{"id":29021,"date":"2014-12-19T07:41:25","date_gmt":"2014-12-19T05:41:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29021"},"modified":"2014-12-19T07:41:25","modified_gmt":"2014-12-19T05:41:25","slug":"israel-se-diplomatieke-krisis-verdiep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29021","title":{"rendered":"Israel se diplomatieke krisis verdiep"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie diplomatieke krisisse\u00a0het\u00a0Woensdag\u00a0saamgevloei om Israel se penarie te verdiep.\u00a0&#8216;n Vergadering van die Geneefse Konvensie se ondertekenaars, &#8216;n beslissing van die EU se Hof van Justisie oor Hamas, &#8216;n EU-parlementsbesluit om\u00a0Palestynse volkskap te erken, asook die Palestynse druk met &#8216;n VN-Veiligheidsraad konsepvoorstel om die Israeliese besetting van die Wesoewer binne twee jaar te be\u00ebindig.<\/p>\n<p>Israel het die pogings van die Palestyne om &#8216;n spertyd in te stel vir die be\u00ebindiging van Israel se besetting van die Palestynse gebiede as &#8216;n slenter veroordeel.<\/p>\n<p>Jordani\u00eb het die beskrywingspunt amptelik by die VN se Veiligheidsraad namens die Palestyne ingedien.<\/p>\n<p>Dit maak ook voorsiening vir &#8216;n\u00a0skietstilstand binne &#8216;n\u00a0jaar. Die VSA\u00a0het reeds aangedui dat hulle\u00a0nie die beskrywingspunt sal steun nie, maar ontleders meen Israel is op dun ys nadat president Obama intussen aangekondig het dat bande met Kuba herstel sal word.<\/p>\n<ul id=\"item1\" class=\"results-list hidden\">\n<li>\n<div class=\"caption\">\n<p>Israel het die pogings van die Palestyne om `n spertyd van drie jaar in te stel vir die be\u00ebindiging van Israel se besetting van die Palestynse gebiede as `n slenter veroordeel. Jordani\u00eb het die beskrywingspunt amptelik by die VN se Veiligheidsraad namens die Palestyne ingedien. Dit maak ook voorsiening vir `n skietstilstand binne `n jaar. Amerika het egter reeds aangedui dat hy nie die beskrywingspunt sal steun nie. Jordani\u00eb het toegegee dat dit tyd en onderhandelings sal neem voordat dit bespreek kan word.<\/p>\n<\/div>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die diplomatieke tsoenami wat teen Israel opbou, is deur die voormalige minister van verdediging, Ehud Barak &#8216;n paar jaar gelede voorspel.<\/p>\n<p>Sedertdien het Israel se internasionale aansien bly taan.<\/p>\n<p>Premier\u00a0Benjamin Netanyahu se diplomatieke prestasie tydens sy ses jaar word nou ook deur voornemende kiesers veroordeel.<\/p>\n<p>Die meerderheid kiesers wil nie h\u00ea hy moet aanbly as premier nie, maar gegewe die afstand en verskille tussen Israel se binnelandse en buitelandse probleme, is daar nie veel kandidate wat die eerste minister se\u00a0pos wil h\u00ea nie.<\/p>\n<p>Die voortsetting van konstruksie in Joodse\u00a0nedersettings, die behoud van die status quo in die Wesoewer en Gasa, die onwilligheid om &#8216;n ernstige vredesplan te implementeer en die versuim om die internasionale gemeenskap se ondersteuning te verkry,\u00a0plaas Israel in &#8216;n minderwaardige strategiese posisie.<\/p>\n<p>Netanyahu demonstreer\u00a0ongelukkig\u00a0dat hy\u00a0Europa hoegenaamd nie begryp nie. Sy benadering tot die diplomatieke krisis met Frankryk, Brittanje, Duitsland en ander is eenvoudig.<\/p>\n<p>Hy glo Europa word gemotiveer deur Europese leiers se gretigheid om die stemme van die groeiende Moslem-minderheid in te palm\u00a0deur die bevordering van &#8216;n pro-Palestynse agenda, terwyl Europese politici presies s\u00f3 &#8216;n verwikkeling van stemblokke wil vermy.<\/p>\n<p>Daarbenewens, is\u00a0hy oortuig dat Europa se houding teenoor Israel gebaseer is op diepliggende anti-Semitiese sentimente, wat hom tot histeriese uitbarstings teen Christene aanspoor.<\/p>\n<p>Tuis wil sy kiesers h\u00ea hy moet\u00a0sterk staan\u00a0teen Hamas, maar\u00a0Netanyahu verkies eerder om\u00a0sterk teen Europa te bly uitvaar.<\/p>\n<p>Om\u00a0regse kiesers se negatiewe gevoelens teen\u00a0die Franse, die Belge of die Iere aan te wakker, stof hy gereeld die Holocaust af.<\/p>\n<p>En terwyl Europa op die ergste wyse\u00a0beledig word, kan Netanyahu nie genoeg doen om sy\u00a0vriendskap en lofprysinge aan die Verenigde State van Amerika op te dra nie.<\/p>\n<p>Meer as 80% van die w\u00eareld se Joodse gemeenskap woon in die VSA en nie in Israel nie, ongetwyfeld een rede vir\u00a0die Israelse premier se houding.<\/p>\n<p>Hy glo sy Republikeinse bondgenote in die Kongres, AIPAC en die verskillende Joodse organisasies, sowel President Obama se laaste twee jaar sal die voortgesette Amerikaanse veto in die Veiligheidsraad van die VN verseker.<\/p>\n<p>Obama se dramatiese aankondiging Woensdag oor die hernuwing van diplomatieke betrekkinge met Kuba na meer as 50 jaar moet egter as &#8216;n waarskuwing vir\u00a0Netanyahu dien\u00a0dat sy ontleding verkeerd is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskeie diplomatieke krisisse\u00a0het\u00a0Woensdag\u00a0saamgevloei om Israel se penarie te verdiep.\u00a0&#8216;n Vergadering van die Geneefse Konvensie se ondertekenaars, &#8216;n beslissing van die EU se Hof van Justisie oor Hamas, &#8216;n EU-parlementsbesluit om\u00a0Palestynse volkskap te erken, asook die Palestynse druk met &#8216;n VN-Veiligheidsraad konsepvoorstel om die Israeliese besetting van die Wesoewer binne twee jaar te be\u00ebindig. Israel het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[19026,9616,4869,8538,7334,7708,5174,12466,9366,14968,2848,9365],"class_list":["post-29021","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-aipac","tag-christene","tag-eu","tag-europa","tag-gasa","tag-hamas","tag-israel","tag-kuba","tag-palestyne","tag-premier-benjamin-netanyahu","tag-vsa","tag-wesoewer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29021","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29021"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29021\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29021"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29021"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29021"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}