{"id":29625,"date":"2015-01-23T10:22:47","date_gmt":"2015-01-23T08:22:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29625"},"modified":"2015-01-23T11:12:19","modified_gmt":"2015-01-23T09:12:19","slug":"polisie-se-soweto-geweld-is-onder-beheer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29625","title":{"rendered":"Polisie s\u00ea Soweto-geweld is onder beheer"},"content":{"rendered":"<p>Buitelanders moes uit Soweto vlug, of skuiling gaan soek by polisiestasies in die gebied, n\u00e1 die jongste vlaag van geweld teen hulle.<\/p>\n<p>Die geweld het Maandagaand uitgebreek nadat &#8216;n buitelandse winkeleienaar na bewering die 14-jarige Siphiwe Mahori in Snake Park doodgeskiet, omdat Mahori glo sy winkel wou beroof.<\/p>\n<p>Die Gautengse polisiekommissaris, Lesetja Mothiba hou nietemin vol dat die polisie genoeg mannekrag het om die aanvalle onder beheer te bring.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea egter die polisie se nasionale leierskap is in kennis gestel dat bykomende magte op bystand moet wees.<\/p>\n<p>Die polisie moes inderhaas ontplooi word om die plundery van winkels wat aan buitelanders behoort in Soweto hok te slaan. Volgens Lesetja is meer polisiebeamptes ontplooi in die gebiede wat deur die plundery geraak word.<\/p>\n<p>Die geweld het in Soweto begin, en ook na Diepkloof en Kagiso versprei. <\/p>\n<p>Asad Ali, wat &#8216;n selfoon-herstelwinkel gehad het, s\u00ea hy soek nou &#8216;n ander plek om sy winkel oop te maak. <\/p>\n<p>Die adjunkvoorsitter van die Somaliese-vereniging van Suid-Afrika, Cassim Ali het die plundery as vreemdelingehaat \u00e9n misdaad bestempel.<\/p>\n<p>Meer as 120 mense is tot dusver in hegtenis geneem op aanklagte wat wissel van moord tot diefstal en die polisie het beslag gel\u00ea op tientalle onwettige vuurwapens. <\/p>\n<p>Mothiba s\u00ea hulle is besig met &#8216;n ondersoek na waar die vuurwapens vandaan kom.  <\/p>\n<p>Drie polisiebeamptes, wat nie in uniform geklee was nie, het &#8216;n Sapa-verslaggewer glo Donderdag gedwing om foto\u2019s van haar selfoon uit te vee wat sy van &#8216;n Somali\u00ebr se winkel in Dobsonville, Soweto, geneem het.<\/p>\n<p>Die verslaggewer is afgetrek deur &#8216;n polisievoertuig nadat sy die foto&#8217;s geneem het.<\/p>\n<p>&#8220;Die een beampte het oor my skouer geloer om seker te maak dat ek alles uitvee,\u201d het Mpho Raborife ges\u00ea. \u201cHy het daarna ges\u00ea ek mag nie \u0149 foto op die toneel neem nie, aangesien dit openbare geweld is, so dit val onder hulle jurisdiksie.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle het toe ges\u00ea ek mag in elk geval nie die foto\u2019s neem nie omdat ek nie toestemming gevra het nie, en ek kan nie net by \u0149 toneel opdaag en foto\u2019s neem en dan wegry nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die polisie het haar verslaggewerskaart en selfoon by haar afgeneem. Daarna het die beamptes volgehou dat sy hulle na die Dobsonville-polisiestasie moet vergesel en geweier dat sy haar werkgewer bel. Hulle is uiteindelik nooit na die stasie nie.<\/p>\n<p>Die polisiebeampte het volgehou dat sy nie daar mag foto\u2019s neem en dit aan die publiek mag &#8216;uitlek&#8217; nie. Hulle het haar selfoon en verslaggewerskaart teruggegee eers nadat sy die foto\u2019s uitgevee het.<\/p>\n<p>Mark van der Velden, redakteur van Sapa, het ges\u00ea die verslaggewer het haarself met haar verslaggewerskaart ge\u00efdentifiseer en alhoewel die polisiebeamptes in \u0149 polisievoertuig was, het hulle siviele klere aangehad en het hulself nie voldoende ge\u00efdentifiseer nie. &#8220;Die feite tot dusver dui daarop dat die gedrag van die beamptes uiters onprofessioneel was en dit voldoen nie aan die prosedure nie. Die polisiebeamptes het klaarblyklik moeite gedoen om \u0149 joernalis te intimideer en wou inligting in openbare belang onderdruk oor \u0149 aktuele nuusstorie oor xenofobie.&#8221;<\/p>\n<p>Volgens Van der Velden word die polisie verbied om enige media te dwing om foto\u2019s uit te vee. Hy het bygevoeg dit is nog \u0149 voorval van polisiebeamptes wat staande bevele verontagsaam.<\/p>\n<p>Sapa gaan deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) \u0149 formele klag by die polisiekommissaris se kantoor aanhangig maak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Buitelanders moes uit Soweto vlug, of skuiling gaan soek by polisiestasies in die gebied, n\u00e1 die jongste vlaag van geweld teen hulle. Die geweld het Maandagaand uitgebreek nadat &#8216;n buitelandse winkeleienaar na bewering die 14-jarige Siphiwe Mahori in Snake Park doodgeskiet, omdat Mahori glo sy winkel wou beroof. Die Gautengse polisiekommissaris, Lesetja Mothiba hou nietemin &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29625\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisie s\u00ea Soweto-geweld is onder beheer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11030,7588,1665,5169,8281,9100,7568],"class_list":["post-29625","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanvalle","tag-buitelanders","tag-geweld","tag-sapd","tag-somaliers","tag-soweto","tag-xenofobie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29625","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29625"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29625\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29625"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29625"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29625"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}