{"id":29389,"date":"2015-01-09T08:09:42","date_gmt":"2015-01-09T06:09:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29389"},"modified":"2015-01-09T08:37:06","modified_gmt":"2015-01-09T06:37:06","slug":"aanval-op-charlie-hebdo-verdiep-kloof-tussen-links-en-regs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29389","title":{"rendered":"Aanval op Charlie Hebdo verdiep kloof tussen links en regs"},"content":{"rendered":"<p>Die skok in Frankryk na Woensdag se dodelike aanval is enorm. Dit is, na alles, die mees moorddadige aanval op Franse bodem sedert die tyd van die koloniale oorlog in Algeri\u00eb meer as 50 jaar gelede.<\/p>\n<p>Twee van die slagoffers &#8211; Georges Wolinski en Cabu &#8211; is reeds jare bekend vir hul\u00a0spotprente. Hul werk is al deur miljoene gadegeslaan, veral op televisie waar Cabu groot bewondering afgedwing het met spotprente wat hy tydens &#8216;n lewendige uitsending van\u00a0&#8216;n gewilde politieke debatsprogram gemaak het. Wolinski het die Legion d&#8217;Honneur ontvang vir sy erotiese tekeninge.<\/p>\n<p>Die staatsleiers se\u00a0emosionele reaksie was vervat in\u00a0die oproep tot eenheid. President Francois Hollande het dieselfde dag &#8216;n oproep om\u00a0Franse eenheid gedoen want &#8220;ons beste wapen is dat niks ons kan verdeel nie&#8230;&#8221;<\/p>\n<p>Maar net ure vroe\u00ebr het &#8216;n Franse vrou van Arabiese\u00a0afkoms\u00a0in trane op TV gekla\u00a0dat almal in\u00a0haar kantoor haar dieselfde middag verdag aangegluur het.<\/p>\n<p>En die ander giftige feit\u00a0is dat &#8216;n\u00a0Charlie Hebdo-joernalis, &#8216;n oorlewende van die aanval, berig het dat die moordenaars vlot Frans gepraat het.<\/p>\n<p>Binne ure het die ongewilde Sosialiste met hul vrome oproepe tot eenheid, egter hul weg oopgesien\u00a0om\u00a0die aanval op die mees siniese wyse vir politieke doeleindes te ontgin, en die\u00a0regses van &#8220;haat&#8221; beskuldig. Vingers is gewys na kritici van Islamitiese fundamentalisme maar nie na\u00a0die fundamentaliste nie.<\/p>\n<p>Die weeklikse satiretydskrif publiseer gereeld spotprente wat veral spot met die profeet Mohammed en Christene.<\/p>\n<p>Dit het gelei tot dreigemente, &#8216;n petrolbomaanval\u00a0in 2011, die behoefte aan voltydse\u00a0polisiebeskerming en selfs harde woorde van die Franse minister van buitelandse sake wat verklaar het dat dit\u00a0nie intelligent van die tydskrif is om\u00a0&#8220;olie\u00a0op die vuur te gooi nie&#8221;.<\/p>\n<p>Charlie Hebdo het hom natuurlik ge\u00efgnoreer. Hierdie week se uitgawe het op sy voorblad &#8216;n spotprent oor <em>Soumission<\/em>, die omstrede nuwe roman deur Michel Houellebecq wat pas eergister (7 Januarie) verskyn het.<\/p>\n<p><em>Soumission<\/em> (Onderwerping) se verhaal\u00a0is eenvoudig: Net &#8216;n paar jaar van nou af\u00a0verkies Frankryk &#8216;n Moslempresident in &#8216;n poging om die &#8220;verregse&#8221;, anti-immigrasie-<em>Front National<\/em> van Marine Le Pen te verhoed om aan die mag te kom.<\/p>\n<p>Kritici het die boek geloof wat\u00a0&#8216;n nagmerrie-scenario uitbeeld wat dikwels deur die <em>Front National<\/em> self geskets word.<\/p>\n<p>Maar Sosialiste is woedend oor die boek. Hulle meen dit verteenwoordig &#8216;n geskenk, aan die\u00a0<em>Front National<\/em> se leier Marine Le Pen.<\/p>\n<p>Die moorddadige aanval op Charlie Hebdo is in Frankryk se geval\u00a0&#8216;n verdere polarisering tussen &#8216;n\u00a0groeiende Moslembevolking van meer as vyf miljoen mense en &#8216;n toenemend invloedryke regse party wat\u00a0immigrante\u00a0as die bron van die land se probleme uitwys.<\/p>\n<p>Frankryk is nie alleen nie. Langsaan is Duitsland waar\u00a0die regering van Angela Merkel met konsternasie die groterwordende\u00a0anti-Islamitiese optogte wat oral in\u00a0die land die afgelope week plaasgevind het, dophou.<\/p>\n<p>Duitsland het &#8216;n soortgelyke groot Moslem-bevolking, wat hoofsaaklik uit Turke saamgestel is.<\/p>\n<p>Hul kinders is nou burgers van &#8216;n land wat ook nie\u00a0wil buig voor hul godsdiensvoorkeure nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skok in Frankryk na Woensdag se dodelike aanval is enorm. Dit is, na alles, die mees moorddadige aanval op Franse bodem sedert die tyd van die koloniale oorlog in Algeri\u00eb meer as 50 jaar gelede. Twee van die slagoffers &#8211; Georges Wolinski en Cabu &#8211; is reeds jare bekend vir hul\u00a0spotprente. Hul werk is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[11744,19152,1093,13836,10639,5358,19170],"class_list":["post-29389","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-aanval","tag-charlie-hebdo","tag-frankryk","tag-front-national","tag-marine-le-pen","tag-moslems","tag-polisiebeskerming"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29389","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29389"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29389\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29389"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29389"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29389"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}