{"id":2897,"date":"2008-09-25T03:55:12","date_gmt":"2008-09-25T03:55:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2897"},"modified":"2008-09-25T03:55:12","modified_gmt":"2008-09-25T03:55:12","slug":"politieke-aardskudding-in-beiere-verwag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2897","title":{"rendered":"Politieke aardskudding in Beiere verwag"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Sedert 1962 heers Merkel se party alleen in Beiere en die opposisie meen dat politiek, staat en sakebelange op &#39;n ongesonde wyse vermeng word. Alhoewel M&uuml;nchen se Theresienwiesepark ewe vrolik daaruit sien met voorbereidings vir die Oktoberfees, is politieke gemoedere donker.<\/p>\n<p>  Die gesiene Politbarometer-meningspeiling gee die sukkelende CSU slegs 47% waar die party in 2003 met meer as 60% as oorwinnaar uitgestap het. Die vraag was altyd hoe ver die CSU gaan wen en nie &ograve;f hulle gaan wen nie, s&ecirc; Sepp Daxenberger van die Groenes. Die CSU sal waarskynlik gedwing word om met die FDP &#39;n koalisieregering te vorm.<\/p>\n<p>  Op Federale vlak sal die nederlaag voelbaar wees aangesien Merkel se &quot;Groot Koalisie&quot; in die Bundesrat, die oppergesag in die Nasionale Parlement, baie sal verswak. Dit plaas dadelik ook &#39;n vraagteken oor haar kanse om in volgende jaar se verkiesing sukses te behaal, omdat die oorvloedige stemme in Beiere opgedroog het.<\/p>\n<p>  Die CSU staan ook onafhanklik in Europese verkiesings en omdat die afsnypunt nasionaal bepaal word, mag hulle uitval in die volgende EU-rondte en invloed in die Europese parlement verloor. Die uitslag van die naweek se stemmery gaam beslis tot in Brussel gevoel word.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free blackjack no download<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/merkel.jpg\" width=\"225\" height=\"169\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Indien Die CSU, oftewel die Christen-Sosiale Unie, Sondag in Duitsland hulle algehele meerderheid in die deelstaat Beiere verloor, sal dit niks minder as &#39;n rewolusie in Duitse politiek wees nie. En vir die eerste keer in 46 jaar lyk dit asof so &#39;n nederlaag waarskynlik is. Die verlies aan invloed kan verreikende gevolge vir kanselier Angela Merkel inhou.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089],"class_list":["post-2897","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2897","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2897"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2897\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2897"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2897"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2897"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}