{"id":29607,"date":"2015-01-22T07:23:59","date_gmt":"2015-01-22T05:23:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29607"},"modified":"2015-01-22T11:26:37","modified_gmt":"2015-01-22T09:26:37","slug":"totale-onkunde-heers-in-vsa-oor-mlk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29607","title":{"rendered":"Totale onkunde heers in VSA oor MLK"},"content":{"rendered":"<p><em>Jan Viljoen skryf dat hy vandeesweek vir \u2018n bietjie afleiding sit en kyk het na \u2018n video van \u2018n meningspeiling wat in San Diego gemaak is. Groot was sy ontnugtering:<\/em><\/p>\n<p>Di\u00e9 week was dit Martin Luther King-dag in Amerika en die dag word deur spesiale wetgewing, die \u201cKing Holiday and Service Act\u201d afgedwing vir elke derde Maandag in Januarie. Dit is die enigste openbare vakansiedag van al die  Amerikaanse vakansiedae wat \u2018n enkele persoon, &#8216;n swart aktivis vereer, behalwe di\u00e9 van volkstigter George Washington. Sy geboortedag is ook \u2018n openbare vakansiedag. Die res is almal dae soos Onafhanklikheidsdag (Independance day) en Danksegging (Thanksgiving). <\/p>\n<p>Martin Luther King is dus die enigste onlangse persoon wat \u2018n vakansiedag het wat spesiaal aan hom opgedra is. Die meeste mense sal miskien slegs kan onthou dat Martin Luther King die \u201cI have a dream&#8230;\u201d-toespraak gelewer het. Min mense kan egter onthou wat hy ges\u00ea het. <\/p>\n<p>Selfs minder mense weet dat hy in werklikheid \u2018n korrupte uitvaagsel, dweper en vroueslaner was wat gereeld van straatvroue se dienste gebruik gemaak het. Ek gaan nie van die woorde en taalgebruik herhaal, wat danksy FBI-meeluistering rugbaar geraak het nie. Wat die heilige pastoor en Amerikaanse lieflingsfiguur tydens sommige van hierdie sessies ge-uiter het, ek laat ek maar aan die leser oor om self na te vors. <\/p>\n<p>MLK het, nodeloos om te s\u00ea, nie alleen spesiale wetgewing wat sy vakansiedag afdwing nie, hy het selfs spesiale wetgewing wat sy FBI- en ander rekords beskerm, die  \u201cMartin Luther King Jr. Records Collection Act\u201d, of die \u201cMLK Records Act\u201d. <\/p>\n<p>Sy rekords is deur Regter John Lewis Smith vir vyftig jaar gese\u00ebl,  \u201c&#8230;to prevent the rise of a &#8216;black messiah&#8217; and replace Dr. Martin Luther King, Jr. with a &#8216;clean Negro&#8217;\u201d. Niemand kan of mag toegang daartoe verkry nie, selfs nie eers met die \u201cAccess to Information Act\u201d wat iemand gewoonweg in staat sou stel om vertroulike inligting aan te vra nie.<\/p>\n<p>Dit alles \u201com \u2018n skoon neger\u201d te bewerkstellig soos die regter dit stel. Maar met die die verloop van jare is daar al genoeg inligting gelek sodat die publiek \u2018n redelike prentjie van die regte Martin Luther King kon vorm en die Amerikaanse heilige is allesbehalwe die vroom en eerlike \u201cskoon neger\u201d wie se lewe om integriteit en inbors gewentel het.<\/p>\n<p>Die opname wat in San Diego gemaak is, is deur ene Mark Dice gedoen en hy het \u2018n bietjie onder mense gaan rondvra wat Martin Luther vir hulle beteken, veral gesien in die lig dat MLK as swart aktivis, humanis en mensregtestryder, skynbaar meer vir Amerika gedoen het as enige van die ontslape presidente, leiers en volksvaders, want hy is die enigste persoon wat spesiaal met &#8216;n dag van sy eie vereer word. <\/p>\n<p>Mark Dice is \u2018n media-ontleder en \u2018n skrywer.<\/p>\n<p>Die eerste persoon wat op die video gewys word, word deur Dice gevra of sy gehoor het dat Martin Luther King daardie oggend (19 Januarie 2015) oorlede is. Haar verslae reaksie is dat dit \u2018n jammerte is want sy (MLK) se toespraak is een van haar gunsteling toesprake, saam met JFK se toespraak en Lincoln se toespraak. Toe Dice haar vra of sy na die begrafnis toe sal gaan, het sy geantwoord dat sy pas van sy afsterwe verneem het, want sy het nie die nuus gekyk nie. <\/p>\n<p>Toe Dice vir haar noem dat die aktivis daardie oggend op die ouderdom van 93 jaar aan \u2018n koron\u00ear dood is, antwoord sy dat dit in daardie geval darem dan nie so sleg is nie. <\/p>\n<p>Die volgende persoon word deur Dice gevra of hy gehoor het dat Martin Luther King, die eerste \u201cAfrican American\u201d wat op die maan geloop het, daardie oggend oorlede is en hoe die persoon voel oor MLK se nalatenskap.<\/p>\n<p>Die k\u00earel antwoord dat dit jammer is maar wat kan \u2018n mens s\u00ea? Volgens hom was MLK \u2018n goeie mens en hy meen dat daar meer mense soos hy moes wees. Hy was \u2018n goeie rolmodel vir almal. Miskien, reken hy, kan hulle dalk eendag nog selfs dalk \u2018n openbare vakansiedag skep om hom te vereer. Indien daar wel so &#8216;n dag geskep word, s\u00ea hy, wil hy daardie dag nie werk nie, maar darem nog sy betaling ontvang.<\/p>\n<p>Dice noem aan die volgende vrou dat toe hulle Martin Luther King se gesig op Mount Rushmore aangebring het, dit \u2018n reusetree vir Amerikaanse rassegelykheid was. Ewe kopknikkend s\u00ea sy dat sy saamstem. Maar sy s\u00ea dat sy voel dat daar nog \u2018n lang pad is om te gaan.<\/p>\n<p>Aan die volgende ou vra Dice wat Martin Luther King, wat \u2018n groot generaal in die konfederasie was en wat die Gettysburg-toespraak gelewer het, wat selfs vandag nog uitgesaai word, se nalatenskap was. Hy vra wat die ou se gevoel sou wees rondom die finale uitroeiing van rassisme om die MLK-droom van rassegelykheid te bewerkstellig. Die ou s\u00ea hy weet eintlik nie, want daar is nog soveel ander goed op ander plekke, soos die Missourie-kwessie, wat aangaan. Maar hy s\u00ea dat hy dink dat dit tans beter gaan as voorheen.<\/p>\n<p>Vir die volgende vrou vra hy of sy gehoor het dat Martin Luther King in die afgelope uur op die ouderdom van 93, dood is. Hy wil weet wat haar gevoel is t.o.v. King se nalatenskap en wat haar opinie is oor wat MLK vir die land gedoen het. Sy s\u00ea dat sy nie geweet het dat die aktivis dood is nie, maar dat sy dink dat hy \u2018n goeie mens was en dat sy jammer is om te hoor dat hy dood is en almal moet in sy spore moet probeer volg. Volgens haar is daar darem al gevorder met rassegelykheid, maar dat daar nog \u2018n baie lang pad is om te gaan. Sy noem dat alhoewel sy nie die begrafnis gaan bywoon nie, want begrafnisse is te treurig, sy darem die uitsending op die televisie sal dophou.<\/p>\n<p>Hierdie mense was besig om MLK-dag te vier en my oggend het gewissel van afgryse tot ongeloof. Die video kan <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=S-znXUMp0qk\">hier <\/a>gesien word.<\/p>\n<p>Ek gee werklik nie om as iemand oningelig is nie. Ek sal seker die eerste een wees om te bieg dat ek soms oningelig is en dat dit ongelooflik maklik is om \u2018n nar van jouself te maak, maar daar is \u2018n aksioom wat gevolg moet word, en dit is dat die slim ou iets s\u00ea want hy het iets wat gehoor moet word en dat die idioot iets s\u00ea want hy wil gehoor word.<\/p>\n<p>Hierdie mense is besig om Martin Luther King se spesiale vakansiedag te vier. Amerika se \u201cskoon neger\u201d wat met sy voorbeeldige lewe die pad vooruitgestap het om die kettings van onderdrukking van elke swart Amerikaner af te werp en wat vir sy trotse en manhaftige onboetvaardige dade vermoor is. <\/p>\n<p>Of so word die skape wysgemaak. Maar hierdie mense het nie die vaagste idee wie of wat MLK was nie. Hulle weet nie, want die media het nagelaat om dit vir hulle stadig en drupsgewys te voer. Om iemand oor \u2018n lang tydperk subtiel te breinspoel is anders as om iemand met valse feite en verdraaiings te bombardeer  en te oorrompel en te hoop iets haak iewers vas. Ons is slawe van die massamedia, ons is slawe van ons regerings en ons is slawe van groot ondernemings, wat elkeen hulle eie re\u00ebls maak. Re\u00ebls wat op ons afgedwing word en die luuksheid om jou eie oordeel te gebruik en om jou eie verstand aan te wend word ons ontneem. As jy iets doen of s\u00ea wat nie die amptelike standpunt weerspieel nie, sal jy aan die volle mag van die staatsmasjinerie onderwerp word. Dit hang natuurlik ook alles af wie jy is en aan watter groep jy behoort, want verskillende wette is op verskillende groepe van toepassing. Ons wetstelsel, soos ons regering, is allesbehalwe onafhanklik en deursigtig. <\/p>\n<p>Hoekom is dit vir my so moeilik om iets soos hierdie video te aanskou? Want dit is wanneer ek begin besef hoekom ons slawe is en hoekom ons soos slawe hanteer word. Elkeen van hierdie mense, alhoewel hulle nie die vaagste idee het waarvan hulle praat nie, het \u2018n opinie. En daardie opinie is duidelik die een wat op die oomblik heers, die een wat deur die massamedia voorgeskryf word en deur die regerings en regstelsels afgedwing word. Hierdie mense bl\u00ear blootweg op die maat van die musiek wat vir hulle gespeel word. Wanneer \u2018n mens goed lees soos Marelise van der Merwe se skryfsels en wanneer ouens soos Max du Preez en Vuilpiet hulle monde oopmaak en hulle papegaai dieselfde ge-ykte media deuntjie oor en oor, dan wonder ons soms hoekom die mense skynbaar nie kan dink nie. Want hulle is gereedskap, nuttige idiote en alhoewel hulle, soos die mense in die video, nie die vaagste idee het waarvan hulle praat nie, gaan niks en niemand hulle keer om narre van hulleself te maak nie en veral as hulle groot ego\u2019s gevoer kan word, want hy of sy het \u2018\u2019n \u201ckoerant\u201d waarvoor daar met \u201cjoernalistieke integriteit\u201d en \u201cvryheid van spraak\u201d geskryf kan word, is dit nog soveel erger. <\/p>\n<p>Sommige mense weet nie dat hulle nie weet nie en hulle wil nie reggehelp word nie, want die ego is te groot en hulle wil gehoor word, maar het nie noodwendig iets om te s\u00ea nie, behalwe om massamedia se gonswoorde te herhaal.<\/p>\n<p>Dus het my oggend in afgryse en ongeloof verloop en net toe ek dink dat dit seker maar net \u2018n vloekskoot was, dat ek seker maar net te krities is en dat sulke goed my sal tref, kom ek op die <a href=\"http:\/\/www.dailymail.co.uk\/news\/article-2919022\/Californians-caught-Jimmy-Kimmel-prank-think-Martin-Luther-King-ALIVE-gave-speech-MLK-day.html#v-4000968607001\">volgende video<\/a> af.<\/p>\n<p>Ek wil eintlik nie veel meer s\u00ea nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jan Viljoen skryf dat hy vandeesweek vir \u2018n bietjie afleiding sit en kyk het na \u2018n video van \u2018n meningspeiling wat in San Diego gemaak is. Groot was sy ontnugtering: Di\u00e9 week was dit Martin Luther King-dag in Amerika en die dag word deur spesiale wetgewing, die \u201cKing Holiday and Service Act\u201d afgedwing vir elke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134,29],"tags":[5167,19292,7478,19289,19293,19291,19290,2848],"class_list":["post-29607","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","category-s32-feuilleton","tag-konfederasie","tag-lincoln","tag-martin-luther-king","tag-mlk","tag-openbare-vakansiedag","tag-rassegelykheid","tag-swart-aktivis","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29607"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29607\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}