{"id":28708,"date":"2014-12-05T17:17:23","date_gmt":"2014-12-05T15:17:23","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28708"},"modified":"2014-12-05T17:30:19","modified_gmt":"2014-12-05T15:30:19","slug":"naspersprokureur-pleit-dat-dan-roodt-tronkstraf-kry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28708","title":{"rendered":"Naspersprokureur pleit dat Dan Roodt tronkstraf kry"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Vreemde toneel het hom vanoggend weereens by die Randburgse Landdroshof afgespeel toe &#8216;n prokureur, Adel\u00e9 Le Roux, &#8216;n betoog gevoer het dat dr. Dan Roodt vir &#8220;minagting van die hof&#8221; tronk toe gestuur moet word. Le Roux tree vir die Naspers-filiaal, Paarl Media op.<\/p>\n<p>In haar betooghoofde wat sy aan die hof voorgel\u00ea het, beweer sy dat Roodt &#8220;sy hele dag deurbring deur rassistiese, lasterlike artikels vir PRAAG te skryf, of kontraproduktiewe inligting opkyk soos die twiet wat deur hom op 16 Augustus 2014 geplaas is: &#8216;Wow, I have just spent an hour looking for the Claudia Braude report on &#8216;Racism in the media&#8217; online, finally found it!'&#8221;<\/p>\n<p>Hierdie navorsing is deur Roodt gebruik vir sy eboek, <a href=\"http:\/\/praag.org\/?download=raiders-of-the-lost-empire-south-africas-english-identity-by-dan-roodt\" target=\"_blank\">Raiders of the lost Empire: South Africa&#8217;s &#8216;English&#8217; identity<\/a>. Klaarblyklik mag skrywers nie meer navorsing vir hul boeke doen nie.<\/p>\n<p>Daarom vra Le Roux, namens Naspers, dat Roodt &#8220;tot &#8216;n tydperk van aanhouding in die gevangenis gevonnis word, waarvan die duur in die hande van die Hof gelaat word&#8221;.<\/p>\n<p>Die saak is intussen uitgestel. Na afloop van die hofverrigtinge het die Naspers-prokureur dit betreur dat Roodt steeds &#8220;op vrye voet&#8221; verkeer, maar dat dit &#8220;nie meer lank sal wees alvorens hy agter tralies is nie&#8221;.<\/p>\n<p>In die litanie van klagte wat Paarl Media teen Roodt opgestel het, tel sy kritiek op Pierre de Vos wat in &#8216;n <a title=\"Steve Hofmeyr in Pierre de Vos\u2019s kangaroo court\" href=\"http:\/\/praag.org\/?p=16826\" target=\"_blank\">rubriek<\/a> uitgespreek is. Blykbaar mag De Vos en ander polities korrektes nie gekritiseer word nie. Ook Roodt se betrokkenheid by die aksie teen Conrad Koch namens Steve Hofmeyr word deur haar genoem as &#8216;n verdere grond waarom Roodt gevangenisstraf verdien aangesien hy &#8220;misplaaste kommer en inmenging in ander mense se sake voor die hof toon (soos die beskermingsbevel waartydens mnr. Roodt namens Steve Hofmeyr teen Conrad Koch alias Chester Missing opgetree het)&#8221;. Blykbaar meen sy dat Roodt PRAAG &#8220;se hulpbronne uitput&#8221; terwyl hy veronderstel is om alles in sy vermo\u00eb te doen om Paarl Media se rekening te betaal.<\/p>\n<p>Volgens Le Roux &#8220;word die waardigheid en die doeltreffendheid van die howe doelbewus deur mnr. (sic) Roodt ondermyn. Hy minag hofbevele en beledig of verkleineer landdroste.&#8221; Laasgenoemde is blykbaar van toepassing op &#8216;n frase in &#8216;n <a title=\"Landdros ignoreer teisterwet in Hofmeyr-aansoek\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=28540\">berig<\/a> wat hier op praag verskyn het en waarin daar na landdros Sewnarain, wat die beslissing in die Steve Hofmeyr-Conrad Koch-saak gevel het, as &#8220;&#8216;n landdros van kleur&#8221; verwys word. Daarom beveel sy aan dat die enigste oplossing is om Roodt &#8220;gevangenisstraf op te l\u00ea, aangesien &#8220;die krediteur wil toesien dat die reg geskied, op een of ander manier, asook die samelewing&#8221;.<\/p>\n<p>Di\u00e9 beskrywing van die landdros as iemand van &#8220;kleur&#8221; is deur een van Koch se rare swart ondersteuners\u00a0self op sosiale media gebruik.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" lang=\"en\"><p>I&#8217;m glad the magistrate, a man of colour I might add, didn&#8217;t admit cameras. That would have given <a href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\">@danroodt<\/a> undue publicity defending shit.<\/p>\n<p>\u2014 #RememberMandela (@kaysexwale) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/kaysexwale\/status\/537891919494676480\">November 27, 2014<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Intussen het dr. Dan Roodt Naspers en sy filiale soos Paarl Media en Media24 by die Mededingingskommissie verkla. &#8220;Waaroor dit gaan,&#8221; s\u00ea hy, &#8220;is die monopolie wat Naspers oor veral Afrikaanse media, maar ook die drukkers- en boekbedryf, beskik. Sonder publisiteit in die Naspersmedia kan niemand &#8216;n boek verkoop of &#8216;n organisasie soos PRAAG aan die gang hou nie. Boonop het Paarl Media ons daarin gedwing om &#8216;n veel groter oplaag van die boek te druk as wat ons aanvanklik wou, weens sy oorheersende posisie in die mark.&#8221;<\/p>\n<p>PRAAG is ook besig om om kondonasie aansoek te doen teen die aanvanklike verstekvonnis wat &#8220;onder vreemde omstandighede&#8221; verkry is. &#8220;Van die begin af het ons ges\u00ea ons gaan die aansoek teenstaan,&#8221; s\u00ea Dan Roodt. &#8220;Hoe die vonnis in ons afwesigheid verkry is, verstaan ons nie. Solank as wat ons deur die hof daartoe gedwing word, betaal ons egter elke maand &#8216;n bedrag aan Paarl Media se prokureurs oor. Om een of ander rede is dit\u00a0nie genoeg nie en word daar nou &#8216;n heksejag teen my gevoer en gepoog om my tot gevangenisstraf vir my menings te vonnis.&#8221;<\/p>\n<p>Roodt en PRAAG eis ook R400 000 van Paarl Media vir die skending van sy taalregte en skade wat weens die onwettige monopolie in die boekbedryf op net een boek gely is.<\/p>\n<h3>&#8216;Enige vyand van Dan Roodt is &#8216;n vriend van my&#8217;<\/h3>\n<figure id=\"attachment_28714\" aria-describedby=\"caption-attachment-28714\" style=\"width: 168px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_121336-e1417789561469.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-28714\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_121336-e1417789561469-168x300.jpg\" alt=\"Me. Adel\u00e9 le Roux, met blonde hare, van agter. Links van haar sit Johan Pienaar, met die ligblou hemp en bril tydens verlede week se hofsitting toe die Conrad Koch-Steve Hofmeyr-saak voorgekom het.\" width=\"168\" height=\"300\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28714\" class=\"wp-caption-text\">Me. Adel\u00e9 le Roux, met blonde hare, van agter. Links van haar sit Johan Pienaar, met die ligblou hemp en bril tydens verlede week se hofsitting toe die Conrad Koch-Steve Hofmeyr-saak voorgekom het.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Tydens die Conrad Koch-Steve Hofmeyr-saak verlede week op 27 November het me. Adel\u00e9 Le Roux langs mnr. Johan Pienaar gesit en was druk in gesprek met hom. Toe dr. Dan Roodt Le Roux uitvra wat sy in die hof maak vir &#8216;n saak wat niks met haar te make het nie en waarom sy met Pienaar praat, het sy omgedraai en ges\u00ea: &#8220;Enige vyand van Dan Roodt is &#8216;n vriend van my.&#8221;<\/p>\n<p>PRAAG en dr. Dan Roodt word reeds jare lank deur Pienaar geteister, in so &#8216;n mate dat hy Pienaar op Twitter en Facebook versper het. Pienaar het ook adverteerders van PRAAG gekontak en hulle gedreig om hul advertensies van die praag-webblaaie te onttrek.<\/p>\n<p>&#8220;Ons is nou regtig volledig in die Sowjetunie tydens die 1930&#8217;s,&#8221; s\u00ea dr. Dan Roodt. &#8220;Nie net word daar heksejagte teen ons gevoer en gepoog om ons finansieel en andersins te ru\u00efneer nie, maar daar word selfs gevra dat ek vir &#8216;n onbepaalde tydperk gevangenisstraf opgel\u00ea word sodat ek tot ander ideologiese insigte kan kom. Ek voel soos Solsjenitsin, wat in &#8216;n strafkamp aangehou is, onder andere omdat hy &#8216;n Christen was.&#8221;<\/p>\n<p>Sowel Johan Pienaar as <a href=\"http:\/\/www.timeslive.co.za\/local\/2014\/12\/03\/far-right-turn-hits-steve-hofmeyr-in-the-pocket\">Piet Croucamp<\/a> bedryf &#8216;n Facebookblad wat as &#8220;Afrikaanse ate\u00efste&#8221; bekendstaan en waarin daar openlik haatspraak teen Christene gepredik word, tesame met die idee dat hulle soos ander dissidente vervolg behoort te word of gewelddadig aangeval behoort te word.<\/p>\n<h3>&#8216;Ek is in opstand teen kommunisme&#8217; &#8211; Dan Roodt<\/h3>\n<p>&#8220;In my jong dae op universiteit was ek ook links, hoewel nooit marxisties nie,&#8221; s\u00ea Dan Roodt. &#8220;Ek het meer in vryheid vir die individu en die gemeenskap s\u00f3nder staatsoorheersing belanggestel. Toe ek in 1985 in Parys aankom, het ek Tsjeggiese en Russiese vlugtelinge ontmoet wat my van die toestande in hul lande vertel het. Dit het my oortuig dat kommunisme &#8216;n gevaarlike en bose ideologie is wat menselewens op groot skaal kan vernietig. Dis ook waarom ek die naam PRAAG gekies het, ter herinnering aan die Praagse Lente toe die hele Tsjeggiese hoofstad in 1968 teen kommunisme in opstand gekom het.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Nooit het ek kon dink dat dieselfde toestande van heksejagte, onverdraagsaamheid en vervolging van Christene en andersdenkendes in my eie land sou posvat nie,&#8221; gaan Roodt voort. &#8220;Ek aanvaar dit egter nie. Ek is in opstand teen kommunisme.&#8221;<\/p>\n<figure id=\"attachment_28712\" aria-describedby=\"caption-attachment-28712\" style=\"width: 550px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-28712\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-1024x575.jpg\" alt=\"Op hierdie foto kan Pienaar gesien word waar hy tussen Charlea Sieberhagen van Beeld en Lourensa Eckhard, tot onlangs van Beeld maar tans by KykNET, sit. Sommige beweer dat sowel Pienaar as Croucamp joernaliste &quot;hanteer&quot; om Afrikanerdissidente en Christene te beswadder en te vervolg.\" width=\"550\" height=\"309\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-1024x575.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-535x301.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/P_20141127_093033-383x215.jpg 383w\" sizes=\"auto, (max-width: 550px) 85vw, 550px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28712\" class=\"wp-caption-text\">Op hierdie foto by verlede week se hofsitting tydens die Koch-Hofmeyr-saak kan Pienaar gesien word waar hy tussen Charlea Sieberhagen van Beeld en Lourensa Eckard, tot onlangs van Beeld maar tans by KykNET, sit. Sommige beweer dat sowel Pienaar as Croucamp joernaliste en radio-omroepers &#8220;hanteer&#8221; om Afrikanerdissidente en Christene te beswadder en te vervolg.<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Vreemde toneel het hom vanoggend weereens by die Randburgse Landdroshof afgespeel toe &#8216;n prokureur, Adel\u00e9 Le Roux, &#8216;n betoog gevoer het dat dr. Dan Roodt vir &#8220;minagting van die hof&#8221; tronk toe gestuur moet word. Le Roux tree vir die Naspers-filiaal, Paarl Media op. In haar betooghoofde wat sy aan die hof voorgel\u00ea het, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28708\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Naspersprokureur pleit dat Dan Roodt tronkstraf kry&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[9616,154,4708,643,7107,2078,14224],"class_list":["post-28708","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-christene","tag-dan-roodt","tag-kommunisme","tag-naspers","tag-paarl-media","tag-rusland","tag-tsjeggie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28708","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28708"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28708\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28708"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28708"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28708"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}