{"id":2907,"date":"2008-09-27T16:02:48","date_gmt":"2008-09-27T16:02:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2907"},"modified":"2008-09-27T16:02:48","modified_gmt":"2008-09-27T16:02:48","slug":"demokrasie-in-afrika-lei-dikwels-tot-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2907","title":{"rendered":"Demokrasie in Afrika lei dikwels tot geweld"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Ek het die voorbeelde van drie Afrikalande genoem waar &#39;n verkiesing of die moontlikheid van regeringsverandering tot burgeroorlog (Ivoorkus en Kenia) of ekonomiese ineenstorting (Zimbabwe) gelei het. Waarom kan dieselfde nie ook in Suid-Afrika gebeur indien die huidige magstryd tussen die Zuma-faksie en die Mbeki-faksie nie meer binne die regerende party, maar daarbuite sou plaasvind nie?<\/p>\n<p>Die Burger se susterkoerant Beeld het reeds vandeesweek &#39;n &#8211; myns insiens na&iuml;ewe &#8211; <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/Opinie\/Hoofartikels\/0,,3-2085-65_2399071,00.html\">pleidooi<\/a>  gelewer dat die ANC behoort te skeur. Dit sou dan tot die grootse konfrontasie tussen die twee faksies lei wat &oacute;f gaan bewys dat Suid-Afrika &#39;n volwasse demokrasie van die Westerse tipe is &oacute;f ons land in &#39;n tipiese Afrikamagstryd tot die dood toe gaan dompel.<\/p>\n<p>In die aanloop tot die 1994-verkiesing is 1000 mense vermoor. Destyds het Thabo Mbeki dit as &#39;n kleinigheid afgemaak. Ook die Westerse media het nie veel aandag geskenk aan die geweld en intimidasie rondom die sogenaamde &quot;eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika&quot; nie, aangesien dieselfde joernaliste en meningsvormers die volksmoord in Rwanda, wat in dieslfde jaar plaasgevind het, grootliks ge&iuml;gnoreer het.<\/p>\n<p>Demokrasie is geen doel op sigself nie. Die enigste rede waarom demokrasie oor die afgelope twee eeue of so in die Weste ingeburger geraak het, is omdat dit (dikwels, maar nie altyd nie) tot goeie regering lei. Gestel nou egter dat demokrasie in &#39;n land soos Suid-Afrika n&iacute;&eacute; tot goeie regering lei nie, maar juis die teenoorgestelde? Pleks van &quot;ordelike regering&quot; soos PW Botha ges&ecirc; het, kry ons dan wanorde, hebsug, korrupsie, ongebreidelde geweld, onbekwame amptenare en bowenal etniese oorheersing. Indien hierdie vorm van &quot;demokrasie&quot; behels dat mense in hul huise of op straat deur gewapende bendes aangeval word, Afrikaanse skole en universiteite onder dwang verengels word en daar op rassebasis &#39;n tirannie van die meerderheid ingestel word, is die kool nog die sous werd?<\/p>\n<p>Voor 1989 is liberale demokrasie dikwels gesien as die teenpool van kommunisme met sy eenpartymodel waarin die staat die totale samelewing beheer. Sedert die ineenstorting van die Berlynse muur &#8211; en Suid-Afrika is helaas die eerste internasionale voorbeeld daarvan &#8211; word demokrasie of &quot;demokratisme&quot; dikwels as voorwendsel gebruik vir imperialisme of om juis totalit&ecirc;re beheer oor &#39;n land in te stel. Net soos wat die ou Sowjetunie gelykheid en sy begrip van kommunistiese volksregering as voorwendsel gebruik het om lande te destabiliseer, regerings tot &#39;n val te bring en sy invloed uit te brei, speel die VSA en Brittanje vandag die rol om hul nuwe imperiale droom in die naam van demokrasie te volvoer.<\/p>\n<p>Is Irak vandag meer &quot;demokraties&quot; as onder Saddam Hoessein?<\/p>\n<p>Dit ly geen twyfel dat die Mbeki-faksie deur Brittanje en Amerika gesteun word nie, omdat die alliansie van die Xhosa- en Indi&euml;r-elite, asook die linkse Engelse wat hul van kommunisme tot demokratisme bekeer het, die mees pro-Amerikaanse groepering in die land verteenwoordig. Hulle hang ook die Amerikaanse ideologie van die kulturele en etniese smeltkroes aan wat tot een w&ecirc;reldkultuur oftwel &quot;McWorld&quot; moet lei.<\/p>\n<p>Die Mbeki-bewind was ook die mees anti-Afrikaanse regering wat Suid-Afrika nog gehad het &#8211; en dit sluit die Britse koloniale regerings van die negentiende eeu in. Volksmoord of dan op sy minste kultuurmoord op die Afrikaner vorm reeds twee eeue lank die vernaamste element van die Britse buitelandse beleid teenoor Suid-Afrika. In di&eacute; opsig het Mbeki en veral sy onderwysministers hul uitstekend van hul taak gekwyt en kan Brittanje net trots voel op alles wat vermag is om &#39;n &quot;finale oplossing&quot; vir Suid-Afrika se &quot;Afrikanerprobleem&quot; te vind.<\/p>\n<p>Zuma het tot dusver laat blyk dat hy nie die Brits-ge&iuml;nspireerde Afrikanerhaat van die Mbeki-bewind deel nie. In watter mate sy ontvanklikheid vir &#39;n herstel van Afrikanerregte en selfs -soewereiniteit opreg is, sal die tyd wel leer.<\/p>\n<p>Enige magstryd wat daar van hier af aan tussen die twee faksies mag plaasvind, gaan egter nie volgens die spelre&euml;ls van Westerse liberale demokrasie gespeel word nie, maar sal vroe&euml;r of later verval in intimidasie en geweld volgens die Afrikamodel.<\/p>\n<p>Die oplossing vir Suid-Afrika en Suider-Afrika se probleme is myns insiens nie simplistiese demokrasie of demokratisme nie, maar &#39;n konfederasie wat Lesotho, Swaziland, Botswana en Zimbabwe insluit en waarin etniese identiteite en selfbeskikking vir diegene wat dit verlang beskikbaar sal wees.<\/p>\n<p>Ironies genoeg staan die VSA natuurlik presies d&iacute;t in Oos-Europa voor maar in Suid-Afrika moet ons met sentralistiese oorheersing vir lief neem.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/40-svetilnik-so-svetodiodnoj-optikoj\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u043e\u043f\u0442\u0438\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-gruzov\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Gerrit Brand van <a href=\"http:\/\/dieburgerblogs.mweb.co.za\/ViewComments.aspx?mid=3121&amp;blogid=74\">Die Burger<\/a>  meen ek was teenstrydig in my onlangse kommentaar oor <a href=\"index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=2948&amp;Itemid=402\">Die gevare van demokrasie<\/a>. Een van die Burger se lesers, Joan (Hambidge) reageer op Brand se webjoernaaldeur te s&ecirc; dat sy polemiek die essensie van my argument misken, naamlik dat demokrasie in Afrika dikwels tot geweld lei en dat enige magstryd tussen twee groot swart partye (indien die ANC byvoorbeeld sou skeur) heel moontlik tot grootskaalse onluste of selfs burgeroorlog kan lei.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-2907","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2907","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2907"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2907\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2907"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2907"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2907"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}