{"id":28697,"date":"2014-12-05T09:26:00","date_gmt":"2014-12-05T07:26:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28697"},"modified":"2014-12-05T09:26:00","modified_gmt":"2014-12-05T07:26:00","slug":"numsa-opmars-na-staatsveiligheid-oor-vals-verslag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28697","title":{"rendered":"Numsa opmars na Staatsveiligheid oor &#8216;vals verslag&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die metaalwerkersvakbond\u00a0Numsa beplan om &#8216;n optog na die departement van staatsveiligheid se hoofkantoor in Pretoria te hou uit protes teen wat hulle noem &#8216;n &#8220;vals intelligensieverslag&#8221;.<\/p>\n<p>Die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo het egter die Inspekteur-Generaal van Intelligensie gevra om die bewerings te ondersoek.<\/p>\n<p>In di\u00e9 verslag word beweer dat Numsa beplan om die regering te destabiliseer.<\/p>\n<p>Die adjunk-hoofsekretaris van Numsa, Karl Cloete het vroe\u00ebr vandeesweek aan joernaliste ges\u00ea dat &#8216;n vals dokument versprei word as deel van &#8216;n plan om die vakbond te vernietig.<\/p>\n<p>Die vakbond wil antwoorde h\u00ea oor waarom sy leier se selfoon afgeluister word, waarom\u00a0geheimsinnige motors sy\u00a0ampsdraers agtervolg en waarom staatsveiligheidagente probeer om Numsa se vakbondverteenwoordigers te werf om binne-inligting te kry oor die beplande <em>United Front-<\/em>beweging.<\/p>\n<p>In &#8216;n weerlegging die verslag, wat aan die media uitgelek het,\u00a0het die vakbond kommer uitgespreek oor die &#8220;interessante ooreenkomste&#8221; wat\u00a0die verslag toon met\u00a0&#8216;n verklaring van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) vroe\u00ebr uitgereik het oor\u00a0Numsa.<\/p>\n<p>Die SAKP is gekant teen pogings van Numsa om &#8216;n sosialistiese werkersbeweging op die been te bring.<\/p>\n<p>Die departement van staatsveiligheid het intussen enige betrokkenheid by die beweerde komplot ontken.<\/p>\n<p>Die woordvoerder van die departement, Brian Dube s\u00ea hulle verwerp\u00a0die aantygings met die minagting wat dit verdien.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hulle is ook besorg oor die verpolitisering van staatsamptenare se werk in sake wat binne die vakbondstrukture val.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die metaalwerkersvakbond\u00a0Numsa beplan om &#8216;n optog na die departement van staatsveiligheid se hoofkantoor in Pretoria te hou uit protes teen wat hulle noem &#8216;n &#8220;vals intelligensieverslag&#8221;. Die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo het egter die Inspekteur-Generaal van Intelligensie gevra om die bewerings te ondersoek. In di\u00e9 verslag word beweer dat Numsa beplan om die regering &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28697\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Numsa opmars na Staatsveiligheid oor &#8216;vals verslag&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[12385,5335,8009,2264,17585],"class_list":["post-28697","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-metaalwerkersvakbond","tag-numsa","tag-sakp","tag-sosialisme","tag-staatsveiligheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28697","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28697"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28697\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28697"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28697"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28697"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}