{"id":29408,"date":"2015-01-10T15:24:55","date_gmt":"2015-01-10T13:24:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29408"},"modified":"2015-01-10T15:32:09","modified_gmt":"2015-01-10T13:32:09","slug":"die-charliehebdo-aanval-frankryk-en-algerie-se-gelade-geskiedenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29408","title":{"rendered":"Die CharlieHebdo-aanval: Frankryk en Algeri\u00eb se gelade geskiedenis"},"content":{"rendered":"<p>Dit is glad nie verbasend dat die broers wat van die Charlie Hebdo-aanval verdink word van Algerynse oorsprong is nie. Die Mediterreense hartland van Algeri\u00eb was vir langer as \u2019n eeu een van Frankryk se \u201cdepartemente\u201d. Digbevolkte Arabiese stede soos Algiers en Oran was nie koloniale buiteposte nie, maar \u2013 in die o\u00eb van die wet \u2013 net so \u2019n integrale deel van Frankryk soos Calais, Marseille of Parys.<\/p>\n<p>Die moeilikhede van Algeri\u00eb was dus nooit iets vreemds vir Frankryk nie. Die feit dat Cherif en Said Kouachi, die broers wat daarvan verdink word dat hulle vir die Charlie Hebdo-slagting verantwoordelik was, van Algerynse afkoms is, is nie verbasend nie.<\/p>\n<p>Algeri\u00eb se ellendes het al geslagte lank \u2019n uitwerking op Parys. Tydens die land se bittere stryd om onafhanklikheid tussen 1954 en 1962 is tot \u2019n miljoen Algeryne \u2013 sowat \u2019n tiende van die hele bevolking \u2013 deur die Franse weermag doodgemaak in \u2019n futiele poging om die vryheidsbeweging te vernietig.<\/p>\n<p>Hierdie wrede oorlog het die val van ses regerings in Parys veroorsaak. Toe Charles de Gaulle oor \u2019n skikking begin onderhandel het, het die Franse weermag in 1960 gemuit en by die opstand van die Franse setlaars in Algeri\u00eb aangesluit.<\/p>\n<p>Tenks is buite die Assembl\u00e9e Nationale in Parys ontplooi om teen \u2019n moontlike milit\u00eare staatsgreep te waak: vir \u2019n ruk het die oorlog in Algeri\u00eb byna in \u2019n burgeroorlog in Parys ontaard.<\/p>\n<p>Uiteindelik het Algeri\u00eb sy onafhaklikheid in 1962 bekom en een miljoen Franse setlaars, bekend as die <em>pieds noirs<\/em> (swart voete), is uit die land gesit.<\/p>\n<p>Honderde duisende Moslemse Algeryne het ook na Frankryk getrek, insluitende die voorsate van die Kouachi-broers. Vandag is die Moslems van Algerynse afkoms die grootste enkele minderheidsgroep in Frankryk.<\/p>\n<p>Gegewe die bitter herinneringe aan die onafhanklikheidstryd, het immigrante vanuit Algeri\u00eb nog altyd \u2019n moeilike verhouding met hul aangenome land gehad. En baie van hulle het noue bande met gebeure in hul ou land behou.<\/p>\n<p>Vanaf 1993 het radikale Islamiete \u2019n guerrilla-oorlog teen die Algerynse staat gevoer. Die Noord-Afrikaanse tak van al-Ka\u00efda het uit hierdie skaduagtige konflik ontstaan, wat minstens 100 000 lewens ge\u00ebis het.<\/p>\n<p>Die bloedbad het onvermydelik na Frankryk versprei. Die Gewapende Islamitiese Groep \u2013 wat later \u201cal-Ka\u00efda in die Islamitiese Maghreb\u201d geword het \u2013 het die moltrein in Parys in 1995 onder die bomme gesteek en agt mense gedood en 100 gewond. Agter die skerms is Algeri\u00eb se stryd teen die Islamiete bygestaan deur die DGSE, Frankryk se ekwivalent van MI6 of die CIA.<\/p>\n<p>Net soos Brittanje deur die beroeringe in Pakistan weens historiese en demografiese redes geraak is, so het Frankryk selfs \u2019n nouer band met Algeri\u00eb \u2013 en \u2019n veel groter, netelige nalatenskap.<\/p>\n<p>In die woorde van Albert Camus \u2013 self \u2019n <em>pied noir<\/em> vanuit Algeri\u00eb: \u201cDie plaag-bacillus gaan nooit dood of verdwyn nie vir altyd nie . . . miskien sal die dag aanbreek wanneer, tot die heil en opvoeding van die mens, dit sy rotte weer sal opwek en hulle sal uitstuur om in \u2019n gelukkige stad dood te gaan.\u201d<\/p>\n<p>Uit Britse bronne vertaal deur Ina du Toit<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;Tydens Algeri\u00eb se bittere stryd om onafhanklikheid tussen 1954 en 1962 is tot \u2019n miljoen Algeryne \u2013 sowat \u2019n tiende van die hele bevolking \u2013 deur die Franse weermag doodgemaak.&#8217;<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[6677,19152,19186,1093,19187,7829],"class_list":["post-29408","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-algerie","tag-charlie-hebdo","tag-cherif-kouachi","tag-frankryk","tag-said-kouachi","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29408","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29408"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29408\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29408"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29408"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29408"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}