{"id":28758,"date":"2014-12-08T07:42:01","date_gmt":"2014-12-08T05:42:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28758"},"modified":"2014-12-08T07:42:01","modified_gmt":"2014-12-08T05:42:01","slug":"amerikaanse-polisiegeweld-lei-tot-wit-skuld-orgie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28758","title":{"rendered":"Amerikaanse polisiegeweld lei tot wit skuld-orgie"},"content":{"rendered":"<p>Kort nadat &#8216;n besluit van die groot jurie bekend geword het om nie \u2019n \u00adpolisiebeampte te vervolg vir die dood van Eric Garner in Julie vanjaar nie, het honderde \u00adbetogers by die Rockefeller-\u00adsentrum en in New York se Times Square byeengekom en die slagspreuk \u201cGeen geregtigheid, geen vrede\u201d begin skree.<\/p>\n<p>Dit was ook die slagspreuk nadat &#8216;n ander groot jurie verlede week besluit het om nie die wit polisieman te vervolg wat \u2019n ongewapende swart tienermisdadiger, Michael Brown, in Ferguson, Missouri doodgeskiet het nie.<\/p>\n<p>Dit is die vyfde dag dat betogings oor rasse-ongelykheid in die VSA gehou word. In\u00a0Chicago, Miami en Philadelphia het kerke die massa-aksie gesteun.<\/p>\n<p>Daar is reeds 300 mense in hegtenis geneem vir openbare geweld regoor die land. In Kaliforni\u00eb moes die polisie klipgooiers met traangas verwilder.<\/p>\n<p>Die polisie het Woensdagnag nagenoeg 30 mense in New York in hegtenis geneem, het die polisiebevelvoerder van die stad, Bill Bratton, ges\u00ea. Vroeg Donderdagoggend het die protes nog voortgeduur.<\/p>\n<p>&#8216;n Reeks klein protesbyeenkomste\u00ad het saamgekom en tot \u2019n opmars van byna 5 000 mense in Broadway-\u00adrylaan tot by Times Square gelei.<\/p>\n<p>Motorbestuurders wat in yslike verkeersknope vasgesit het, het hul toeters geblaas. Organiseerders het die getoet as &#8216;n teken van solidariteit verklaar.<\/p>\n<p>Albei gevalle, saam met die dood van \u2019n 12-jarige swart seun wat deur polisie doodgeskiet is toe hy \u2019n speelgoedpistool in \u2019n speelpark uitgehaal het, het die ou debat in Amerika oor rassebetrekkinge weer laat opvlam.<\/p>\n<p>Alhoewel wit\u00a0wetstoepassers daarvan beskuldig word dat hulle\u00a0Afro-Amerikaners met\u00a0oor-aggressiewe polisi\u00ebring teister, is die protesoptogte gemik daarop om wit skuld uit te buit.<\/p>\n<p>Sedert Brown geskiet is, is daar meer as 900 mense in Chicago doodgeskiet, meestal in swart-op-swart geweld.<\/p>\n<p>N\u00e1 Woensdag se juriebesluit, het die prokureur-generaal, Eric Holder, ges\u00ea die Amerikaanse departement van justisie sal \u2019n federale burgerregte-ondersoek gelas na die saak van Eric Garner, 43, wat dood is nadat hy deur \u2019n New Yorkse polisieman, Daniel Pantaleo, in \u2019n wurggreep vasgehou is.<\/p>\n<p>Garner is aangekeer na vermoed is dat hy sigarette waarop nie belasting betaal is nie, op Stateneiland verkoop het.<\/p>\n<p>Die bruin\u00a0komediant Trevor Noah &#8211; terloops erg ongewild by die meeste swart Suid-Afrikaners &#8211; het as gas op die Daily Show <a href=\"http:\/\/time.com\/3621895\/jon-stewart-trevor-noah-daily-show-africa\/\">gegrap <\/a>dat die VSA met swak rasseverhoudinge spog\u00a0sonder dat hulle apartheid\u00a0daarvoor kan blameer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kort nadat &#8216;n besluit van die groot jurie bekend geword het om nie \u2019n \u00adpolisiebeampte te vervolg vir die dood van Eric Garner in Julie vanjaar nie, het honderde \u00adbetogers by die Rockefeller-\u00adsentrum en in New York se Times Square byeengekom en die slagspreuk \u201cGeen geregtigheid, geen vrede\u201d begin skree. Dit was ook die slagspreuk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[18929,5457,18928,6823,18927],"class_list":["post-28758","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afro-amerikaners","tag-openbare-geweld","tag-optogte","tag-protes","tag-rasse-onluste"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28758","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28758"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28758\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28758"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28758"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28758"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}