{"id":29049,"date":"2014-12-21T15:55:55","date_gmt":"2014-12-21T13:55:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29049"},"modified":"2014-12-21T18:19:37","modified_gmt":"2014-12-21T16:19:37","slug":"het-afrikaners-n-skuldlas-uit-die-verlede-of-die-geskiedenis-gee-jou-n-skop-op-jou-sitvlak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29049","title":{"rendered":"Het Afrikaners \u2018n skuldlas uit die verlede? of die geskiedenis gee jou \u2018n skop op jou sitvlak."},"content":{"rendered":"<p><em>Onderstaande toespraak is in April 2001 by die KKNK op Oudtshoorn gelewer; ek herontdek dit onlangs. Wat ek hier ges\u00ea het, is steeds ter sake, gegewe die kwessie van apartheidskuld wat ons voortdurend voor die kop gegooi word.<\/em><\/p>\n<p>James Joyce se karakter Stephen Dedalus in sy beroemde roman <em>Ulysses<\/em> s\u00ea in \u2018n gesprek met mnr. Deasy, \u2018n skoolhoof, oor die Ierse geskiedenis die volgende:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-15563\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki-150x150.jpg\" alt=\"roodt_dan_wiki\" width=\"100\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki-150x150.jpg 150w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg 266w\" sizes=\"auto, (max-width: 100px) 85vw, 100px\" \/><\/a>\u201cDie geskiedenis is \u2018n nagmerrie waaruit ek probeer wakkerskrik.\u201d Terwyl hy dit s\u00ea, kom die geluide van \u2018n skoolrugbyoefening na hulle toe aan deur die venster.\u00a0 Die fluitjie blaas vir \u2018n drie wat gedruk word.\u00a0 As \u2018n nagedagte dink Stephen Dedalus dan by homself, \u201cEn s\u00ea nou daardie geskiedenis gee jou \u2018n skop op jou sitvlak?\u201d<\/p>\n<p>Wie van ons kan nie vandag Stephen Dedalus se woorde met instemming herhaal nie:\u00a0 \u201cdie geskiedenis is \u2018n nagmerrie waaruit ons probeer wakkerskrik\u201d?\u00a0 Dit is veral die geval as ons dink aan die hele geding rondom skuld wat tans op ons losgelaat word, ook deur ons taalgenote.\u00a0 \u201cApartheid was \u2018n misdaad teen die mensdom. Julle het apartheid geskep.\u00a0 Daarom is julle skuldig aan \u2018n misdaad teen die mensdom.\u201d Hierdie simplistiese sillogismes is die bouwerk van die nagemerrielogika wat ons teister.<\/p>\n<p>Dit is sekerlike die maklike \u2013 nee, die fasiele \u2013 opsie om jou te berus in die skuldideologie wat van bo af deur al die oud-Broederbonders, die \u201cverligtes\u201d waarteen Chris Louw fulmineer, die propagandiste van die staat, die internasionale media, ens., aan ons opgedring word.\u00a0 Volgens hulle behoort ons ons in ons skuld te berus, en ons eie politieke en intellektuele magteloosheid te aanvaar.\u00a0 Om nie wakker te word uit die nagmerrie nie, is dus die aangewese weg.<\/p>\n<p>Dog net as \u2018n mens wegsluimer en jou lyf so ruk-ruk as al die onaangename skelwoorde waarmee jy as misdadiger teen die mensdom uitgekryt word op jou re\u00ebn, gee die geskiedenis jou daardie spreekwoordelike skop op die sitvlak.\u00a0 Jy kom agter dat jy vandag hoegenaamd nie in \u2018n veelrassige utopie leef soos wat almal s\u00ea nie.\u00a0 Jy begin \u2018n paar ou koerante en boeke \u2013 selfs geskiedenisboeke \u2013 lees en jy kom agter dat, ja, die hele ding nie so eenvoudig is as wat dit aan jou voorgehou word nie.\u00a0 Jy waag dit selfs om te s\u00ea dat apartheid geen misdaad teen die mensdom was nie.\u00a0 Onmiddellik word jy uitgekryt as \u2018n ketter, \u2018n rassis, \u2018n regse, maar jy laat jou nie van stryk bring nie.\u00a0 Intu\u00eftief streef jy na wakkerheid, want die nagmerrie waarin jy jou bevind word al hoe ondraagliker.<\/p>\n<p>Andr\u00e9 Brink of iemand het jare gelede ges\u00ea dat \u2018n mens niks goeds oor apartheid kon s\u00ea nie, want dit is dieselfde as om te s\u00ea dat Hitler ook goeie paaie gebou het.\u00a0 Hierdie soort vergelykings, en die konstante en werklik vergesogte gelykstelling van apartheid met nazisme en volksmoord, waarvan veral die WVK-verslag vol is, is egter deel van die probleem.\u00a0 Om wakker te word uit ons nagmerrie, moet ons op \u2018n slag erken dat daar \u2018n werklikheid in Suid-Afrika is wat nie noodwendig uit Duits te vertale is nie.\u00a0 Die re\u00eble, veral in \u2018n plek soos Suid-Afrika, is \u2018n glibberige, ontwykende ding, en indien ons net \u2018n bietjie nader daaraan kan kom, dan is elke skop van watter aard ook al die moeite werd.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/waarheidskomm.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-full wp-image-29055\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/waarheidskomm.jpg\" alt=\"waarheidskomm\" width=\"162\" height=\"240\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/waarheidskomm.jpg 162w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/waarheidskomm-100x148.jpg 100w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/waarheidskomm-21x31.jpg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/waarheidskomm-26x38.jpg 26w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/waarheidskomm-145x215.jpg 145w\" sizes=\"auto, (max-width: 162px) 85vw, 162px\" \/><\/a>Een so \u2018n skop was my onlangse boekie met die titel, <a title=\"Om die Waarheidskommissie te vergeet, deur Dan Roodt\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?wpsc-product=om-die-waarheidskommissie-te-vergeet-deur-dan-roodt\"><em>Om die Waarheidskommissie te vergeet<\/em><\/a>.\u00a0 Daarin lewer ek \u2018n intense pleidooi dat ons moet glo in ons eie onskuld.\u00a0 Maar ook dat daar \u2018n dringende behoefte is om ons geskiedenis te herinterpreteer.\u00a0 Ons mag nie meer toelaat dat ons geskiedenis oorheers word deur ongevraagde stereotipes, halwe waarhede en selfs blatante onwaarhede nie.\u00a0 Al kos dit wat, al loop mens die risiko om jou eie reputasie deur die modder gesleep te sien, is dit nou die oomblik om waagmoedig en onverskrokke vir \u2018n slag iets soos die waarheid te praat.\u00a0 Nie die transendente, godsdienstige waarheid waarvan Biskop Tutu en sy trawante praat nie, maar bloot die historiese waarheid, wat op empiriese navorsing behoort te berus.\u00a0 \u2018n Week gelede by Stellenbosch tydens \u2018n soortgelyke bespreking, het Jannie Gagiano dieselfde pleidooi vir empiriese navorsing oor die verlede gelewer.<\/p>\n<p>Wat ek nou hier gaan s\u00ea, sal waarskynlik deur sommige ge\u00efnterpreteer of wange\u00efnterpreteer word as \u2018n apologie vir apartheid.\u00a0 Montesqieu, meen ek, het ges\u00ea dat \u2018n skrywer die slegte gewete van sy tyd behoort te wees.\u00a0 As \u2018n mens na die geskiedenis van halsstarrige skrywers in Afrikaans kyk, van Eug\u00e8ne Marais wat deur Paul Kruger verbied is om sittings van die Volksraad by te woon, regdeur tot by die Sestigers wat deur die bank kritiek gelewer het op die kleinlike apartheidsmaatre\u00ebls van destyds, dan is dit duidelik dat die Afrikaanse tradisie ten minste ewe veel ruimte bied vir dit wat Nietzsche \u201contydgenootlike denke\u201d genoem het.<\/p>\n<p>Chris Louw het vir ons gedemonstreer dat diegene wat apartheid uitgedink het en dan veral die kleinlike diskriminerende maatre\u00ebls wat mense verbied het om hotelle en strande te gebruik, of bankies in parke, nou weer eens die voorstanders is van politieke erfsonde en die ideologie van skuld.\u00a0 Op di\u00e9 manier poog die eertydse Afrkaner-establishment om ons toekoms te kaap ter wille van hul eie tydelike gewin en aansien by die maghebber van tans.\u00a0 Ek is egter oortuig dat die Willem de Klerks en die Willie Esterhuyses reeds mee afgereken is en inderdaad geen geloofwaardigheid meer het by die bre\u00eb Afrikaanse bevolking nie.<\/p>\n<p>\u2018n Groter probleem is diegene &#8211; en dan veral die hordes internasionale opportuniste -wat reeds om \u2018n verskeidenheid bedenklike redes hulself met apartheid bemoei het.\u00a0 Hulle dra by om die mites oor ons verlede in stand te hou.\u00a0 Ek is bevrees dit gaan meer as een skop verg om hulle van die toneel te laat verdwyn.\u00a0\u00a0 Dit waarteen ek my baie sterk uitspreek in my opstel oor die Waarheidskommissie, naamlik die gelykstelling van apartheid met nazisme, is een van die grootste klugte van ons tyd wat ons reeds geweldige skade berokken het en \u2018n groot klomp Afrikaners van hul eie tradisie en selfs van hul eie land vervreem het.\u00a0 Dit is ook die onderliggende veronderstelling van die pro-skuldfaksie.\u00a0 \u2018n Onderdeel van die gelykstelling van apartheid met nazisme is dat apartheid gekleurde mense in Suid-Afrika in so \u2018n mate benadeel het dat hulle as\u2019t ware sit met \u2018n geweldige agterstand wat nou op kunsmatige wyse \u201cingehaal\u201d moet word.\u00a0 Dit verteenwoordig onder meer die regverdiging, nie net vir regstellende aksie nie, maar ook vir oproepe tot \u2018n radikale herverspreiding van rykdom in Suid-Afrika, betaling van vergoeding, ens.<\/p>\n<p>Vir die ontydgenootlike denker, vir die nugtere ontleder van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gaan die argumente van die pro-skuldfaksie, van mense soos Antjie Krog en Carl Niehaus en hul abortiewe Tuiste-vir-almal-veldtog, eenvoudig nie op nie.\u00a0 \u2018n Onbevange kyk na ons verlede en na apartheid lewer \u2018n heel ander prentjie op as die een wat gewoonlik in sulke emosionele \u2013 nee, histeriese \u2013 terme geskilder word.<\/p>\n<p>As iemand wat tydens die hoogty van internasionale anti-apartheid in Europa gewoon het, kan ek onomwonde s\u00ea dat anti-apartheid so \u2018n skewe beeld van Suid-Afrika voorgehou het dat dit net in terme van psigopatologie verstaan kan word.\u00a0 Dit was \u2018n psigose wat gevoed is uit die vele probleme met immigrasie en etniese naasbestaan regoor die w\u00eareld, ofte wel die interne politiek van baie Westerse lande.\u00a0 Ook die Wes-Europese Kommunistiese Partye, wat met hul rug teen die muur baklei het in die doodsnikke van die sosialistiese droom, het in anti-apartheid \u2018n handige handperd gevind om hulself \u2018n legitimiteit te probeer gee wat hul eie ideologie lank nie meer gebied het nie.<\/p>\n<p>Indien die NP-verligtes en hul blufspel Oom Apartheid was, dan wasAntie Apartheid nie veel beter nie.\u00a0 Ook sy is aangevuur deur \u2018n byna fantasmagoriese voorstelling van die Suid-Afrikaanse werklikheid, wat vandag steeds \u2018n rol speel in die konflikte wat hul afspeel op die terreine van taal, grond, en beheer oor hulpbronne.\u00a0 Antie Apartheid is myns insiens \u2018n veel gevaarliker kalant as Oom Apartheid, juis omdat dit op eg koloniale wyse aanvanklik vanuit die buiteland deur Suid-Afrikaanse bannelinge en hul oorsese bondgenote gevoer is en toe sedert 1994 in \u2018n moralistiese stuiptrekking ter plaatse op ons losgelaat is.\u00a0 Soos ek in my opstel oor die WVK betoog, is anti-apartheid bloot die spie\u00eblbeeld van apartheid, die <em>Doppelg\u00e4nger<\/em> daarvan, en behoort dit in \u2018n groot mate tot dieselfde paradigma.<\/p>\n<p>Anders as wat die Waarheidskommissie en oningeligte buitelanders wil beweer, was apartheid geen variant van nazisme nie, maar in baie opsigte soortgelyk aan hedendaagse opvattinge soos regstellende aksie wat ook differensieer tussen rasse en groepe.\u00a0 Apartheid het, by die bekende negatiewe aspekte wat ons al tot vervelens toe gehoor het, en wat dikwels geheel en al oordryf word, ook heelwat positiewe elemente bevat.\u00a0 Weer eens, wil ek geen apologie lewer vir apartheid as sodanig nie, maar ter wille van billikheid en om die skuldpsigose finaal die nekslag toe te doen, moet sekere dinge beklemtoon word:<\/p>\n<ol>\n<li>Soos Hermann Giliomee onlangs aangetoon het, was die grootste enkele bydrae van apartheid dat dit Suid-Afrika tydens \u2018n kritieke fase van ons kontinent se geskiedenis gevrywaar het van die vergrype van Afrika-bevryding en allerlei rampspoedige ekonomiese eksperimente wat gelei het tot intense armoede, burgerlike konflik en selfs burgeroorlo\u00eb.\u00a0 Dit ly by my geen twyfel dat indien algemene stemreg v\u00f3\u00f3r die val van die Berlynse muur ingestel sou gewees het, Suid-Afrika maklik die paadjie van Mosambiek of Angola kon geloop het.\u00a0 \u2018n Land soos Angola beskik inderdaad oor geen staat meer nie, kan kwalik belastings invorder en geen basiese dienste aan sy bevolking lewer nie.<\/li>\n<li>Onder apartheid is die onderwysstelsel vir swartmense drasties uitgebrei en tot net voor die Soweto-onluste het die destydse Bantoe-onderwys veel beter resultate met minder geld behaal as die huidige stelsel, in weerwil van ongelyke besteding. Volgens dr. Katherine Heugh, \u2018n opvoedkundige van die Universiteit van Kaapstad, was die matriekslaagsyfer selfs tydens 1976 toe die onderwys in Soweto ontwrig is, ongeveer 83% teenoor die huidige 50% of minder.<\/li>\n<li>Onder apartheid is inheemse Afrikatale ontwikkel soos in geen ander land in Afrika nie. Afrikaners het grootliks bygedra om voorgeskrewe boeke vir swart skole in die inheemse tale te ontwikkel, en daar was op \u2018n stadium pakhuise vol van hierdie boeke.\u00a0 Dit is bekend dat die swart leerlinge van Soweto in 1976 Afrikaans verwerp het, dog min mense dra kennis dat hulle van hierdie datum af ook onderrig in hul eie tale afgesweer het, wat \u2018n rampspoedige periode van mislukking en ho\u00eb druipsyfers onder swart leerlinge ingelui het.\u00a0 Deel van die ontwikkeling van Afrikatale het behels die sogenaamde \u201cRadio Bantoesenders\u201d van die ou SAUK wat gewilde programme in plaaslike tale uitgesaai het.\u00a0 Onder apartheid is die meeste van hierdie tale insgelyks gepromoveer tot televisietale.\u00a0 Aan die einde van apartheid was daar slegs ses inheemse Afrikatale, Afrikaans uitgesonder, wat op televisie gebruik is, waarvan vier in Suid-Afrika.<\/li>\n<li>Twee van die beste aanwysers van mense se welvaart is die kindersterftesyfer en die gemiddelde lewensverwagting van \u2018n bevolking.\u00a0 Die ou Sowjet-Unie het fiktiewe ekonomiese statistiek gepubliseer ten einde die illusie van welvaart te skep, maar in die laaste dekades van kommunisme het die kindersterftesyfer begin styg en die gemiddelde lewensverwagting begin daal, wat dit duidelik gemaak het dat toestande besig was om te versleg. Net so kan geen mate van propaganda oor die Suid-Afrikaanse verlede ontken dat die kindersterftesyfer onder swartmense tydens apartheid dramaties afgeneem het nie.\u00a0 Volgens statistieke wat ek onlangs raakgeloop het, het dit op die Witwatersrand, byvoorbeeld, vanaf 1949 tot 1961 gedaal van 280 per duisend tot 62 per duisend, \u2018n duidelike verbetering.\u00a0 Weer eens volgens Hermann Giliomee, was die lewensverwagting van swart Suid-Afrikaners in die laaste dekade van apartheid ongeveer 68 jaar, wat goed vergelyk het met vele Westerse lande, en ver bokant die meeste lande in Afrika en Suid-Amerika verkeer het.\u00a0 Sedertdien het VIGS natuurlik hierdie syfer laat daal.<\/li>\n<li>Die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika het onlangs beweer dat alles wat hy oor apartheid hoor, klink soos die paradys, vergeleke met die situasie van die Palestyne.\u00a0 \u2018n Tuisland soos die Transkei wat benewens \u2018n nominale onafhanklikheid, regstreekse begrotingshulp van die sentrale regering ontvang het, asook landbouhulp, opleidingsprogramme, ens., sou vir vele volke ter w\u00eareld, waarby hedendaagse Afrikaners ingesluit kan word, iets van \u2018n utopie verteenwoordig.\u00a0 Die voormalige Transkei was veel groter as menige land in Wes-Europa met \u2018n veel kleiner bevolking; boonop beskik dit oor vrugbare grond, goeie re\u00ebnval en \u2018n natuurskoon wat dit \u2018n potensi\u00eble toeristeparadys maak.\u00a0 Hierdie vorm van etniese outonomie waarna vele van die staatlose volke op aarde smag, is egter binne die verwronge denke van anti-apartheid beskryf as die ekwivalent van nazisme en volksmoord.\u00a0 Die tuislandontwikkelingskorporasies het insgelyks miljarde rande, in vandag se terme, bestee aan landelike ontwikkeling, opleiding, infrastruktuur, en in vele tuislande swart ondernemers en sakemanne gevestig wat vandag toe nog hul ondernemings bedryf.<\/li>\n<li>Weliswaar was swartmense onder apartheid tweedeklasburgers.\u00a0 Die swart Amerikaanse ekonoom Thomas Sowell skryf egter iewers dat dit beter is om \u2018n tweedeklasburger in \u2018n land met wet en orde, asook min of meer goeie administrasie, te wees, as om deur te gaan vir \u2018n eersteklasburger in \u2018n land waar daar verval, korrupsie en wanorde heers.\u00a0 Swartmense uit vele buurlande van Suid-Afrika het tydens die sogenaamde apartheidsjare dieselfde afleiding gemaak, en met hulle voete gestem vir apartheid en teen die tirannie van uhuru in hul eie lande.\u00a0 Onder apartheid moes Suid-Afrika probeer om immigrasie na die land te keer, terwyl Oos-Duitsers so desperaat was om uit hul werkersparadys te ontsnap dat hul regering dit goedgedink het om \u2018n betonmuur met gewapende wagte tussen hulle en hul taalgenote in Wes-Duitsland op te rig.\u00a0 Die kontras kan nie groter wees nie, en s\u00ea iets aangaande die werklike aard van apartheid en kommunisme.\u00a0 Indi\u00ebr-Suid-Afrikaners, wat ook nie eiendom in sekere gebiede kon besit nie, het dit reggekry om dieselfde opvoedkundige en lewenstandaard as blankes te bereik onder apartheid. Dit toon aan in welke mate die beperkings op mense om hul eie welvaart te verbeter onder apartheid eintlik veel minder was as wat die meeste mense sou wou toegee.<\/li>\n<li>Onder apartheid was slegs 7% van werkkategorie\u00eb onderworpe aan werkreservering, hoofsaaklik in die mynboubedryf, iets wat terug te voer is na die 1922-staking toe die SAKP dit \u00f3\u00f3k voorgestaan het.\u00a0 Onder die huidige regstellende aksie is 100% van arbeidskategorie\u00eb onderworpe aan rassekwotas, wat aantoon dat die ingryping in die arbeidsmark tans veel radikaler en omvattender is as onder apartheid.<\/li>\n<li>Die toestand van die openbare gesondheidsektor was veel beter as nou, en \u2018n hospitaal soos Baragwanath in Soweto het \u2018n veel beter diens aan sy pasi\u00ebnte gelewer as tans.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Suid-Afrika gaan tans deur \u2018n hele aantal radikale veranderinge wat sommige al as &#8216;n revolusie bestempel het.\u00a0 In enige so \u2018n situasie is daar \u2018n revolusion\u00eare voorhoede wat poog om die bates van die vorige elite vir homself op te eis of te konfiskeer, ten einde sigself as die nuwe \u00e9lite te vestig.\u00a0 Die huidige elite het dus \u2018n materi\u00eble belang daarby om die skuldideologie in stand te hou.<\/p>\n<p>Tydens \u2018n onlangse besoek aan Kuba, het die Minister van Buitelandse Sake, mev. Nskosasana Dhlamini-Zuma, haar as volg uitgelaat oor kritiek op Kuba se swak menseregterekord en gebrek aan veelpartydemokrasie: \u201cWat is belangriker?\u00a0 Dat mense stemreg het, of dat hulle beter lewensgehalte behoort te h\u00ea?\u201d\u00a0 Uit die mond van \u2018n ANC-minister vind ons dus die volmaakte regverdiging vir apartheid.<\/p>\n<p>As iemand wat nooit vir die NP gestem het, of \u2018n ondersteuner van apartheid was nie, is dit miskien maklik vir my om te praat.\u00a0 Ek is egter van mening dat selfs ondersteuners van apartheid, gegewe die verlede van relatiewe voorspoed, ontwikkeling, asook oordrag van rykdom vanaf blankes na swartmense, kwalik rede het om aan \u2018n oordrewe skuldkompleks te ly.\u00a0 Selfs Minister Dhlamini-Zuma stem hiermee saam.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onderstaande toespraak is in April 2001 by die KKNK op Oudtshoorn gelewer; ek herontdek dit onlangs. Wat ek hier ges\u00ea het, is steeds ter sake, gegewe die kwessie van apartheidskuld wat ons voortdurend voor die kop gegooi word. James Joyce se karakter Stephen Dedalus in sy beroemde roman Ulysses s\u00ea in \u2018n gesprek met mnr. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29049\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Het Afrikaners \u2018n skuldlas uit die verlede? of die geskiedenis gee jou \u2018n skop op jou sitvlak.&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[4938,19046,19043,19045,4907,7734,19044],"class_list":["post-29049","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-apartheid","tag-eugene-marais","tag-james-joyce","tag-montesqieu","tag-paul-kruger","tag-skuld","tag-stephen-dedalus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29049","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29049"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29049\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29049"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29049"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29049"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}