{"id":29305,"date":"2015-01-05T08:45:02","date_gmt":"2015-01-05T06:45:02","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29305"},"modified":"2015-01-05T08:45:02","modified_gmt":"2015-01-05T06:45:02","slug":"motordiewe-pak-vrystaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29305","title":{"rendered":"Motordiewe pak Vrystaat"},"content":{"rendered":"<p>Nog drie swart verdagtes is op Thaba Nchu in die Vrystaat aangekeer in verband met die moord op &#8216;n swarte\u00a0wat op Oujaarsaand tydens &#8216;n motorkaping in Phahameng in Bloemfontein doodgeskiet is.<\/p>\n<p>Twee swartes\u00a0is\u00a0vroe\u00ebr op\u00a0Nuwejaarsdag in besit van \u2018n gekaapte VW Polo\u00a0vasgetrek.<\/p>\n<p>Die 27-jarige is vyf keer geskiet en sy vriendin is in die voorval gewond.<\/p>\n<p>Die ander twee verdagtes is in Botshabelo, oos van Bloemfontein, gevang.<\/p>\n<p>Hulle\u00a0verskyn Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van moord, poging tot moord en kaping,\u00a0en &#8216;n vyfde in die hof op Botshabelo op &#8216;n aanklag van die onwettige besit van &#8216;n vuurwapen.<\/p>\n<p>Polisiewoordvoerder Thandi Mbambo het bevestig dat twee mans, onderskeidelik 42 en 37 jaar oud, kort na middernag in G-seksie in Botshabelo in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea die polisie moes op die voertuig se bande skiet om te verhoed dat die vier insittendes wegkom met die motor wat die vorige oggend in Pahameng gekaap is.<\/p>\n<p>Mbambo s\u00ea twee verdagtes het eers ontsnap.<\/p>\n<p>Tydens die kaping is Sphiwe Mashiya doodgeskiet en sy 25-jarige vriendin lig gewond.<\/p>\n<p>In &#8216;n ander voorval is drie\u00a0Quantum-voertuie tydens &#8216;n gewapende rooftog by die Glen Landboukollege net buite Bloemfontein in die vroe\u00eb oggendure van Saterdagoggend gesteel.<\/p>\n<p>Mbambo het die voorval bevestig.\u00a0Sy s\u00ea vyf gewapende verdagtes het\u00a0twee veiligheidswagte vasgebind.<\/p>\n<p>Drie van die verdagtes het toe met die drie voertuie gevlug, terwyl die ander twee by\u00a0die sekuriteitswagte gebly het en\u00a0&#8216;n paar uur later vrygelaat het. Mbambo s\u00ea geen arrestasies is gemaak nie.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n polisiebron is die voertuie na bewering oor die grens na Lesotho geneem in die vroe\u00eb oggendure, maar die owerhede in Lesotho kon dit nie bevestig nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog drie swart verdagtes is op Thaba Nchu in die Vrystaat aangekeer in verband met die moord op &#8216;n swarte\u00a0wat op Oujaarsaand tydens &#8216;n motorkaping in Phahameng in Bloemfontein doodgeskiet is. Twee swartes\u00a0is\u00a0vroe\u00ebr op\u00a0Nuwejaarsdag in besit van \u2018n gekaapte VW Polo\u00a0vasgetrek. Die 27-jarige is vyf keer geskiet en sy vriendin is in die voorval gewond. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29305\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Motordiewe pak Vrystaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4976,9064,10755,5508,19116,14638,6307],"class_list":["post-29305","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-bloemfontein","tag-botshabelo","tag-kaping","tag-lesotho","tag-motordiewe","tag-thaba-nchu","tag-vrystaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29305","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29305"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29305\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29305"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29305"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29305"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}