{"id":29030,"date":"2014-12-19T08:53:51","date_gmt":"2014-12-19T06:53:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29030"},"modified":"2014-12-19T08:53:51","modified_gmt":"2014-12-19T06:53:51","slug":"eu-kan-sanksies-teen-rusland-ophef","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29030","title":{"rendered":"EU kan sanksies teen Rusland ophef"},"content":{"rendered":"<p>Die Europese Unie kan die moontlikheid van die opheffing van sy sanksies teen Rusland oorweeg as die Oekra\u00efne se territoriale integriteit behoue bly, het die Duitse kanselier Angela Merkel Vrydag ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ons sal sien of daar enige vordering in hierdie rigting is. Dan kan ons in die rigting die opheffing van die sanksies beweeg,&#8221; het sy tydens &#8216;n nuuskonferensie ges\u00ea n\u00e1 &#8216;n vergadering van EU-leiers in Brussel.<\/p>\n<p>Merkel het beklemtoon dat die EU sanksies teen Rusland ingestel het in reaksie op verwikkelinge in die Oekra\u00efne.<\/p>\n<p>Die sanksies kan moontlik opgehef\u00a0 word teen vroeg aanstaande\u00a0jaar.\u00a0&#8216;n Diplomatieke bron in Brussel het Vrydag ges\u00ea staatshoofde\u00a0asook die\u00a0Europese Unie sal die Minsk-vredesooreenkoms met belangstelling volg en die moontlikheid van die opheffing van die blok se sanksies teen Rusland op &#8216;n beraad in Maart 2015 oorweeg.<\/p>\n<p>&#8220;Sekere sanksies teen Rusland, kan opgehef kan word op &#8216;n EU-beraad in Brussel in Maart,&#8221; het die bron ges\u00ea.<\/p>\n<p>Merkel\u00a0het ook ges\u00ea sy hoop dat die EU-lande &#8216;n gekonsolideerde posisie\u00a0sal nastreef.<\/p>\n<p>Die Russiese president, Wladimir Poetin het intussen Westerse sanksies blameer vir die daling van die Russiese geldeenheid.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is die koste van ons natuurlike begeerte om Rusland te bewaar as &#8216;n volk, &#8216;n beskawing en &#8216;n staat,&#8221; het Poetin ges\u00ea. Hy het ges\u00ea dit het ook weinig met die verwikkelinge in die Krim te make gehad.<\/p>\n<p>&#8220;Die Weste het &#8216;n anti-Russiese houding gehad lank voor die huidige krisis [in die Oekra\u00efne] begin het,&#8221; het Poetin gewaarsku. Die bewyse is daar, het hy ges\u00ea, wat wissel van &#8220;direkte ondersteuning van terrorisme in die Noord-Kaukasus,&#8221; tot die uitbreiding van die NAVO en die oprigting\u00a0van missielstelsel in Oos-Europa, en die manier waarop die Westerse media die Olimpiese Spele in Sochi kwaadwillig gedek het.<\/p>\n<p>Selfs al sit die Russiese beer stil en eet sy bessies en heuning, sal die druk nie ophou nie, het die president ges\u00ea. Hy het ges\u00ea die Weste wil die Taiga plunder. Daarvoor moet hulle die beer &#8220;vasketting, en as hy vasgeketting is, sy tande en naels uitskeur&#8221;.<\/p>\n<p>Die roebel het die laaste ruk rekord-laagtepunte bereik. Poetin het op sy jaareind-nuuskonferensie in Moskou ges\u00ea die huidige krisis sal op die langste, twee jaar duur.<\/p>\n<p>Hy is van mening dat die Russiese ekonomie vroe\u00ebr kan herstel indien eksterne faktore verbeter.<\/p>\n<p>Die roebel se waardevermindering be\u00efnvloed tans\u00a0die rand\u00a0weens\u00a0soortgelyke kommoditeituitvoere asook hul ontluikende\u00a0markstatus.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse Senaat het intussen &#8216;n oorlogsugtige wet bekragtig dat sanksies teen Rusland moet verskerp word.\u00a0President Obama het die wet van sy handtekening voorsien.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse regering sal aan die Oekra\u00efne ook swaar milit\u00eare toerusting ter waarde van $350\u00a0miljoen lewer.<\/p>\n<p>Rusland\u00a0het die wet as &#8216;n uiterste provokasie beskryf wat tot\u00a0konfrontasie sal lei\u00a0as\u00a0diplomasie nie\u00a0se\u00ebvier nie.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse minister van buitelandse aangeleenthede John Kerry en sy Russiese eweknie Sergei Lafrow sal op 15 Desember in Rome ontmoet.<\/p>\n<p>Die VSA het pas sanksies teen Kuba opgehef, &#8220;omdat dit nie werk nie&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Europese Unie kan die moontlikheid van die opheffing van sy sanksies teen Rusland oorweeg as die Oekra\u00efne se territoriale integriteit behoue bly, het die Duitse kanselier Angela Merkel Vrydag ges\u00ea. &#8220;Ons sal sien of daar enige vordering in hierdie rigting is. Dan kan ons in die rigting die opheffing van die sanksies beweeg,&#8221; het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29030\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;EU kan sanksies teen Rusland ophef&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5227,10405,18159,8371,2078,9592,19032,2848,11571],"class_list":["post-29030","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-duitsland","tag-europese-unie","tag-minsk-vredesooreenkoms","tag-plunder","tag-rusland","tag-sanksies","tag-taiga","tag-vsa","tag-weste"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29030","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29030"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29030\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29030"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29030"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29030"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}