{"id":28829,"date":"2014-12-11T09:00:42","date_gmt":"2014-12-11T07:00:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28829"},"modified":"2014-12-11T09:29:05","modified_gmt":"2014-12-11T07:29:05","slug":"swapo-spoeg-vuur-oor-grond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28829","title":{"rendered":"Swapo spoeg vuur oor grond"},"content":{"rendered":"<p>Die amptelike bekendstelling van Namibi\u00eb se geskiedkundige Nasionale Aksieplan vir Menseregte 2015 \u2013 2019 is Dinsdag oorskadu deur die pres. Pohamba se woede-uitbarsting teen koloniale grondbesitters en diegene wat oor grondbelasting kla.<\/p>\n<p>President Hifikepunye Pohamba het vir \u2019n tyd van sy amptelike toespraak afgewyk en sy aanval begin deur uit te vaar teen die \u201cDuitsers\u201d en die \u201capartheid-regime\u201d asook die Ruiterstandbeeld wat vroe\u00ebr voor die Alte Feste-museum gestaan het.<\/p>\n<p>\u201cToe ons die Ruiterstandbeeld verwyder het, het ons \u2019n nuwe monument opgerig wat vertel wat werklik gebeur het\u201d.<\/p>\n<p>Pohamba het verwys na Namibi\u00ebrs van Europese oorsprong wat nie oor die verlede wil praat nie.<\/p>\n<p>\u201cHulle kom van die Europese vasteland, maak van ons slawe en doen allerhande dinge met ons.\u201d Volgens Pohamba moet oor di\u00e9 dinge gepraat word. \u201cOns kinders moet weet; dis ons geskiedenis.\u201d<\/p>\n<p>Hy het verwys na Namibi\u00eb se geskiedenis van Duitse heerskappy en jare van apartheid.<\/p>\n<p>\u201cMense is doodgemaak. Eers deur die Duitsers en toe deur die apartheid-regime. Di\u00e9 wat oor die grens gevlug het, die vlugtelinge, is oor die grens gevolg en by Cassinga doodgemaak.\u201d<\/p>\n<p>Vandag, s\u00ea Pohamba, is dit hierdie einste mense wat nou as die kampioene van menseregte gesien wil word.<\/p>\n<p>Hy het verwys na petisies wat die des\u00adtydse Swapo-leiers opgestel en aan die Verenigde Nasies voorgel\u00ea het. Hul pleidooie het egter op dowe ore geval, s\u00ea Pohamba, omdat die meerderheid wat dit moes aanhoor, van Europese oorsprong was.<\/p>\n<p>\u201cOns het teen die wit mense van Europa gepraat wat gekom het om ons h\u00ed\u00e9r te koloniseer!\u201d<\/p>\n<p>Volgens Pohamba is dit dieselfde mense wat blyk die grootste kampvegters vir menseregte te wees.<\/p>\n<p>Hy het na Namibi\u00eb se stryd om onafhanklikheid as \u201clank en bitter\u201d verwys, met \u201ckosbare lewens wat geoffer is.\u201d<\/p>\n<p>Pohamba het ook \u2019n woord vir buurland Suid-Afrika gehad en ges\u00ea hulle is deur die Europe\u00ebrs ondersteun.<\/p>\n<p>\u201cToe ons gevra het vir soldate, toe s\u00ea hulle ee\u2019.\u201d<\/p>\n<p>Die staatshoof het teenoor gaste by die geleentheid erken hulle sou seker eerder wou h\u00ea hy moet \u201cdiplomasie\u201d oorweeg, maar ges\u00ea \u201cdie waarheid moet vertel word\u201d.<\/p>\n<p>Pohamba het in die destydse Rhodesi\u00eb gaan draai en verwys na die dag toe Ian Smith aan bewind gekom het.,\u201cOns (Swapo) het gevra vir optrede. Niks.\u201d<\/p>\n<p>Maar, het hy getier, vandag is dit dieselfde mense wat, wanneer iets in di\u00e9 land gebeur en veral as dit oor die omstrede grondkwessie gaan, sanksies teen Zimbabwe toepas. \u201cMaar julle kon dit nie teen Ian Smith doen nie, dis nie regverdig nie! Ons raak emosioneel, want ons het die gruweldade gesien!\u201d<\/p>\n<p>Hy het 21 Maart 1990 as \u2019n \u201cglorieryke dag\u201d beskryf toe die \u201clas\u201d verwyder en die \u201ctoekoms omhels\u201d is. \u201cAl ons mense, nie net swart nie. Wit ook, ja, selfs di\u00e9 wat ontplooi is om gruweldade teen swart Namibi\u00ebrs te pleeg.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Pohamba was dit stigterpresident Sam Nujoma wat vir rekonsiliasie gevra het. \u201cDit was nie maklik om te aanvaar nie, maar dis waarom \u2019n mens die man bewonder.\u201d Die staatshoof het gemaan dit is nie net gebaseer daarop om \u201csaam met \u2019n wit man aan \u2019n tafel te eet nie,\u201d maar ook op grond.<\/p>\n<p>Hy het uitgevaar teen di\u00e9 wat grond van swart mense gekonfiskeer het, maar dit nie wil laat gaan nie.<\/p>\n<p>\u201cDie basis van die vryheidstryd was nie om net saam aan die tafel te eet nie!\u201d Pohamba het beklemtoon menseregte sluit die reg tot grond in. \u201cOns mense voel gediskrediteer omdat hulle nie grond besit nie, grond wat besit word deur die kinders van di\u00e9 wat gekom het om ons te koloniseer!\u201d<\/p>\n<p>Hy het ook vuur gespoeg teenoor di\u00e9 wat oor grondbelasting kla. \u201cHulle wil nie h\u00ea die regering moet die geld h\u00ea om die grond van hulle te koop nie, dis wat dit indirek beteken!\u201d<\/p>\n<p>Hy het wel lof gehad vir Swapo se besluit om gelyke verteenwoordiging tussen mans en vroue as deel van hul partystrukture te h\u00ea. \u201cDis \u2019n weerspie\u00ebling om te wys mans en vroue is gelyk.\u201d<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die amptelike bekendstelling van Namibi\u00eb se geskiedkundige Nasionale Aksieplan vir Menseregte 2015 \u2013 2019 is Dinsdag oorskadu deur die pres. Pohamba se woede-uitbarsting teen koloniale grondbesitters en diegene wat oor grondbelasting kla. President Hifikepunye Pohamba het vir \u2019n tyd van sy amptelike toespraak afgewyk en sy aanval begin deur uit te vaar teen die \u201cDuitsers\u201d &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28829\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swapo spoeg vuur oor grond&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18969,5227,9625,6969,4111,6831,6827],"class_list":["post-28829","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-cassinga","tag-duitsland","tag-grond","tag-kolonialisme","tag-landbou","tag-namibie","tag-swapo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28829","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28829"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28829\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28829"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28829"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28829"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}