{"id":28784,"date":"2014-12-09T08:19:37","date_gmt":"2014-12-09T06:19:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28784"},"modified":"2014-12-09T10:18:56","modified_gmt":"2014-12-09T08:18:56","slug":"zuma-vlieg-in-ichikowitz-se-straler-na-china","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28784","title":{"rendered":"Zuma vlieg in Ichikowitz se straler na China"},"content":{"rendered":"<p>Die noue bande tussen die ANC en die wapenhandelaar <a title=\"Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21397\">Ivor Ichikowitz<\/a> is weereens gedemonstreer toe dit so pas aan die lig gekom het dat pres. Jacob Zuma vir sy staatsbesoek aan China van Ichikowitz se privaat straler gebruik maak. Blykbaar huur die staat die vliegtuig wat &#8220;amptelik aan Fortune Air behoort&#8221;.<\/p>\n<figure id=\"attachment_28785\" aria-describedby=\"caption-attachment-28785\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/ivor_ichikowitz-1024x487.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-28785\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/ivor_ichikowitz-1024x487-300x142.jpg\" alt=\"Ivor Ichikowitz\" width=\"300\" height=\"142\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28785\" class=\"wp-caption-text\">Ivor Ichikowitz<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die straler moes gister inderhaas op Pietersburg land aangesien &#8220;sterk neuswinde&#8221; die brandstofverbruik die hoogte laat inskiet het. Anders as wat elders berig is, &#8220;was dit nie &#8216;n noodlanding nie&#8221;.<\/p>\n<p>Die Boeing 727-200 was onderweg van die Male\u00addive na die Waterkloof-lugmag\u00adbasis in Pretoria. Fortune Air wou ook nie navrae beantwoord nie aangesien die vliegtuig met &#8216;n lugmagroepsein vlieg.<\/p>\n<p>Die hoof van die Suid-Afrikaanse lugmag, luitenant-generaal Zakes Msimang, het verklaar dat dit geen noodlanding was nie, maar bloot &#8216;n landing om nog brandstof in te neem.<\/p>\n<p>\u201cDit maak nie saak hoe goed mens \u2019n vlug beplan nie, die weer speel altyd \u2019n rol en \u2019n vlie\u00ebnier sal nie kanse waag nie.<\/p>\n<p>\u201cOmdat die weer tans baie onvoorspelbaar is, het die vlie\u00ebniers dus op Pietersburg geland om te verseker dat die vliegtuig genoeg brandstof het om Waterkloof toe te vlieg.<\/p>\n<p>\u201cDie weer tussen Pietersburg en Waterkloof moes ook in berekening gebring word. As Waterkloof dus weens gure weer op kort kennisgewing nie bereikbaar sou wees nie, moes die vliegtuig genoeg brandstof gehad het om na \u2019n ander lughawe uit te wyk.\u201d<\/p>\n<p>Ivor Ichikowitz, wat die hoofborg van die Joodse Raad van Afgevaardigdes in Suid-Afrika is, is &#8216;n voormalige dramastudent aan die Universiteit van die Witwatersrand wat in die vroe\u00eb negentigerjare by wapenhandel in Afrika betrokke geraak het. N\u00e1 die revolusie in 1994 het hy Suid-Afrika se Mirages en ander wapentuig oorsee gaan verkwansel en uit kommissies en ander inkomste skatryk geword. Sy firma, die <a href=\"http:\/\/www.paramountgroup.biz\/\" target=\"_blank\">Paramount-groep<\/a>, word tans as die grootste wapenhandelaar in Afrika beskou en hy beskik ook oor etlike kontrakte om Suid-Afrikaanse weermag- en lugmagtoerusting in stand te hou.<\/p>\n<p>Volgens berigte verkeer Zuma se presidensi\u00eble vliegtuig, die Inkwazi, tans in Switserland vir &#8216;n diens.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die noue bande tussen die ANC en die wapenhandelaar Ivor Ichikowitz is weereens gedemonstreer toe dit so pas aan die lig gekom het dat pres. Jacob Zuma vir sy staatsbesoek aan China van Ichikowitz se privaat straler gebruik maak. Blykbaar huur die staat die vliegtuig wat &#8220;amptelik aan Fortune Air behoort&#8221;. Die straler moes gister &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28784\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma vlieg in Ichikowitz se straler na China&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[15323,6723,18944,18945],"class_list":["post-28784","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-ivor-ichikowitz","tag-jacob-zuma","tag-vliegtuig","tag-zakes-msimang"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28784","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28784"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28784\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28784"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28784"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28784"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}