{"id":28789,"date":"2014-12-09T09:56:16","date_gmt":"2014-12-09T07:56:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28789"},"modified":"2014-12-09T14:09:55","modified_gmt":"2014-12-09T12:09:55","slug":"vrae-oor-korkie-se-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28789","title":{"rendered":"Vrae oor Korkie se dood"},"content":{"rendered":"<p>Die oorskot van\u00a0die Suid-Afrikaner, wat in &#8216;n Amerikaanse operasie gedood is, het Dinsdagoggend\u00a0by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria aangekom.<\/p>\n<p>&#8216;n Nadoodse ondersoek sal gedoen word waarby Amerikaanse amptenare glo ook teenwoordig\u00a0sal wees. Eers daarna sal\u00a0sy liggaam aan sy familie oorhandig word.<\/p>\n<p>Pierre Korkie, &#8216;n biologie-onderwyser aan Grey Kollege, en &#8216;n Amerikaner, Luke Somers, is Saterdagoggend in Jemen doodgeskiet tydens &#8216;n mislukte bevrydingspoging deur Amerikaanse Spesmagte.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Nelson Kgwete s\u00ea Korkie se familie het die vliegtuig ingewag.<\/p>\n<p>Yolande Korkie, sy eggenoot, het ges\u00ea daar is talle onbeantwoorde vrae oor sy dood. <a href=\"http:\/\/www.telegraph.co.uk\/news\/worldnews\/africaandindianocean\/libya\/8407047\/Libyan-rebel-commander-admits-his-fighters-have-al-Qaeda-links.html:\/\/\">Berigte <\/a>dat al-Ka\u00efda deur die VSA befonds word, duik gereeld op.<\/p>\n<p>Pierre en sy vrou is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het.<\/p>\n<p>Korkie se ontvoerders het vroe\u00ebr \u0149 losprys van $3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating ge\u00ebis. Klaarblyklik het die familie reeds &#8216;n deel van die geld ingesamel.<\/p>\n<p>Korkie en ander gyselaars is vroe\u00ebr verskuif nadat al-Ka\u00efda gewaarsku is dat hulle dalk ontset kan word.<\/p>\n<p>Afgevaardigdes van die departement, die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse ambassades was ook teenwoordig by die lugmagbasis.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse regering het intussen veiligheidsmaatre\u00ebls verskerp by sy fasiliteite w\u00eareldwyd voor die vrystelling van &#8216;n senaatverslag wat die Amerikaanse intelligensiediens, die CIA, se &#8220;omstrede ondervragingsmetodes&#8221;, marteling, kritiseer.<\/p>\n<p>Brittanje en Kanada het\u00a0reeds\u00a0hul missies in die Egiptiese hoofstad Ka\u00efro gesluit uit vrees vir wraakaanvalle weens die verslag en aanvalle op Westerlinge.<\/p>\n<p>Die Withuis het Maandag\u00a0bevestig dat hulle verwag dat die verslag bekendgemaak gaan word.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse administrasie het bevestig dat stappe gedoen is om alle Amerikaanse ambassades en ander belange w\u00eareldwyd te beveilig te midde van vrese van &#8216;n gewelddadige teenreaksie.<\/p>\n<p>Dit is egter seker dat die verslag die beeld van gewone Amerikaners sal aantas.<\/p>\n<p>Die minister van Buitelandse Sake, John Kerry het verlede week voete gesleep en gewaarsku dat\u00a0die\u00a0vrystelling tot geweld kan lei.<\/p>\n<p>Die verslag gaan na verwagting besonderhede bekendmaak oor die geheime program wat onder oudpresident George W. Bush se regering gebruik is om al-Ka\u00efda verdagtes te ondervra.<\/p>\n<p>President Barack Obama het van die metodes wat gebruik is as marteling bestempel.<\/p>\n<p>Die VSA het talle internasionale konvensiese en ooreekomste bekragtig en onderteken waarin hulle onderneem het om nie aangehoudenes te martel nie, maar dit geminag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oorskot van\u00a0die Suid-Afrikaner, wat in &#8216;n Amerikaanse operasie gedood is, het Dinsdagoggend\u00a0by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria aangekom. &#8216;n Nadoodse ondersoek sal gedoen word waarby Amerikaanse amptenare glo ook teenwoordig\u00a0sal wees. Eers daarna sal\u00a0sy liggaam aan sy familie oorhandig word. Pierre Korkie, &#8216;n biologie-onderwyser aan Grey Kollege, en &#8216;n Amerikaner, Luke Somers, is Saterdagoggend &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28789\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrae oor Korkie se dood&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5359,8861,13195,13890,15444],"class_list":["post-28789","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-al-kaida","tag-cia","tag-gyselaar","tag-marteling","tag-pierre-korkie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28789","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28789"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28789\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28789"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28789"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28789"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}