerehaters as &#8216;n geleentheid gesien om hom skade te berokken en sy konserte te ontwrig. <\/p>\n<p>&#8216;n Kwaadwillige en lasterlike veldtog is deur &#8216;n middelmatige buikspreker met &#8216;n kwynende gehoor geloods, wat Hofmeyr se borge gekontak het in &#8216;n poging om die Afrikaans is Groot-konsert te ontspoor.<\/p>\n<p>Die konsertreeks was in weerwil van die aanval &#8216;n reusesukses.<\/p>\n<p>Hofmeyr is verlede jaar n\u00e1 die Innibos-fees insgelyks deur &#8216;n soortgelyke groepie kwaadstekers aangeval nadat hy Die Stem gesing het.<\/p>\n<p>N\u00e1 die KKNK se kommentaar is die blad oorval van kommentaar deur mense wat aangedui het dat hulle nie die fees gaan bywoon nie.<\/p>\n<p>Pierr\u00e9 Jordaan skryf: \u201cDis \u0149 hartseer dag vir kunste in Suid-Afrika. Kunste behoort neutraal te staan en nie kant te kies nie. Van wanneer af word \u2018n kunstenaar se sienings gebruik wanneer hul genooi word? Het ons nou \u2018n \u2018Big Brother\u2019 nodig om vir ons te besluit?\u201d<\/p>\n<p>Jacques Oosthuizen skryf: \u201cDis baie ruggraatloos van julle. Ek sal verseker nooit weer in die toekoms na die KKNK toe gaan nie. Totsiens van trotse Suid-Afrikaner en ek sal by Steve Hofmeyr staan solank as wat ek leef.\u201d<\/p>\n<p>Hofmeyr het die benepenheid sensuur van die KKNK-bestuur betreur. \u201cHierdie is moontlik die eerste keer dat di\u00e9 kunstefees aan hul kunstenaars w\u00eareldbeskouings voorskryf. Dit is \u0149 tragedie,\u201d het Hofmeyr ges\u00ea. \u201cMaar niks sal my weghou van my lojale gehore nie. Ons sal elders daardie vryhede moet geniet.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Steve Hofmeyr sal verhoed word om vanjaar by die ABSA KKNK op te tree. Die KKNK se bestuur het op Facebook verklaar dat hulle Hofmeyr se optredes by die KKNK sal afkeur. Die KKNK het reeds verskeie navrae ontvang oor hoekom Hofmeyr nie op vanjaar se program is nie. \u201cDie Absa KKNK is trots Afrikaans &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29643\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Steve mag nie by KKNK optree nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[5921,4116,14284,7533,9377],"class_list":["post-29643","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-die-stem","tag-kknk","tag-oudtshoorn","tag-sensuur","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29643","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29643"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29643\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29643"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29643"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29643"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}