{"id":29372,"date":"2015-01-08T07:32:23","date_gmt":"2015-01-08T05:32:23","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29372"},"modified":"2015-01-08T07:32:23","modified_gmt":"2015-01-08T05:32:23","slug":"swartrenoster-kan-uitsterf-in-2015","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29372","title":{"rendered":"Swartrenoster kan uitsterf in 2015"},"content":{"rendered":"<p>Die swartrenoster is een van 13 spesies wat die w\u00eareld dalk vanjaar moet groet en nooit weer lewendig gesien gaan word nie, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Met net meer as 4 800 swartrenosters in die w\u00eareld oor, sal selfs die vurigste bewaringspogings nie help om stygende renosterstropery en die verhoogde aanvraag na renosterhorings op die swartmark in veral Asi\u00eb, te verminder nie.<\/p>\n<p>Volgens dr. Derek Tittensor, \u2019n marine ekoloog van die W\u00eareldbewaringmonitorsentrum in Cambridge, Engeland, is die swartrenoster een van 13 spesies wat moontlik vanjaar kan uitsterf.<\/p>\n<p>Verlede jaar is minstens 24 renosters, waarvan die meerderheid swartrenosters, in Namibi\u00eb gestroop.<\/p>\n<p>Tittensor s\u00ea die w\u00eareld is besig om dosyne spesies daagliks te verloor en kundiges noem dit die sesde massa-uitwissing in die geskiedenis van die aarde. Soveel as 30% tot 50% van alle spesies beweeg na uitwissing in die middel van die eeu. Vingers wys na net een skuldige: die mens.<\/p>\n<p>&#8220;Habitatverwoesting, besoedeling en onwettige visvang dood wilde diere en plante of los hulle in \u2019n erg verswakte toestand. Die probleem is die bykomende bedreiging van klimaatverandering gaan in komende dekades vererger en nog meer van hierdie oorlewendes laat vrek,&#8221; s\u00ea Tittensor.<\/p>\n<p>Sowat 190 nasies het einde verlede jaar die Verenigde Nasies (VN) se beraad oor klimaatverandering in Lima, Peru bygewoon vir optrede om stygende groenhuisgasse te verminder.<\/p>\n<p>Korrupsie en onwettige aanlynhandel bedreig ook bewaringspogings. Die onwettige handel in wildlewe word op sowat U$10 miljard per jaar bereken. Dit is die vyfde grootste smokkelhandel n\u00e1 dwelms, aangevuur deur die stygende vraag na wilde diere as troeteldiere, trofe\u00eb en bestanddele in medisyne, voedsel en ander produkte.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is \u2019n opdraande stryd teen die mens se onvolhoubare gierigheid en verbruik, maar dit is \u2019n geveg wat ons nie mag verloor nie,&#8221; s\u00ea Tittensor.<\/p>\n<p>Die ander 12 spesies wat moontlik vanjaar kan uitsterf, is die oostelike luiperd (net sowat 30 is in die wildernis oor), die Sumatra-olifant, Java-renoster, leerskilpad, die westelike laelande gorilla (wat ook veral weens die Ebola-virus gevrek het), die saola, vaquita (nog net sowat 100 oor), die Siberiese tier, berggorilla, die groter bamboeslemur (sowat 60 in die wildernis en 150 in aanhouding op Madagaskar), die Sumatra oerangoetang en die Yangtze vinlose tornyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die swartrenoster is een van 13 spesies wat die w\u00eareld dalk vanjaar moet groet en nooit weer lewendig gesien gaan word nie, het die Republikein berig. Met net meer as 4 800 swartrenosters in die w\u00eareld oor, sal selfs die vurigste bewaringspogings nie help om stygende renosterstropery en die verhoogde aanvraag na renosterhorings op die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29372\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swartrenoster kan uitsterf in 2015&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7043,16475,4849,15073,19154,19155,19156,19153,11736],"class_list":["post-29372","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aardverwarming","tag-bedreigde-spesie","tag-besoedeling","tag-bewaring","tag-groenhuisgasse","tag-onwettige-handel","tag-smokkelhandel","tag-spesies","tag-swartrenoster"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29372","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29372"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29372\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29372"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29372"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29372"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}