{"id":2896,"date":"2008-09-25T03:51:37","date_gmt":"2008-09-25T03:51:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2896"},"modified":"2008-09-25T03:51:37","modified_gmt":"2008-09-25T03:51:37","slug":"die-baader-meinhofkompleks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2896","title":{"rendered":"Die Baader-Meinhofkompleks"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Baader en Meinhof het &#39;n terreurgroep genaamde die RAF (Rote Armee Faktion) gestig wat hom op politieke sluipmoorde, bomaanvalle en ontvoerings toegespits het.<\/p>\n<p>Die film open vandag in Duitsland nadat enkel voorvertonings aan die media en familie van slagoffers plaasgevind het. Kritici kla reeds dat die film baie gewelddadig is en moontlik tot heldeverering vir die terroristegroep mag lei.<\/p>\n<p>Bettina Roehl, die dogter van die bende se medeleier, Ulrike Meinhof, skryf in haar webjoernaal: &quot;Die Baader Meinhof Komplex is die ergste moontlike scenario &#8211; dis nie moontlik om die film se heldeverering te oortref nie.&quot;<\/p>\n<p>Die filmkritikus van die Berliner Zeitung meen dat die film aan Andreas Baader, die ander bendeleier en seun van &#39;n geskiedenisprofessor, die status van waaghals verleen waarvoor hy nog altyd gewens het. &quot;Uiteindelik het hy gekry wat hy wou h&ecirc;. Postuum het hy nou die held van &#39;n regte aksiefliek geword,&quot; meen hy.<\/p>\n<p>Baader is tronk toe gestuur omdat hy bomme in twee Frankfurtse afdelingswinkels gestel het. N&aacute; sy ontsnapping is die Baader-Meinhofbende gebore, wat die naam Rooile&euml;rfaksie (RAF) aangeneem het.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2008\/09\/hk_g36_ag36.jpg\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 290px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/hk_g36_ag36_290.jpg\" width=\"290\" height=\"108\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">&#8216;n Noodsaaklike handelsmerkbykomstigheid: aanvalsgeweer van Heckler en Koch<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span><\/a> Baader was lief vir Porsches en het hom op die Hollywood-akteur Marlon Brando gemodelleer. Ulrike Meinhof was &#39;n suksesvolle joernalis en saam het die twee glans aan die bende verleen, iets wat tot vandag toe in die popul&ecirc;re kultuur geld waar mense van &quot;terroristesjiek&quot; praat.<\/p>\n<p>Hierteenoor kla familielede van hul destydse slagoffers dat die gesinne nie in kennis gestel is oor gebeure wat in die film behandel word nie. Michael Buback, seun van die federale aanklaer Siegfried, het eers ten aanskoue van die film uitgevind dat sy vader se moord daarin voorgestel word. Die toneel wys hoe &#39;n terroris wat haar as kinderoppasser voordoen &#39;n masjiengeweer uit haar kinderwaentjie haal in &#39;n straat in Keulen waarna sy op die aanklaer en sy lyfwagte losbrand.<\/p>\n<p>Die vervaardiger van die film is Bernd Eichinger, wat ook verantwoordelik was vir die omstrede film oor Hitler, Der Untergang (Die Ondergang) wat volgens sommige &#39;n te simpatieke uitbeelding van die Duitse diktator verskaf het. Ander eietyds historiese films wat hy gemaak het, is Totsiens Lenin, &#39;n verhaal oor kommunistiese Oos-Duitsland, asook Die lewens van ander.<\/p>\n<p>Die huidige film is gebaseer op &#39;n boek deur die voormalige redakteur van Der Spiegel, Stefan Aust, wat vele van die terroriste leer ken het. Die dialoog is gegrond op korrespondensie tussen hom en bendelede. Die regisseur, Udi Edel, het gepoog om alles so &quot;waarheidsgetrou as moontlik&quot; te maak, sowel die dialoog as die aantal koe&euml;ls wat in elke aanval afgevuur is. In antwoord op kritiek dat die film die terroriste te simpatiek uitbeeld, het hy ges&ecirc;: &quot;Ons het doelbewus die kameras langs die slagoffers geplaas, sodat ons kan sien wat hulle sien&#8230; om die mite te vernietig wat rondom die RAF ontstaan het.&quot;<\/p>\n<p>Jorg Schleyer, die seun van die vermoorde nyweraar Hans Martin Schleyer, meen dit was &quot;te pynlik&quot; om die heropvoering van sy vader se dood te aanskou, maar het die eerlikheid geprys waarmee &quot;die gevoellose bende moordenaars uitgebeeld word&#8230; sonder om afbreuk aan die herinnering van hul slagoffers te doen&quot;.<\/p>\n<p>Frank Schirrmacher, die redakteur van die Frankfurter Allgemeine-koerant, s&ecirc; die film is &quot;hartverskeurend in sy lewensgetrouheid en het die potensiaal om die RAF in &#39;n nuwe lig te stel&quot;.<\/p>\n<p>&#39;n Ander kritikus, Jan Schulz-Ojala van Der Tagesspiegel, het egter die M&uuml;nchen-gebaseerde vervaardiger daarvan beskuldig dat hy die geskiedenis soos &#39;n afvalprosesseringsmasjien behandel. &quot;Hulle neem die radio-aktiewe afval van ons volk en begrawe dit in films,&quot; skryf hy. Op soortgelyke wyse gaan die produksiehuis se volgende film, Anoniem, die verhaal vertel van die massaverkragtings van Duitse vroue deur Russiese soldate n&aacute; die verowering van Berlyn in 1945.<\/p>\n<p>Die Rote Armee Faktion (RAF) het uit die studentebeweging van die sestigerjare onder leiers soos Rudi Dutschke ontstaan en hul lede is aanvanklik verpolitiseer deur anti-Amerikaanse betogings rondom die Vi&euml;tnam-oorlog en Amerikaanse kernwapens wat in Duitsland gestasioneer is. Altesame 34 mense het omgekom, waaronder Baader en Meinhof wat albei selfmoord gepleeg het in die Stammheim-gevangenis in Stuttgart. &#39;n Tweede geslag het daarna die stryd namens hulle begin voer, maar die groep het uiteindelik in 1998 opgehou bestaan.<\/p>\n<p>Onlangs in Duitsland het &#39;n nuwe geslag grootgeword met &quot;terroristsjiek&quot;, met heelwat boeke, films en items waaronder &quot;Prada Meinof&quot;-T-hemde en sakke met die groep se embleem in die vorm van &#39;n Heckler en Koch-masjiengeweer.<\/p>\n<p>Ook in Afrikaans het die Baader-Meinhofkultus in die laat sewentigerjare aandag onder jeugdiges getrek en &#39;n hele paar gedigte is aan hulle opgedra soos byvoorbeeld die volgende vers uit die laat sewentigerjare wat in Johannesburg verskyn het:<\/p>\n<\/div>\n<p><strong>la libert&eacute; ou la mort<\/strong><br \/>vir die royal air force<\/p>\n<p>andreas baader<br \/>anders as die ander<br \/>aanhalers van marcuse en horkheimer<br \/>was jy nooit student nie<\/p>\n<p>sommer in berlyn opgedaag<br \/>en vir gudrun e. ontmoet<br \/>want in frankfurt het die bundeswehr<br \/>jou kakgegee met &#39;n oproep tot<\/p>\n<p>fok dit fok dat <br \/>fok die fasciste<br \/>te hel met die varke<br \/>ondialektiese uitsprake tot enigsinse<br \/>misnoe&euml; van ulrike m.<\/p>\n<p>maar jy kon motors steel<br \/>en nou was daar niks meer<br \/>wat jou kon vermaak nie<br \/>pornografie van &#39;n wirtshaftswunder<br \/>die orgie in die slaghuis<br \/>van &#39;n vi&euml;tnam<br \/>het jou minder ontroer<br \/>as die besef van jou akteurskap<br \/>al doen jy nou ook wat<br \/>om amerika agter glas<br \/>van &#39;n televisieskerm by te kom<\/p>\n<p>tydens die tronkbesoek<br \/>wou die sartre jou vra<br \/>hoekom jy bomme plant<br \/>sonder enigiemand se toestemming<br \/>maar jy was glo te uitgeput<br \/>om sommer net te antwoord<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/22-potolochnye-svetil-niki\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><a href=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2008\/09\/baader_meinhof_komplex_500.jpg\"><\/a> &#39;n Nuwe film maak vandeesweek opslae in Duitsland. Der Baader Meinhof Komplex is Duitsland se amptelike inskrywing vir aanstaande <a href=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2008\/09\/baader_meinhof_komplex_500.jpg\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 290px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/baader_meinhof_komplex_290.jpg\" width=\"290\" height=\"193\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\">Kinderoppasser met masjiengeweer<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span><\/a> jaar se Oscar-kompetisie en beeld die lewens van die twee linkse Duitse terroriste uit die sewentigerjare, Andreas Baader en Ulrike Meinhof, uit.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":2894,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[99],"tags":[2789,21125,21091],"class_list":["post-2896","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c90-flieks","tag-die-baader-meinhofkompleks","tag-c90-flieks","tag-s27-vermaak"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2896","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2896"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2896\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/2894"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2896"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2896"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2896"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}