{"id":29254,"date":"2014-12-30T09:59:26","date_gmt":"2014-12-30T07:59:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29254"},"modified":"2014-12-31T09:34:42","modified_gmt":"2014-12-31T07:34:42","slug":"anton-van-niekerk-lieg-skaamteloos-in-die-burger","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29254","title":{"rendered":"Anton van Niekerk lieg skaamteloos in Die Burger"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl Anton van Niekerk, &#8216;n professor aan Stellenbosch,\u00a0pedanties poog om &#8220;waarheid&#8221; te definieer en die &#8220;leuen&#8221; met verwysing na Sartre as &#8216;n morele probleem omskryf, vertel hy &#8211; volgens sy eie definisie &#8211; &#8216;n blatante leuen <a title=\"Wat is \u2018polities korrek\u2019?\" href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/stemme\/2014-12-30-wat-is-polities-korrek\" target=\"_blank\">as hy s\u00ea<\/a>:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Terwyl wit mense in regse kringe fulmineer oor slim, wit jongmense wat deesdae nie meer so maklik toegang tot \u2019n studierigting soos geneeskunde kry nie, vergeet ons veels te vinnig dat swart mense voor relatief laat in die 20ste eeu hoegenaamd nie toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit gehad het nie \u2013 laat staan nog tot medies.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-full wp-image-23246\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg\" alt=\"danr2\" width=\"292\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/danr2-190x130.jpg 190w\" sizes=\"auto, (max-width: 292px) 85vw, 292px\" \/><\/a>Ek kan getuig en is selfs bereid om &#8216;n be\u00ebidigde verklaring af te l\u00ea dat ek in die vroe\u00eb tagtigerjare by MEDUNSA (Mediese Universiteit van Suid-Afrika) besoek afgel\u00ea het, welke universiteit vir die opleiding van swart dokters opsy gesit is. Verder was daar natuurlik etlike tuislanduniversiteite, waaronder Fort Hare wat reeds in 1916 gestig is!<\/p>\n<p>Ek weet nie in watter koerant di\u00e9 verskyn het nie &#8211; waarskynlik Die Burger &#8211; maar dis dalk tyd om weer &#8216;n klag by die Persombudsman te l\u00ea. Die kultuurmarxiste soos Van Niekerk is so gewoond daaraan om hul te buite te gaan weens die algemene sensuur wat daar in hul guns toegepas word dat hulle dink dat hulle maar enigiets mag kwytraak!<\/p>\n<p>Wat <a title=\" Dominante narratief in Afrikaans is nou links\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=29252\" target=\"_blank\">Bertus Boshoff<\/a> in reaksie op Van Niekerk s\u00ea, is soveel nugterder as Van Niekerk se eie krampagtig konformistiese en leuenagtige denke. Die probleem is dat die revolusie sowel die universiteite as die HSM volledig ingeneem het. Kader Asmal het laat skoonmaak en die enigste nie-marxiste op die kampusse kruip weg uit vrees dat hulle afgedank sal word indien hulle hoegenaamd \u2018n nie-marxistiese hoesie gee. Dus is Bertus Boshoff heeltemal korrek as hy s\u00ea: \u201cDie dominante narratief in ons Afrikaanse leefw\u00eareld word vandag gedryf deur die linkses.\u201d Soos Ernst Marais egter verklaar, beskik ons oor die internet waar ons vir onsself kan dink en het dus nie meer heropvoeding nodig nie. Trouens, die enigste opvoeding \u2013 veral op die kampusse \u2013 wat ons nog het, is juis heropvoeding in die marxistiese sin waar die onderdaan in die drogbeelde van die \u201cnuwe w\u00eareld van gelykheid\u201d gebreinspoel moet word. Praat maar met Russe, Tsjegge of Pole daaroor; hulle is almal daardeur.<\/p>\n<p>Sonder die internet sou ons verlore gewees het. Dit sou net die Anton van Niekerks, Max du Preez\u2019s en marxistiese feministe soos Christi van der Westhuizen gewees het wat hoegenaamd gehoor sou gewees het. Die dissidente sou reeds lankal in die tronk gewees het en niemand sou eens daarvan geweet het nie. In 2015 gaan daar blykbaar gepoog word om my en Steve Hofmeyr tronk toe te stuur omdat ons van die linkse narratief afgewyk het sover dit \u201capartheid\u201d betref. Ons sal moet sien wat gebeur, maar soos die betogers in Oos-Duitsland en nou weer in Dresden ges\u00ea het: \u201cWir sind das Volk.\u201d Ons is die volk en die korrupte minderheid wat ons onderdruk, kan nie vir altyd bo bly nie!<\/p>\n<p>Hierdie rubriek is aanvanklik as &#8216;n kommentaar op <a href=\"http:\/\/roodt.org\" target=\"_blank\">roodt.org<\/a> gepubliseer.<\/p>\n<p><a class=\"twitter-follow-button\" href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\" data-show-count=\"true\" data-lang=\"nl\" data-size=\"large\">@danroodt volgen<\/a><\/p>\n<p>Lees ook:<\/p>\n<p><a title=\"Anton van Niekerk: politieke korrektheid, feite-waarheid en morele waarheid\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=29270\">Anton van Niekerk: politieke korrektheid, feite-waarheid en morele waarheid<\/a><\/p>\n<p><a title=\"Prof. Anton van Niekerk se halwe polities korrekte waarheid\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=29268\">Prof. Anton van Niekerk se halwe polities korrekte waarheid<\/a><\/p>\n<p><a title=\"Anton van Niekerk handel in politieke korrektheid en halwe waarhede\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=29266\">Anton van Niekerk handel in politieke korrektheid en halwe waarhede<\/a><br \/>\n<script type=\"mce-no\/type\">\/\/ <![CDATA[\n!function(d,s,id){var js,fjs=d.getElementsByTagName(s)[0],p=\/^http:\/.test(d.location)?'http':'https';if(!d.getElementById(id)){js=d.createElement(s);js.id=id;js.src=p+':\/\/platform.twitter.com\/widgets.js';fjs.parentNode.insertBefore(js,fjs);}}(document, 'script', 'twitter-wjs');\n\/\/ ]]><\/script><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl Anton van Niekerk, &#8216;n professor aan Stellenbosch,\u00a0pedanties poog om &#8220;waarheid&#8221; te definieer en die &#8220;leuen&#8221; met verwysing na Sartre as &#8216;n morele probleem omskryf, vertel hy &#8211; volgens sy eie definisie &#8211; &#8216;n blatante leuen as hy s\u00ea: &#8220;Terwyl wit mense in regse kringe fulmineer oor slim, wit jongmense wat deesdae nie meer so &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29254\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Anton van Niekerk lieg skaamteloos in Die Burger&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[10539,5650,13216,16200,7905,504],"class_list":["post-29254","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-anton-van-niekerk","tag-christi-van-der-westhuizen","tag-fort-hare","tag-heropvoeding","tag-marxisme","tag-max-du-preez"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29254","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29254"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29254\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29254"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29254"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29254"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}