{"id":29016,"date":"2014-12-18T18:11:01","date_gmt":"2014-12-18T16:11:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29016"},"modified":"2014-12-18T18:17:09","modified_gmt":"2014-12-18T16:17:09","slug":"manfred-delport-bloed-aan-carina-de-vries-papenfus-se-hande","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29016","title":{"rendered":"Bloed aan Carina de Vries Papenfus se hande"},"content":{"rendered":"<p>Een ding wat my telkens opval van die vyandigheid teenoor Afrikaners en Boere wat deesdae hoogty in Suid-Afrika vier, is dat dit juis ni\u00e9 swartmense is wat ons so vyandiggesind is nie. President Zuma het byvoorbeeld op Geloftedag, tydens die opening van \u2018n brug naby Bloedrivier, gepraat van hoe daar \u2018n brug tussen die Boere en die Zoeloes behoort tewees. Al te dikwels is dit egter blankes wat vyandig en kwaadwillig teen hul medeblankes optree.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-15429\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-150x150.jpg\" alt=\"delport_manfred_600\" width=\"100\" height=\"100\" \/><\/a>Hiervan is daar geen beter voorbeeld as die onsmaaklike petalje rondom die sogenaamde aanval op die plaaswerker, Flippie Engelbrecht, nie. Engelbrecht is na bewering deur twee blankes (hoe dan anders, sou die linkses s\u00ea?) op \u2018n plaas aangerand en het in die proses na bewering breinskade opgedoen, wat gelei het daartoe dat hy sy arms verloor het toe hy in \u2018n vuur geval het. Die hele storie is egter snert. Engelbrecht het reeds v\u00f3\u00f3r die beweerde aanval aan epilepsie gelei, en die vermeende aanval het dus beslis nie gelei tot die verlies van sy arms nie.<\/p>\n<p>Helaas, en hoe sal ek dit nou stel, kom mnr Engelbrecht ietwat arm van gees voor tydens die TV-onderhoude met hom wat ek al gesien het. Sy getuienis is dus nie van te veel waarde nie. Dit is daarom na my mening hoogs twyfelagtig of mnr Engelbrecht vanself \u2018n haatveldtog teen die twee blanke beskuldigdes in di\u00e9 saak, Wilhelm Treurnicht en Johnny Burger, sou kon of selfs wou voer. Iemand het hom bearbei. Iemand het hom aangehits. Dat daar dus wel \u2018n haatveldtog van stapel gestuur is teen die twee beskuldigdes, met kwade bedoelings, ly min twyfel. Die persoon wat di\u00e9 veldtog gevoer het, was egter nie \u2018n bruinmens soos mnr Engelbrecht nie.<\/p>\n<p>Nee, sy was \u2018n blanke. \u2018n Blanke vrou. Haar naam is Carina de Vries Papenfus. Let op: Weer eens \u2018n blanke wat haar eie volk verraai het en kwaadwillig opgetree het teenoor haar eie mense.<\/p>\n<p>Me Papenfus is wat eufemisties bekend staan as \u2018n kleurryke figuur. Sy is \u2018n voormalige prokureur, wat van die rol geskrap is agv twyfelagtige eiendomstransaksies. Me Papenfus beweer egter die skrapping het plaasgevind omdat sy aan depressie gely het. Haar krediteure huldig egter \u2018n heel ander mening as sy oor hierdie verdagte transaksies, wat na bewering bedrog en misdaad aan haar kant mag insluit.<\/p>\n<p>Sy het vanuit Kemptonpark gevlug na Hermanus, moontlik omdat die w\u00eareld in Kemptonpark vir haar te warm geword het. Wie weet \u2013 miskien het haar skuldeisers iemand soos Mike Bolhuis gehuur om hul geld by haar te probeer verhaal dmv \u2018n paar gebreekte ledemate. Nou goed, as jy jou na die Kaap gehaas het, jy is bankrot en jou loopbaan is aan flarde, na wie wend jy jou? Watter organisasie verwelkom vermeende misdadigers, met ope arms? (Nee, nie net die agterlike academici op Stalinbos nie!) Dis natuurlik die ANC, en hul meelopers wat op die wa van boere- en Boerehaat ry; idiote soos Marius Fransman en Nosey Pieterse.<\/p>\n<p>So ges\u00ea, so gedaan. Me Papenfus stig toe \u2018n organisasie bekend as The Freedom Trust, met slegs een doel voor o\u00eb: Om met die ANC te heul en blanke boere uit te verkoop, tot geldelike gewin van Papenfus. Interessant genoeg was die einste Papenfus terloops ook voor in die koor van gestremdes wat so op Facebook te velde getrek het teen Sunette Bridges se Rooi Oktober-veldtog, saam met die res van haar spul ingeteelde trawante op Skelmbos. Kyk hoe verbaas is ons almal nou oor die swak karakters van die individue wat so geskree het oor Rooi Oktober&#8230;.<\/p>\n<p>Dit is uiteraard totaal onwettig vir \u2018n prokureur wat van die rol geskrap is, om hom- of haarself as enige iemand se regsverteenwoordiger voor te doen, maar nietemin het me Papenfus presies so gemaak in die geval van Flippie Engelbrecht. In \u2018n walglike daad van hoogverraad teen haar eie volk, en met voorbedagte mala fides teenoor blanke boere, het sy Engelbrecht aangehits om klagtes van aanranding te l\u00ea teen menere Treurnicht en Burger. Sodoende het sy ook onmeetbare skade aangerig aan die voorheen goeie verhoudinge tussen boere en hul arbeiders, asook rasseverhoudings oor die algemeen. Haar kwaadwillige, agterbakse, oneerlike optrede het rampspoedige gevolge gehad.<\/p>\n<p>Mnr Burger het tragies selfmoord gepleeg in 2013, omdat hy nie meer die spanning kon hanteer nie.<\/p>\n<p>Sy medebeskuldigde, mnr Treurnicht, is egter vandag onskuldig bevind aan die aanval op mnr Engelbrecht. Uiteraard het dit ook derduisende aan regskostes en spanning gekos vir mnr Treurnicht.<\/p>\n<p>Een onskuldige persoon is dus dood agv Papenfus se toedoen. Een onskuldige persoon se lewe is ernstig ontspoor deur die walglike optrede van die beweerder-bedriegster, Carina de Vries Papenfus. Na my mening behoort Papenfus deur mnr Burger en mnr Treurnicht se naasbestaandes aangekla te word van verskeie misdade, onder andere haar onwettige voordoenery as Engelbrecht se regsverteenwoordiger, haar kwaadwillige vervolging van onskuldiges en die dwarsboming van die gereg. Sy het immers vir eie gewin \u2018n kwaadwillige vervolging aangehits. Dit sal waarskynlik geen doel dien om haar siviel te probeer vervolg nie, aangesien haar krediteure betreffende haar uiters verdagte eiendomstransaksies haar waarskynlik ook reeds probeer dagvaar.<\/p>\n<p>Ek weet nie wie my meer walg nie \u2013 tipes soos Robert McBride of die brein agter die Kerkstraatbom, Aboobaker Ismael \u2013 of kwaadwillige verraaiers soos Carina de Vries Papenfus nie. McBride en Ismael kan miskien nog die verweer opper dat hulle nie Boere of Afrikaners is nie. Ek kan nie aan enige moontlike verweer vir Papenfus dink nie.<\/p>\n<p>Een ding is egter seker: Die walglike McBride, Ismael en Papenfus het almal die bloed van onskuldige mense aan hul hande. In laasgenoemde se geval is dit nie net bloed aan haar hande nie, maar ook verraad.<\/p>\n<p><a class=\"twitter-follow-button\" href=\"https:\/\/twitter.com\/ManfredDelport\" data-show-count=\"true\" data-lang=\"nl\" data-size=\"large\">@ManfredDelport volgen<\/a><br \/>\n<script>\/\/ <![CDATA[\n!function(d,s,id){var js,fjs=d.getElementsByTagName(s)[0],p=\/^http:\/.test(d.location)?'http':'https';if(!d.getElementById(id)){js=d.createElement(s);js.id=id;js.src=p+':\/\/platform.twitter.com\/widgets.js';fjs.parentNode.insertBefore(js,fjs);}}(document, 'script', 'twitter-wjs');\n\/\/ ]]><\/script><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een ding wat my telkens opval van die vyandigheid teenoor Afrikaners en Boere wat deesdae hoogty in Suid-Afrika vier, is dat dit juis ni\u00e9 swartmense is wat ons so vyandiggesind is nie. President Zuma het byvoorbeeld op Geloftedag, tydens die opening van \u2018n brug naby Bloedrivier, gepraat van hoe daar \u2018n brug tussen die Boere [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[2188,227,4948,19024,10742,19025,12174,11013,12175],"class_list":["post-29016","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-afrikaners","tag-anc","tag-boere","tag-carina-de-vries-papenfus","tag-flippie-engelbrecht","tag-hermanus","tag-johnny-burger","tag-kemptonpark","tag-wilhelm-treurnicht"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29016","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29016"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29016\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29016"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29016"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29016"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}