{"id":29078,"date":"2014-12-22T09:54:20","date_gmt":"2014-12-22T07:54:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29078"},"modified":"2014-12-22T09:54:20","modified_gmt":"2014-12-22T07:54:20","slug":"demokrate-hoop-op-spaanse-stemme-met-kuba-besluit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29078","title":{"rendered":"Demokrate hoop op Spaanse stemme met Kuba-besluit"},"content":{"rendered":"<p>Die gesamentlike aankondigings in Washington en Havana deur pres. Barack Obama en pres. Raul Castro dat Amerika en Kuba volle diplomatieke bande gaan herstel, is as &#8220;geskiedkundig&#8221; bestempel.<\/p>\n<p>Kuba was voorheen &#8216;n bondgenoot van Rusland.<\/p>\n<p>Die VSA hoop om hul\u00a0betrekkinge met Latyns-Amerika\u00a0te verbeter.\u00a0Pres. Obama sal volgende jaar die spitsberaad van die Amerikas in Panama bywoon omdat Amerika se betrekkinge met Kuba nie meer die enigste onderwerp op die tafel sal wees nie.<\/p>\n<p>Die Verenigde Nasies stem\u00a0jaarliks \u2019n resolusie wat vra vir die opheffing van die embargo.<\/p>\n<p>Met die jongste verwikkelinge sal struikelblokke in betrekkinge met nie net Kuba nie, maar met ver\u00adskeie Spaanssprekende\u00a0lande\u00a0verbeter, hoop die VSA.<\/p>\n<p>Diplomatieke bande tussen die twee lande\u00a0kom nadat die VSA die\u00a0Koue Oorlog-anachronisme\u00a0in Oos-Europa en veral in die Oekra\u00efne laat herleef het met\u00a0milit\u00eare hulp aan die junta en die instelling van sanksies teen Rusland.<\/p>\n<p>Lidlande van die Verenigde Nasies, het deurlopend beroepe vir die opheffing van die ekonomiese, finan\u00adsi\u00eble en handelsblokkade teen Kuba en die normalisering van handelsbande tussen die twee lande gedoen.<\/p>\n<p>Die VSA beplan om wetgewing aangaande die blokkade teen\u00a0Kuba, sanksies en ander reisbeperkinge op te hef, terwyl hulle juis sulke maatre\u00ebls teen Rusland implementeer.<\/p>\n<p>Amerika het Kuba kort gelede nog gekritiseer oor die land se\u00a0swak menseregterekord, alhoewel Obama Castro se hand geskud het by die W\u00eareldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika in 2010.<\/p>\n<p>Mediaberigte is dit eens dat\u00a0heelwat Kubaans-Amerikaners ongelukkig voel oor die jongste aankondiging.<\/p>\n<p>Dit mag &#8216;n\u00a0struikelblok wees\u00a0vir voorgestelde wetgewing wat in die Amerikaanse kongres en senaat voorgel\u00ea sal word om volle diplomatieke bande te herstel en die handelsverbod op te hef.<\/p>\n<p>Vir Amerika is dit belangrik om die diplomatieke betrekkinge te herstel wat in Januarie 1961 verbreek is. Sodoende sal nuwe gebiede vir wedersydse kontak tussen Amerikaners en Kubane geopen word wat kommersieel en finansieel voordele inhou.<\/p>\n<p>Stappe om dit vir Kubane makliker te maak om met die buitew\u00eareld te kommunikeer, word ook in die vooruitsig gestel. Internet-penetrasie in Kuba is onder die laagste in die w\u00eareld, omdat die land in die verlede nie die nodige toerusting kon invoer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gesamentlike aankondigings in Washington en Havana deur pres. Barack Obama en pres. Raul Castro dat Amerika en Kuba volle diplomatieke bande gaan herstel, is as &#8220;geskiedkundig&#8221; bestempel. Kuba was voorheen &#8216;n bondgenoot van Rusland. Die VSA hoop om hul\u00a0betrekkinge met Latyns-Amerika\u00a0te verbeter.\u00a0Pres. Obama sal volgende jaar die spitsberaad van die Amerikas in Panama bywoon &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29078\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Demokrate hoop op Spaanse stemme met Kuba-besluit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[12922,19052,19051,12466,19053,2078,9592,2848],"class_list":["post-29078","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-bande","tag-embargo","tag-internasionale-betrekkinge","tag-kuba","tag-oos-europa","tag-rusland","tag-sanksies","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29078","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29078"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29078\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29078"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29078"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29078"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}