{"id":28819,"date":"2014-12-10T09:38:11","date_gmt":"2014-12-10T07:38:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28819"},"modified":"2014-12-10T09:38:11","modified_gmt":"2014-12-10T07:38:11","slug":"kees-gryp-vierjarige","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28819","title":{"rendered":"Kees gryp vierjarige"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Vierjarige dogtertjie is verlede Woensdag vir etlike meter aan die arm gesleep toe sy deur \u2018n bobbejaan by \u2018n bekende piekniek-plek in die Nasionale Kruger-wildtuin (NKW) gegryp is, het die Lowvelder berig.<\/p>\n<p>\u2018n Oog-getuie, mnr. Theuns Koen, het aan Laevelder vertel hoe \u2018n groot bobbejaan, waarskynlik die brandwag, die kind by die Nkuhlu-piekniekplek gegryp het en sowat vier meter ver met haar gehardloop het, voordat hy haar neergegooi het.<\/p>\n<p>Volgens Koen het sy langs haar ouma geloop toe die dier haar gryp.<br \/>\n\u201cEk het met \u2018n besemstok op hom afgestorm en hy het haar gelukkig gelos. Sy het geen bytmerke aan haar lyfie gehad nie, maar was erg getraumatiseerd.\u201d<\/p>\n<p>Koen het vroe\u00ebr onder dieselfde trop deurgeloop toe hy saam met familie en vriende by di\u00e9 plek \u2013 tussen Laer Sabie en Skukuza \u2013 gestop het.<\/p>\n<p>\u201cOns het net die vleis op die rooster gehad en die tafel klaar gedek, toe vyf bobbejane op ons afstorm. Hulle het uit alle rigtings op ons toegesak.<\/p>\n<p>Een het bo-op my vriendin se rug gespring, die glas uit haar hand gestamp en daarna met die broodrolletjies weggehardloop.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Koen het hulle met hul aankoms die diere opgemerk, maar is \u2018n besemstok gegee om hulle te verjaag. \u201cDie personeel het ges\u00ea die bobbejane is bang vir die besemstokke, maar dit was beslis nie die geval nie.\u201d \u201cEk is die duiwel in en het besef hier kan \u2018n mens nie meer stop nie. Di\u00e9 plek sal my nie weer sien nie,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens Koen was daar wel \u2018n man wat die area gepatrolleer het, maar di\u00e9 was aan die ander kant van die kamp. Daar is ook geen waarskuwingstekens nie, \u2013 slegs \u2018n \u201cgeen alkohol\u201d-kennis-gewing.<br \/>\nLaevelder het die wildtuin gekontak en alhoewel daar volgens mnr. Oubaas Coetzer, kommunikasiewoordvoerder van die Skukuza-polisiestasie, geen amptelike klagte ingedien is nie, dra die park wel kennis van die bobbejaan-probleem by Nkuhlu.<\/p>\n<p>Volgens dr. Freek Venter, bestuurder van bewaringsbestuur van die NKW, is hulle reeds besig om aandag aan die probleem te gee.<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2018n voerplek vir die bobbejane gemaak en \u2018n groot vanghok is gestel.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns hoop om hulle binnekort te hervestig.\u201d<\/p>\n<p>Venter het \u2018n beroep op besoekers gedoen om geen diere te voer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Vierjarige dogtertjie is verlede Woensdag vir etlike meter aan die arm gesleep toe sy deur \u2018n bobbejaan by \u2018n bekende piekniek-plek in die Nasionale Kruger-wildtuin (NKW) gegryp is, het die Lowvelder berig. \u2018n Oog-getuie, mnr. Theuns Koen, het aan Laevelder vertel hoe \u2018n groot bobbejaan, waarskynlik die brandwag, die kind by die Nkuhlu-piekniekplek gegryp &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28819\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kees gryp vierjarige&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18963,18962,13939,5139],"class_list":["post-28819","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-bobbejaan","tag-kees","tag-nasionale-krugerwildtuin","tag-plaag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28819","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28819"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28819\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28819"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28819"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28819"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}