{"id":29516,"date":"2015-01-16T08:31:20","date_gmt":"2015-01-16T06:31:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29516"},"modified":"2015-01-16T08:31:20","modified_gmt":"2015-01-16T06:31:20","slug":"teleurstelling-dat-e-tol-nie-geskrap-word-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29516","title":{"rendered":"Teleurstelling dat e-tol nie geskrap word nie"},"content":{"rendered":"<p>Daar is groot teleurstelling dat die e-tol-hersieningspaneel nie aanbeveel het dat die stelsel in Gauteng geskrap moet word nie. <\/p>\n<p>Die meerderheid van mense en organisasies wat voorleggings gedoen het, het gemeen die stelsel is onregverdig en behoort laat vaar te word.<\/p>\n<p>Die paneel se verslag, wat meer as 50 aanbevelings insluit, is gister deur die premier van Gauteng, David Makhura in Johannesburg bekend gemaak. Hy het ges\u00ea die stelsel plaas \u0149 buitensporige las op lae- en middelklas inkomste huishoudings.<\/p>\n<p>Die paneel is in Julie verlede jaar deur Makhura aangestel om die sosio-ekonomiese impak van die stelsel te ondersoek. Die paneel het sy verslag op 30 November reeds aan Makhura oorhandig, maar die inhoud daarvan is eers vandag bekend gemaak.<\/p>\n<p>\u201cIn sy huidige vorm is die e-tolstelsel onbekostigbaar en onbillik,\u201d het Makhura ges\u00ea. \u201cDit is ook \u0149 administratiewe rompslomp.\u201d<\/p>\n<p>Makhura het die media in Johannesburg toegespreek. Hy het egter ges\u00ea die implementering van die stelsel het die ekonomie en inwoners van Gauteng bevoordeel.<\/p>\n<p>Makhura het ges\u00ea die gehalte van die pad is beter, reistyd het verminder, brandstofdoeltreffendheid het verbeter, voertuie se instandhoudingskoste het verlaag en besighede se logistieke doeltreffendheid het verbeter.<\/p>\n<p>\u201cDie belangrikste aanbeveling van die paneel is dat elemente van die huidige e-tolstelsel hersien moet word om die vrae oor bekostigbaarheid, gelykheid, regverdigheid, administratiewe eenvoud en volhoubaarheid aan te spreek,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Openbare vervoerinfrastruktuur, omgewingsvolhoubaarheid en ruimtelike integrasie van die Gauteng-provinsie is ook onder die loep geneem.<\/p>\n<p>Die Departement van Vervoer s\u00ea hy sal reageer op die bevindings en aanbevelings van die Gautengse hersieningspaneel deur middel van die raadplegende proses wat deur adjunk-president Cyril Ramaphosa gelei word.  <\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die departement s\u00ea hulle sal aan die proses deelneem en dat die nasionale regering daarna &#8216;n aankondiging sal doen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is groot teleurstelling dat die e-tol-hersieningspaneel nie aanbeveel het dat die stelsel in Gauteng geskrap moet word nie. Die meerderheid van mense en organisasies wat voorleggings gedoen het, het gemeen die stelsel is onregverdig en behoort laat vaar te word. Die paneel se verslag, wat meer as 50 aanbevelings insluit, is gister deur die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29516\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Teleurstelling dat e-tol nie geskrap word nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17118,15153,12985,4822,5337,13072,19246,17117],"class_list":["post-29516","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-david-makhura","tag-departement-van-vervoer","tag-e-tol","tag-ekonomie","tag-gauteng","tag-gelykheid","tag-hersiening","tag-premier-van-gauteng"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29516","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29516"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29516\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29516"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29516"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29516"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}