{"id":29,"date":"2007-01-13T17:08:37","date_gmt":"2007-01-13T17:08:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=29"},"modified":"2007-01-13T17:08:37","modified_gmt":"2007-01-13T17:08:37","slug":"nigeri-hoogs-vlambaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29","title":{"rendered":"Nigeri?: Hoogs vlambaar"},"content":{"rendered":"<div><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Di&eacute; land, wat ongeveer 250   verskillende etniese groepe omvat, beleef sedert 1999 &#8216;n burgerlike bewind en   bypassende nuwe grondwet wat danksy internasionaal erkende verkiesings &#8216;n   relatief stabiele bestel kon verseker.<\/font>   <\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Dat Olusegun Obasanjo besluit   het om &#8216;n grondwet-amendement aan te bring om hom in staat te stel om nog &#8216;n   termyn aan te bly n&aacute; 2007 se verkiesings, het teenstanders asook   ondersteuners van die president egter aan die mor en word hy deesdae onvleiend   met sy voorganger genl. Sani Abacha, bewindhebber van die vorige ongewilde   milit&ecirc;re diktatuur, vergelyk.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Obasanjo het veral die   Moslemstem in die noorde van die land nodig om weer te wen en tot dusver het   sy visepresident wat daardie ondersteuning verseker, Atiku Abubakar, nog nie   aangedui dat &#8216;n derde termyn vir hom &#8216;n lastigheid sal wees nie. Waarskynlik   beskou Abubakar dit eerder as &#8216;n geleentheid om sy mag verder uit te brei as   die stemme in 2007 getel word.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die derde termyn-kwessie is   egter besig om in &#8216;n probleem te ontaard wat nie net &#8216;n opvolgstryd behels   nie, maar ook ernstige woelinge rondom die land se dalende olieproduksie   insluit. Sedert die begin van die jaar waarsku ontleders dat die sporadiese   aanvalle en sabotasie op pyplynolietoevoer verder uitgebrei sal word na   olieplatforms naby die kus vanwe&euml; politieke onrus en dat dit die prys van   ru-olie verder nadelig sal be&iuml;nvloed.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die eertydse geloof dat   ru-olieplatforms net af van die kus van Wes-Afrika dus minder politieke risiko   inhou as die vasteland self is besig om in oliekringe ernstig heroorweeg te   word. Aanvallers slaag al daarin om met behulp van gemotoriseerde   rubberbootjies sover as 50km van die kus toe te slaan en skade aan te rig.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Nigeri&euml; voorsien o.a. die   VSA van &#8216;n vyfde van sy ru-olieinvoere en lewer &#8216;n besonder lae-swaelinhoud,   oftewel &#8216;n &quot;soet&quot; ru-olie, wat teen &#8216;n lae raffineringskoste na   goeie gehalte brandstof omgeskakel kan word.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die Ijo-etniese groep,   histories die slawehandeltussengangers tussen Europese en swart binnelandse   slawehandelaars, wat toevallig ook onder die diktator Abacha kon floreer, voel   soos talle regeringsopponente die kontantknyp van Nigeri&euml; se   olieproduksieprobleme en ontoereikende regering. Hulle antwoord daarop is &#8216;n   toenemend goed georganiseerde guerillamag by name MEND (Movement for the   Emancipation of the Niger Delta).<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Hierdie geheimsinnige   guerilla-vegters word deur kenners as heel effektief beskou. Hul   beweeglikheid, vuurkrag en presisie is besig om die w&ecirc;reld se oliemarkte te   laat kennis neem van hul voorneme om, soos dit aan die begin van die jaar   gestel is, &quot;Nigeri&euml; se olieuitvoerkapasiteit heeltemal te   vernietig&quot;. Daar word voorts bespiegel dat opleiding en vaardighede vanaf   die insurgensieoorlog in Irak uitkring en stadig maar seker na ander   potensi&euml;le konflikgebiede oorspoel.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die burgerlike bewind in   Nigeri&euml; het ook intussen nie veel gedoen om hul enorme olie-inkomste meer   verstandig aan te wend as die vorige milit&ecirc;re een nie. Hulle is daarom nie   verniet saam met lande soos Tsjad en Ha&iuml;ti amper heel onderaan die 2005   korrupsie-indeks van die Berlynse kantoor van Transparency International nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Shell, wat verantwoordelik is   vir die helfte van Nigeri&euml; se ru-olieproduksie, het in 2004 &#8216;n studie befonds   waarin aangetoon word dat die per capita-inkomste van die streek waaruit die   guerillas vandag gewerf word onder die nasionale gemiddeld van $260 val en dat   werkloosheid op sekere plekke daar 90% oorskry. Die ironie is dat die   oliemaatskappy se moeite en onkoste vandag dubbel en dwars met terreur deur   dieselfde inwoners beloon word.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Van &#8216;n problematiese   buitelandse betrokkenheid deur oliemaatskappye in Nigeri&euml; is daar natuurlik   reeds lankal sprake n&aacute; die teregstelling van die aktivis Ken Saro-Wiwo wat   die onderdrukking en uitbuiting van etniese minderhede in die olieryke   Nigerdelta te berde wou bring. Shell se simpatieke houding teenoor die vorige   bewind was destyds &#8216;n steen des aanstoots vir vele. Selfs ANC-simpatiseerders   het in 1995 op &#8216;n boikot van Shell in Suid-Afrika aangedring!<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Daarom sal verskerpte   terreuraksies deur &#8216;n etniese minderheid in die delta nie noodwendig   onsimpatiek deur die buitew&ecirc;reld beje&euml;n word nie. &#8216;n Stygende olieprys   sonder twyfel wel. In hulle aksies tot dusver het die guerillavegters wonder   bo wonder ook die steun van die plaaslike bevolking behou en dit vergemaklik   nie die taak van Nigeriese regeringsmagte om die weerstand kort te vat nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Met die aanhouding van   buitelandse gyselaars het die selfaangestelde guerillasegsman, Jomo Gbombo,   ges&ecirc; dat Shell toestemming aan regeringsmagte verleen het om hul milit&ecirc;re   helikopters op Shell-eiendom te laat land en bygevoeg dat daar geen tekort is   aan &quot;dinge om te vernietig&quot; om di&eacute; samewerking te be&euml;indig nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die w&ecirc;reld se derde grootste   oliereus het reeds 330 werknemers landuit gestuur en vier pompstasies gesluit   nadat hulle ontvoerings van personeel moes trotseer wat agterna as gyselaars   aangehou is. Di&eacute; maatskappy rekruteer blykbaar nou teen &#8216;n astronomiese koste   &quot;gesoute&quot; vrywilligers, om hul bedryf in die Nigerdelta aan die gang   te hou.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Daar is sprake dat die eerste   drie maande vir gewone vrywilligers teen $100 000 per maand vergoed word en   $500 000 kontant op die tafel word aangebied vir enige vaste kontrak daarna.   Desnieteenstaande is Shell se produksie met &#8216;n geraamde 10% ingekort vanwe&euml;   hierdie probleme. Sommige ontleders meen dat dit selfs 20% mag wees. In elk   geval word &#8216;n aansienlike 650 000 vate per dag minder uitgepomp omdat   toestande so onveilig en onstabiel vir alle betrokkenes in die gebied geraak   het.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Omdat Shell nie sy   voorsieningsverpligtinge kontraktueel kan nakom nie word die juridiese   skuiwergat van <em> force majeure<\/em> tans gebruik om die daling in produksie a.g.v.   voortslepende onrus, te dek. Daarvolgens verklaar Shell dat omstandighede   buite beheer van die maatskappy veroorsaak dat verliese gelei word om eisers   te ontmoedig.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die &quot;sukses&quot; wat   met Shell behaal is, het kennelik daarvoor gesorg dat MEND op 12 Mei 2006   d.m.v. &#8216;n epos aan Reuters aangekondig het dat die w&ecirc;reld se grootste   gasomskakelingsaanleg volgende in die slag gaan bly. Die aanleg is op   Bonny-eiland gele&euml; van waar die 20 tot 30 miljard kubieke meter opbrengs per   spesiaal ingerigte tenkskepe na verskillende verre bestemmings reis. Japan,   Suid-Korea en Taiwan staan boaan die lys van hierdie aardgas-invoerders.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Di&eacute; aardgasaanleg staan   bekend as die Nigeria Liquefied Natural Gas (NLNG) en vyf van die beplande ses   stelsels skakel hoofsaaklik metaangas na &#8216;n vloeibare en sodoende meer   vervoerbare produk om.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Onlangs was Rusland se   voorsiening van di&eacute; immer gewilder en skoner vorm van energie aan die EU in   die nuus toe die Russiese voorsiener Gazprom gedreig het om die krane toe te   draai indien die EU nie meer opdok nie. Dat betroubare energievoorsiening &#8216;n   aller belangrike politieke hefboom geraak het, is geen oordrywing nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">D&iacute;t het die MEND-guerillamag   in Nigeri&euml; beslis verstaan. Voorheen was oliepyplynsabotasie eerder gemik op   sogenaamde &quot;bunkering&quot; of kleinskaalse diefstal en van die   ontploffings waarin dikwels soveel as 200 onskuldiges met hul lewens moes   boet, is deur onbeholpe en haastige diewe veroorsaak en was nie noodwendig   beplande terreur nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die saboteurs was hoofsaaklik   daarop uit om hul invloed of kontantvloei of verkieslik albei te verhoog en   die ontploffings min of meer &quot;bonusse&quot; vir die aanvallers omdat dit   in die media aangekondig is. Die inwoners wat direk onder die onbeholpe   sabotasie moet ly, neem blykbaar steeds nie die daders kwalik vir die   gepaardgaande lewensverlies nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Ten spyte van voortdurende   etniese wrywing en godsdiensverskille in Nigeri&euml; word godsdienstige aansprake   met minder toewyding gevoer as byvoorbeeld in die Midde-Ooste; gelukkig het   allerlei beswaardes nog geen selfmoordbomdraers opgelewer om sulke ongelukke   te wreek nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Daardie voordeel mag   binnekort iets van die verlede wees. &#8216;n Gelukkie wat MEND tref kan aansienlike   buitelandse druk op die regering plaas om gehoor te gee aan oplaaiende   binnelandse eise. Soos dit in Afrika gaan, sal dit sonder die sterk man   Obasanjo of sy opvolger, feitlik onmoontlik wees om aan &#8216;n uiteenlopende   aantal stemme gelyk gehoor te gee.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die stygende oliepryse en   sterk energie-aanvraag wink. Die tafel is gedek vir &#8216;n felle stryd en Obasanjo   is nie sonder meer verseker van sy Westerse steunpilare nie omdat nog &#8216;n   termyn vir hulle ongetwyfeld &#8216;n verleentheid sal wees.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Wat seker is, is die feit dat   vloeibare aardgas hoogs vlambaar kan wees.<\/font> <\/p>\n<\/div>\n<p>  <strong><a href=\"http:\/\/www.praag.org\/rubriek58.htm\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\"><\/font><\/a><\/strong><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\/ru\/yahting-i-ego-osobennosti\/\">\u0432\u0441\u0435\u0440\u043e\u0441\u0441\u0438\u0439\u0441\u043a\u0430\u044f \u0444\u0435\u0434\u0435\u0440\u0430\u0446\u0438\u044f \u043f\u0430\u0440\u0443\u0441\u043d\u043e\u0433\u043e \u0441\u043f\u043e\u0440\u0442\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die toekoms van Afrika se dig   bevolkste en grootste olieprodusent lyk deesdae minder rooskleurig. Dit wil   voorkom asof die donker wolke van die vasteland se soveelste burgeroorlog   besig is om in die Nigerdelta op te steek. Indien grootskaalse binnelandse   konflik in Nigeri&euml; wel vermy kan word, sal politieke spanninge nietemin vir   &#8216;n uiters stormagtige toestand in die afsienbare toekoms sorg.<\/font><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[],"class_list":["post-29","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}