{"id":29529,"date":"2015-01-16T09:25:51","date_gmt":"2015-01-16T07:25:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29529"},"modified":"2015-01-16T09:25:51","modified_gmt":"2015-01-16T07:25:51","slug":"charlie-hebdo-vra-dat-moslems-humor-aanvaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29529","title":{"rendered":"Charlie Hebdo vra dat Moslems humor aanvaar"},"content":{"rendered":"<p>Zineb El-Rhazoui,\u2019n rubriekskrywer van Charlie Hebdo wat aan die jongste uitgawe gewerk het, het \u2019n beroep op Moslems gedoen om humor te verdra.<\/p>\n<p>\u201cOns haat hulle nie. Ons weet die stryd is nie met hulle as mense nie, maar met \u2019n ideologie,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die terreuraanslag het verlede Woensdag begin met die moordtog deur die broers Ch\u00e9rif en Sa\u00efd Kouachi by Charlie Hebdo \u2013 bekend om sy draakstekery met Islam en ander godsdienste \u2013 en Vrydag ge\u00ebindig met die gyselaarsdrama in \u2019n Joodse kruidenierswinkel waarin vier gyselaars en \u2019n terroris, Amedy Coulibaly, dood is.<\/p>\n<p>El-Rhazoui het ges\u00ea sy haat nie die twee broers nie. Die oorlewende joernaliste het ges\u00ea die weekblad s\u00e1l weer verskyn.<\/p>\n<p>Die voorbladtekening is deur die spotprenttekenaar Luz, wat die moordtog vrygespring het omdat hy laat was vir werk.<\/p>\n<p>\u201cDie twee terroriste wat ons kollegas vermoor het, ons kan nie haat voel nie\u00ad&#8230; Die mobilisasie wat n\u00e1 die verskriklike misdaad in Frankryk plaas\u00adgevind het, moet die deur oopmaak vir vergifnis. \u201cAlmal moet dink oor di\u00e9 vergifnis,\u201d het El-Rhazoui ges\u00ea.<\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea kollegas is dood weens klein tekeninge en \u2019n grap, \u201cmaar wat gebeur het, is geen grap nie\u201d.<br \/>\n\u201cMoslems moet verstaan ons behandel Islam soos enige ander geloof in ons land en hulle moet ook humor aanvaar.\u201d<\/p>\n<p>&#8216;Media tart deur dit te publiseer&#8217;<\/p>\n<p>Prins Hassan bin Talal van Jordani\u00eb meen die jongste Charlie Hebdo-tekening vryf net sout in die wonde.<\/p>\n<p>Omer el-Hamdoon, leier van die Moslemse vereniging van Brittanje, het ges\u00ea: \u201cMy reaksie op die tekening is walging, maar neig eerder tot irritasie omdat ek voel wat hier gebeur, is soos dit wat in 2005 gebeur het met die Deense tekeninge toe die media die spotprente oor en oor as uittarting gepubliseer het.\u201d<\/p>\n<p>Fran\u00e7ois Fillon, gewese Franse premier, het ges\u00ea die voorblad is puik: \u201cEk het Charlie Hebdo nog altyd verdedig.\u201d<\/p>\n<p>Zineb El-Rhazoui, \u2019n rubriekskrywer van Charlie Hebdo, het ges\u00ea Moslems kan die tydskrif ignoreer as hulle aanstoot neem.<\/p>\n<p>\u201cEk sal aan hulle s\u00ea dit is \u2019n tekening, hulle word nie gedwing om di\u00e9 uitgawe te koop as hulle nie ons werk waardeer nie. Ons doen net ons werk, ons oortree nie wette nie.\u201d<\/p>\n<p>Vier Joodse slagoffers van verlede week se aanval in \u2019n kruidenierswinkel in Parys is gister begrawe.<\/p>\n<p>Pres. Reuven Rivlin het in Jerusalem oor Yohan Cohen, Yoav Hattab, Philippe Braham en Francois-Michel Saada ges\u00ea: \u201cOns wou julle lewend h\u00ea, ons wou lewe vir julle h\u00ea. \u2019n Hele nasie huil saam.\u201d<\/p>\n<p>Pres. Fran\u00e7ois Hollande van Frankryk het gister die Legioen van Eer toegeken aan die drie polisielede wat in die terreur dood is.<\/p>\n<p>Franck Brinsolaro (49) en Ahmed Merabet (40), \u2019n Moslem, is die twee polisielede wat in die aanval op Charlie Hebdo gesterf het.<\/p>\n<p>Die polisievrou Clarissa Jean-Philippe (26) is die volgende dag deur die terroris Amedy Coulibaly doodgeskiet toe sy opgedaag het by die toneel van \u2019n motorongeluk waarin hy betrokke was. Hy was vermoedelik op pad na \u2019n Joodse skool.<\/p>\n<p>Hollande het tydens \u2019n medaljeseremonie ges\u00ea Frankryk sal nooit knak onder die Islamitiese bedreiging wat \u201csteeds hier \u2013 binne en buite\u201d bestaan nie. <\/p>\n<p>Frankryk is al jare lank nou betrokke by Westerse milit\u00eare operasies in die Midde-Ooste, onder meer ook in Siri\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Zineb El-Rhazoui,\u2019n rubriekskrywer van Charlie Hebdo wat aan die jongste uitgawe gewerk het, het \u2019n beroep op Moslems gedoen om humor te verdra. \u201cOns haat hulle nie. Ons weet die stryd is nie met hulle as mense nie, maar met \u2019n ideologie,\u201d het sy ges\u00ea. Die terreuraanslag het verlede Woensdag begin met die moordtog deur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29529\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Charlie Hebdo vra dat Moslems humor aanvaar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[19152,5361,5358,7829,19256],"class_list":["post-29529","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-charlie-hebdo","tag-islam","tag-moslems","tag-terreur","tag-vergifnis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29529"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29529\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}