{"id":29520,"date":"2015-01-16T08:48:08","date_gmt":"2015-01-16T06:48:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29520"},"modified":"2015-01-16T08:48:08","modified_gmt":"2015-01-16T06:48:08","slug":"plaasmoorde-neem-krisisafmetings-aan-maar-anc-swyg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29520","title":{"rendered":"Plaasmoorde neem krisisafmetings aan maar ANC swyg"},"content":{"rendered":"<p>Sedert 1 Januarie 1990 was daar meer as 1 700 plaasmoorde in Suid-Afrika volgens die landbou-unie TLU SA.<\/p>\n<p>In 2007 was daar \u2019n styging van ongeveer 25% in plaasaanvalle, maar in dieselfde jaar het die departement van polisie besluit dat geen verdere statistieke daaroor vrygestel mag word nie, het TLU ges\u00ea.<\/p>\n<p>Intussen het die ANC hulself met doelbewuste negatiewe klimaatskepping besig gehou ipv doelgerigte probleemoplossing.<\/p>\n<p>Volgens die organisasie was daar \u0149 totaal van 277 bevestigde plaasaanvalle en 67 bevestigde plaasmoorde in 2014. \u201cDit wil egter voorkom of die statistieke ten opsigte van 2015 tot op hede selfs donkerder as 2014 se syfers is.\u201d<\/p>\n<p>Gedurende die oggend van 12 Januarie 2015 het twee plaasaanvalle plaasgevind, waartydens drie moorde gepleeg is. Sedert 1 Januarie is daar al nege plaasmoorde in totaal gepleeg. Dit is meer as een plaasmoord elke twee dae. \u201cAs hierdie tendens \u2019n aanduiding vir die tempo van plaasmoorde in 2015 gaan wees, beteken dit dat daar in hierdie jaar meer as 200 plaasmoorde sal wees,\u201d het die organisasie ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cOns ervaring is dat Suid-Afrika se voedselproduseerders as politieke slaansakke gebruik word en deur politici as sondebokke vir Suid-Afrika se krisisse voorgehou word. Die feit dat die regerende party nie hulle weg oop sien om uit eie oorweging in die openbaar standpunt in te neem vir die beskerming van boere se regte nie, word as bevestiging hiervan beskou.\u201d<\/p>\n<p>Die golf van plaasmoorde wat die land teister, is &#8216;n aanduiding dat die polisie se landelike veiligheidsplan ook nie doeltreffend is nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert 1 Januarie 1990 was daar meer as 1 700 plaasmoorde in Suid-Afrika volgens die landbou-unie TLU SA. In 2007 was daar \u2019n styging van ongeveer 25% in plaasaanvalle, maar in dieselfde jaar het die departement van polisie besluit dat geen verdere statistieke daaroor vrygestel mag word nie, het TLU ges\u00ea. Intussen het die ANC &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29520\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaasmoorde neem krisisafmetings aan maar ANC swyg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[227,19249,19250,218,6336,2851,9771,2261],"class_list":["post-29520","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-anc","tag-klimaatskepping","tag-landelike-veiligheid","tag-misdaad","tag-plaasmoorde","tag-polisie","tag-statistiek","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29520","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29520"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29520\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29520"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29520"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29520"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}