{"id":28831,"date":"2014-12-11T09:28:06","date_gmt":"2014-12-11T07:28:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28831"},"modified":"2014-12-11T09:28:06","modified_gmt":"2014-12-11T07:28:06","slug":"raspolitiek-maak-van-namibie-eenpartystaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28831","title":{"rendered":"Raspolitiek maak van Namibi\u00eb eenpartystaat"},"content":{"rendered":"<p>Politieke ontleders kla dat Namibi\u00eb \u2019n eenpartystaat is omdat die opposisie te verdeeld is.<\/p>\n<p>Vorige pogings om &#8216;n koalisie tussen opposisiepartye te vorm, het ook skipbreuk gelei weens Swapo se onbeskaamde rassebeleid.<\/p>\n<p>Alhoewel\u00a0die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) goed in die onlangse verkiesing gevaar het,\u00a0is daar nie gemeenskaplike gronde vir samewerking met ander partye nie, meen sommige ontleders.<\/p>\n<p>\u201cOns het die Republican Party (RP) en die Rally for Democracy and Progress (RDP) gehad en dit het nie gewerk nie. Ek sien net geen basis vir \u2019n betekenisvolle koalisie nie,\u201d het dr Nico Horn ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie National Unity Democratic Organisation (Nudo) en die United Democratic Front (UDF) is baie etnies. Hulle moet dit oorweeg om hul vlerke te sprei\u201d het Horn ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy meen voorts dat die president van DTA, mnr. McHenry Venaani, dit ook sterk moet oorweeg om sy party se voorkoms te verander en dit te herbou.<\/p>\n<p>\u201cDie RP lyk nie of hulle weet wat hulle doen of vir wie hulle teiken nie. Ek weet hulle het onlangs ges\u00ea wit mense is apolities. Dit is nie waar nie, daar is geen party wat eksklusief die wit mense se belange verteenwoordig nie,\u201d meen Horn.<\/p>\n<p>Volgens dr. Henning Melber, sal Namibiese politiek na die afgelope verkiesing nog meer gekenmerk word deur eenparty-oorheersing.<\/p>\n<p>In sy ontleding \u201cThe people have voted \u2013 or not\u201d, gepubliseer deur die Nordiese Afrika-instituut, s\u00ea Melber die opposisie in die land is duidelik meer verdeeld as ooit, wat hul swakheid as politieke krag benadruk.<\/p>\n<p>Namibi\u00eb bly volgens Melber \u2019n de facto eenparty-demokrasie en hoewel die land \u2019n veelpartystelsel het, gereeld verkiesings hou, demokratiese grondwetlike beginsels, beskermde burgerlike vryhede, \u2019n redelik onafhanklike regbank en onafhanklike media het, is daar geen gelyke speelveld nie.<\/p>\n<p>Omdat net Swapo geld en middele het om die massas te mobiliseer, bly party, regering en staat volgens Melber ongesond ineengestrengel.<\/p>\n<p>Opposisiepartye het verlede week op \u2019n vergadering besluit om opsies vir toekomstige samewerking tussen die partye te oorweeg.<\/p>\n<p>Hulle sal ook\u00a0\u2019n oudit van al die beweerde ongerymdhede gedurende die verkiesings doen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Politieke ontleders kla dat Namibi\u00eb \u2019n eenpartystaat is omdat die opposisie te verdeeld is. Vorige pogings om &#8216;n koalisie tussen opposisiepartye te vorm, het ook skipbreuk gelei weens Swapo se onbeskaamde rassebeleid. Alhoewel\u00a0die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) goed in die onlangse verkiesing gevaar het,\u00a0is daar nie gemeenskaplike gronde vir samewerking met ander partye nie, meen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28831\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Raspolitiek maak van Namibi\u00eb eenpartystaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18972,18971,18970,6831,18973,6827],"class_list":["post-28831","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-demokratiese-turnhalle-alliansie","tag-dta","tag-eenpartystaat","tag-namibie","tag-rassebeleid","tag-swapo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28831","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28831"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28831\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28831"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28831"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28831"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}