{"id":29458,"date":"2015-01-13T18:21:12","date_gmt":"2015-01-13T16:21:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29458"},"modified":"2015-01-14T08:30:02","modified_gmt":"2015-01-14T06:30:02","slug":"restitusie-n-gawe-idee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29458","title":{"rendered":"Restitusie &#8211; &#8216;n gawe idee"},"content":{"rendered":"<p>Ek het onlangs \u2018n skreeusnaakse inbelprogram op die radio gehoor. Soos met baie goed wat werklik snaaks is, was dit nie bedoel om snaaks te wees nie, en was beide die onderhoudvoerder en haar gas doodernstig. Die ateljeegas was ene doktor Mandla Zondi, wat na bewering \u2018n akademikus en navorser is. Die program het kwansuis gehandel oor die sogenaamde dekolonisering van inheemse kennis, maar heel voorspelbaar het dit vinnig gedegenereer tot klaagliedere dat westerlinge by Afrikane gesteel het, en \u2018n geteem dat wat ook al die witmense glo sou gesteel het, onmiddellik teruggee moet word.<\/p>\n<p>Dr Zondi is iemand wat aspirasies het om \u2018n tuisgebakte Frantz Fanon te wees, maar wat die kluts totaal kwyt is. Sy uitgangspunt is dat westerlinge Afrikane se inheemse kennis vernietig het, dat blankes aan hul eie, aangebore meerderwaardigheid glo, en dat alles sou regkom as die westerlinge bloot net nie hier was nie. Wat presies daardie kennis sou wees, het die goeie doktor helaas nie bespreek nie, en uit die aard van die saak kon hy nie na enige geskrifte wat v\u00f3\u00f3r 1652 geskryf is oor di\u00e9 onderwerp, verwys nie.<\/p>\n<p>Die eerste humoristiese aspek van di\u00e9 inbelprogram was dat dit klaarblyklik glad nie by hetsy die simpatieke, swart onderhoudvoerder, of by haar gas opgekom het dat die inbelprogram in \u2018n koloniale taal, Engels gevoer, is nie. Dit is ook uitgesaai op \u2018n medium \u2013 radio \u2013 wat uit en uit deur sogenaamde koloniale verdrukkers bedink is. Sonder Marconi, Maxwell of Hertz was daar geen medium vir dr Zondi om sy sottighede kwyt te raak nie, en sou sy gehoor hoogstens tien mense om \u2018n kampvuur gewees het. Ek twyfel of die Xhosas ooit op hul eie by Maxwell se vergelykings oor elektromagnetiese golwe sou kon uitkom, aangesien daar geen getuienis is dat Xhosas selfs die mees eenvoudige wiskunde berekenings magtig was nie. Voorts is die idee van \u2018n universiteit, asook \u2018n doktorsgraad, \u2018n westerse konsep. Hoe sou dr Zondi sy doktorale verhandeling kon voortbring, was dit nie vir westerse konsepte soos die geskrewe woord nie?<\/p>\n<p>Wat dit selfs nog meer amusant gemaak het, was dat, hoewel die goeie doktor sy snert in akademiese terme probeer verdoesel het en met min sukses probeer het om na \u2018n intellektueel te klink, dit eintlik presies dieselfde gedagtegang verteenwoordig wat tans deur die besonder on-akademiese Fooliaas Malema verkondig word: Blankes het by swartes gesteel, en swartes soek dit nou terug. En maak geen fout nie: Dis \u2018n besonder-effektiewe boodskap, hierdie een. Dit is in der waarheid s\u00f3 suksesvol dat die EFF in slegs \u2018n paar maande kon vermag wat die mees hopelose en irrelevante opposisieparty op aarde, die DA, nie in twintig jaar kon vermag nie. Die EFF het daarin geslaag om die ANC te dwing om die EFF se diskoers (hoe\u2019s daai vir \u2018n groot woord wat so geliefd is onder die libgestremdes &#8211; diskoers?) sy eie te maak.<\/p>\n<p>Niemand minder nie as president Zuma het oor die naweek uit die EFF se sangbundel begin sing toe hy al die skuld vir wat skeefloop, op Jan van Riebeeck probeer pak het. Jan van Riebeeck synde natuurlik \u2018n metoniem vir \u201cblankes.\u201d Volgens president Zuma is dit Van Riebeeck, kolonialisme of apartheid (weer eens, lees: \u201cBlankes\u201d) se skuld dat Eskom byvoorbeeld nie in staat is om die ligte aan te hou nie. Net so min as wat dr Zondi die ironie in sy woorde besef het, besef pres Zuma dat sy eie woorde uiters ironies is. Was dit nie vir blankes nie, was daar geen elektrisiteit in Suid-Afrika nie, laat staan nog \u2018n organisasie wat dit moes versprei nie.<\/p>\n<p>Die VF+ het vanoggend aangekondig dat hulle hierdie pan-Afrikanistiese neigings gaan aanvat, en het \u2018n klag by die MRK gaan indien oor die president se absurde uitlatings. Anders as die VF+, en ten spyte van die absurde uitsprake wat Fooliaas, Zuma en Zondi maak, staan ek nie onsimpatiek teenoor swart aansprake op restitusie nie.<\/p>\n<p>Inteendeel; ek is heeltemal te vind vir restitusie, mits dit ware restitusie is.<\/p>\n<p>Restitusie beteken immers om iets te herstel na \u2018n vorige toedrag van sake. President Zuma het hoeka Saterdag na 6 April, 1652, verwys, en dit is na my mening \u2018n goeie vertrekpunt of afsnydatum vir ware restitusie. Kom ons gee toe dat die kolonialisme \u2018n onding was en Afrikane van hul idilliese bestaan onteem het. Hoe sou ons die skade tog ongedaan kon maak? Wat was die toedrag van sake op 5 April, 1652? Wat sou dit verg om kolonialisme ongedaan te maak?<\/p>\n<p>Op daardie datum was die swart volke beperk tot die noordooste van die land, en veral die ooskus. Daar was geen swartes aan die Kaap nie, en bitter weinig in die Karoo of wes van die Drakensberge. Daar, aan die Ooskus, het hulle \u2018n \u201cidilliese\u201d, pre-koloniale, pre-geletterde bestaan gevoer, met sulke plesiertjies soos ongeletterdheid, geen stemreg, despotiese en bloeddorstige stamhoofde, geen eiendomsreg nie, gereelde massamoorde en \u2018n kort lewensverwagting as deel van hulle daaglikse lewens. Ek is dus heeltemal te vinde vir \u2018n terugdraai van die horlosie na 5 April, 1652.<\/p>\n<p>Span dus gerus \u2018n elektriese heining vanaf die noordelike moot van die Drakensberge, aan die oostelike voetheuwels van die Drakensberge, tot by die Keirivier. Laat alle elektriese drade, internetverbindings, riool- en waterpype by hierdie heining eindig. Ploeg alle paaie op oos van hierdie heining se plaveisel op. Vernietig alle geboue, en veral alle skoolgeboue, oos van die heining. Verbrand alle boeke in die ooste en verbied lees as \u2018n aktiwiteit. Maak die dra van skoene en klerasie wat uit enige kunsmatige vesels, asook katoen, bestaan verbode. Verbied skoolopleiding, \u2018n geldeenheid, antibiotika, internasionale handel, die wiel, motorvoertuie, die internet, koloniale tale asook die demokrasie oos van die heining, en stel Goodwill Zwelithini aan as die alleenheerser van hierdie koninkryk. Gee hom die mag om mense summier tereg te stel as hulle hom nie aanstaan nie.<\/p>\n<p>Slegs dan, as al die bostaande plaasgevind het, kan mens s\u00ea dat daar ware restitusie was. Slegs dan het dr Zondi en menere Zuma en Malema se wense waar geword.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het onlangs \u2018n skreeusnaakse inbelprogram op die radio gehoor. Soos met baie goed wat werklik snaaks is, was dit nie bedoel om snaaks te wees nie, en was beide die onderhoudvoerder en haar gas doodernstig. Die ateljeegas was ene doktor Mandla Zondi, wat na bewering \u2018n akademikus en navorser is. Die program het kwansuis [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[4112,227,19207,10876,11422,6539,18742,15919,19205,19206],"class_list":["post-29458","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-afrika","tag-anc","tag-dekolonisering","tag-eff","tag-grondgryp","tag-malema","tag-plaasveiligheid","tag-restitusie","tag-stamhoofde","tag-swart-kultuur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29458","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29458"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29458\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29458"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29458"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29458"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}