{"id":29402,"date":"2015-01-09T09:51:27","date_gmt":"2015-01-09T07:51:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29402"},"modified":"2015-01-09T09:51:27","modified_gmt":"2015-01-09T07:51:27","slug":"die-skynheilige-pk-terroriste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29402","title":{"rendered":"Die skynheilige PK-terroriste"},"content":{"rendered":"<p>Baie jare gelede het iemand \u2018n KP-traktaatjie in ons posbus kom gooi. In di\u00e9 was daar \u2018n spotprent. Dit was van \u2018n maer, wit outjie wat gesteier het onder die gewig van \u2018n geweldige oorgewig swart persoon wat op sy rug ry. Die punt van die spotprent was dat die blanke belastingbetaler \u2018n swaar las gedra het as gevolg van die miljoene wat hy moes onderhou.<\/p>\n<p>Dit sou natuurlik vandag absoluut ondenkbaar wees vir enige hoofstroompublikasie om s\u00f3 \u2018n spotprent te publiseer. Dit sou immers erge laster teen die fundamentalistiese religie van politieke korrektheid, asook die ewe fanatiese godsdiens van anti-rassisme, verteenwoordig. As die Koran dan die heilige boek van Islam is, is die heilige geskrifte van die godsdiens van politieke korrektheid eweneens die hoofstroommedia, en sit die profete van hierdie godsdiens in die redaksiekantore van die hoofstroommedia.<\/p>\n<p>Na aanleiding van die terreuraanval op die kantore van Charlie Hebdo het die hoofstroommedia egter onmiddellik hulle gesamentlike ruggies styfgemaak en te velde getrek teen wat hulle \u2018n gewelddadige aanslag op vryheid van spraak genoem het. Nou kyk, ek vind terreur nog altyd afstootlik, of dit nou die Kerkstraatbom of die Charlie Hebdo-voorval is. Dit is slegs lafaards wat ongewapende burgerlikes aanval. Wat ek egter ewe afstootlik vind, is skynheiligheid.<\/p>\n<p>En skynheilig, di\u00e9 is die fanatici van politieke korrektheid, en hul profete in die nuuskantore van die hoofstroommedia. Net so min as wat Moslems wil h\u00ea dat daar heiligskennis teen hul profeet gepleeg moet word, so min laat die PK-fanatici heiligskennis teen hulle eie religie toe. In 2009 is \u2018n werknemer van die einste Charlie Hebdo byvoorbeeld afgedank omdat hy heiligskennis gepleeg het. Hierdie tipe heiligskennis staan bekend as antisemitisme. Die betrokke werknemer het anti-Joodse spotprente geteken. In baie Europese lande kan jy selfs tronk toe gestuur word as jy durf heiligskennis pleeg deur die aantal sterftes in die Nazi\u2019s se konsentrasiekampe te bevraagteken. Dis nou daardie einste Europe\u00ebrs wat hulself as so meerderwaardig beskou teenoor wat hulle as verdrukking in Moslemlande sien.<\/p>\n<p>So ook skryf Beeld ewe vroom, en heiliger as die Pous, die volgende in reaksie op die terreurdaad in Parys: \u201c Die reg om dinge te s\u00ea wat aanstoot gee, is \u2019n kernbelangrike reg, \u2019n hoeksteen van vryheid.\u201d Ja, hoor, ons glo vir jou, Adriaan Basson. Ons glo vir jou dat jy werklik die drek hierbo persoonlik ernstig opneem. Veral diegene, en ek is seker daar is baie van hulle wat die Praagwerf lees, wat al verban of gesensor is omdat hulle die politiek-inkorrekte waarheid durf praat is vanaf die webblaaie van al wat \u2018n Nasperspublikasie soos News24, Beeld of Rapport, glo vir jou. Adriaan Basson beskou dit dus as kernbelangrik dat Moslems aanstoot gegee mag word, maar laat nie in sy eie publikasie toe dat ander groepe ook aanstoot gegee word nie. Daarom sal die KP-spotprent waarna ek hierbo verwys, nooit, ooit in sy koerant verskyn nie, en sal diegene wat godslaster pleeg teen Basson se religie van politieke korrektheid, ook blitsig gesensor word en van sy webblad verwyder word. Daar is weinig verskil in terme van uitkoms tussen wat Naspers se sensors doen, en wat die terroriste in Parys aangevang het: Albei se doel is om laster teen hul geloof permanent stil te maak.<\/p>\n<p>Daarteenoor is dit vir die godsdienstige fanatici heeltemal aanvaarbaar dat enige denkbare laster teen Moslems, Afrikaners en nie-Joodse blankes oor die algemeen gepleeg kan word. Conrad Koch mag dus vir Steve Hofmeyr belaster en beweer dat Hofmeyr \u2018n geslagsiekte het. Basson sal Koch se kant kies. Die skryfster, Susan Sontag, mag dus die blanke ras as die \u201ckanker van die geskiedenis\u201d beskryf, en alles is in orde. Zapiro kan spotprente teken wat Afrikaners as agterlik uitbeeld, en hy kan die Zoeloepresident op enige denkbare manier bykom, en niemand kla daaroor nie. Laat Sunette Bridges egter skryf dat diegene wat haatmisdade teen blankes pleeg, barbare is, en die malletjies in die kerk van politieke korrektheid sal onmiddellik beserk raak en \u2018n Jihad teen beide Bridges en Hofmeyr verklaar, en probeer om hulle inkomste en webwerwe te vernietig. Niemand mag veral enige kritiek uitspreek teenoor die volk waaraan Sontag, Shapiro en Koch behoort nie, want dit is die heel ergste vorm van godslaster vir die fanatici van politieke korrektheid.<\/p>\n<p>Weer eens: Ek het \u2018n weersin in terreur. Enige terreur. Die doel van die terreuraanval in Parys was om kritiek teen die Moslems se profeet stil te maak. Die terroriste in die kerk van politieke korrektheid en anti-rassisme se metodes verskil weliswaar van diegene in Parys s\u2019n, maar hulle is net so fanaties en haat ware vryheid van spraak net soveel as enige lid van Al-Ka\u00efda, hul redaksionele skynheiligheid desnieteenstaande.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie jare gelede het iemand \u2018n KP-traktaatjie in ons posbus kom gooi. In di\u00e9 was daar \u2018n spotprent. Dit was van \u2018n maer, wit outjie wat gesteier het onder die gewig van \u2018n geweldige oorgewig swart persoon wat op sy rug ry. Die punt van die spotprent was dat die blanke belastingbetaler \u2018n swaar las [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[19182,3377,19181,7829],"class_list":["post-29402","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-adfriaan-basson","tag-beeld","tag-skynheilig","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29402","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29402"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29402\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29402"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29402"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29402"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}