{"id":28683,"date":"2014-12-04T08:53:05","date_gmt":"2014-12-04T06:53:05","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28683"},"modified":"2014-12-04T08:53:05","modified_gmt":"2014-12-04T06:53:05","slug":"gauteng-lur-wil-afrikaanse-skole-vernietig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28683","title":{"rendered":"Gauteng-LUR wil Afrikaanse skole vernietig"},"content":{"rendered":"<p>Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het gister &#8216;n nuwe aanslag op Afrikaanse skole in di\u00e9 provinsie aangekondig. Hy het die &#8220;weerstand&#8221; teen die samesmelting van top- Afrikaanse skole met lokasieskole verwerp en gemeen sulke weerstand word &#8220;gemobiliseer&#8221;.<\/p>\n<p>Lesufi dreig reeds lankal om teen Afrikaanse skole op te tree, nadat sy voorganger, Barbara Creecy, daarmee begin het. Creecy het verskeie skole in Johannesburg en omgewing, soos Randburg, Linden en Florida gedreig dat sy hulle sou verengels deur swart leerlinge in te bus. Die nie-regeringsorganisasie, Section 27, wat deur die marxistiese Brit, Mark Hayward, bedryf word en vanuit die buiteland befonds word, het ook gepoog om onderrig by Fochville-ho\u00ebrskool te ontwrig deur &#8216;n honderd swart leerlinge skielik by die skool af te laai en hulle daarna teen die wit Afrikaanse leerlinge op te steek.<\/p>\n<figure id=\"attachment_28691\" aria-describedby=\"caption-attachment-28691\" style=\"width: 244px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-28691\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi-244x300.jpg\" alt=\"Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng\" width=\"244\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi-244x300.jpg 244w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi-535x657.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi-120x148.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi-25x31.jpg 25w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi-31x38.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi-175x215.jpg 175w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Panyaza-Lesufi.jpg 830w\" sizes=\"auto, (max-width: 244px) 85vw, 244px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28691\" class=\"wp-caption-text\">Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng<\/figcaption><\/figure>\n<p>Tydens sy aankondiging oor skoolgereedheid vir aanstaande jaar, het Lesufi ges\u00ea dat hy teen Januarie die Afrikaanse skole met Engelse lokasieskole wil saamsmelt. Hy beoog ook om di\u00e9 &#8220;beleid&#8221; in die Provinsiale Koerant te publiseer en dit so verpligtend vir skole te maak.<\/p>\n<p>Lesufi wil veral die beheer wat ouers tans deur beheerliggame oor die skole uitoefen, ongedaan maak deur die proses te verpolitiseer en beheerliggame met kunsmatige beheerliggame van lokasieskole saam te smelt. Sulke beheerliggame sal na alle waarskynlikheid met anti-Afrikaanse kultuurmarxiste van Section 27 en ander organisasies gepak word. Nie net moet beheerliggame &#8220;saamsmelt&#8221; nie, maar skole moet ook &#8220;kennis en hulpbronne deel&#8221; wat kan behels dat ANC-kaders toegang tot Afrikaanse skole se bankrekeninge kan verkry.<\/p>\n<p>Terugvoer vanaf Afrikaanse skole is oorwegend negatief en Lesufi het gister gekla dat &#8220;die meerderheid van die Afrikanerskole nie met ander skole wil saamsmelt nie&#8221;.<\/p>\n<p>\u201cWanneer jy die een skool raadpleeg en na die ander skool gaan om hulle te raadpleeg, word dieselfde bekommernisse as by die eerste skool gelug.\u2009\u2019n Mens kan agterkom iemand het die skole gemobiliseer om weerstand te bied,\u201d meen Lesufi.<\/p>\n<p>Tydens &#8216;n vergadering het twee voorsitters van Afrikaanse skole se beheerrade glo &#8220;uitgeloop&#8221;.<\/p>\n<p>Lesufi is egter nie daaroor bekommerd dat hy op die duur daarin sal slaag om Afrikaanse onderwys af te takel nie. \u201cEk het geweet dit sou nie maklik wees nie. Die kwessies wat hierdie skole het, is geldige bekommernisse,\u201d het hy aan die media ges\u00ea.<\/p>\n<p>Onder andere vrees die skole sterk dat hul bankrekenings deur kaders geplunder mag word as hulle &#8220;binnegedring&#8221; word. In &#8216;n poging om vrese te besweer, het Lesufi volgens berigte ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cEk het dit duidelik gestel: dit sal nie die geval wees nie. Ek het wel \u2019n probleem wanneer \u2019n skool met \u2019n reklamebord langs die hoofweg R1,4\u2009miljoen daaruit maak. Daardie skool behoort aan die staat. \u00c1lmal in Suid-Afrika moet voordeel trek.<\/p>\n<p>\u201cWys my \u2019n townshipskool met \u2019n aktuaris, \u2019n regter of \u2019n rekenmeester in die beheerraad.<\/p>\n<p>\u201cAs di\u00e9 vaardighede gedeel word, sal dit net goed wees.<\/p>\n<p>\u201cDit is nie \u2019n maklike pad wat voorl\u00ea nie, maar ek is nie bereid om nou kop uit te trek nie.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Indien die skoolhoofde en beheerrade nie voor hom buig nie, dreig hy om hofsake teen hulle te bring. \u201cS\u00ea my watter hof gaan s\u00ea die bates wat aan die staat behoort, behoort nie aan al sy mense nie?\u201d<\/p>\n<p>Lesufi wou egter nie die name bekendmaak van skole wat weerstand bied nie.<\/p>\n<p>Die model wat die Gautengse onderwysdepartement volg, is reeds met sukses deur Kader Asmal op die Afrikaanse universiteite toegepas toe hy hulle met sukkelende swart universiteite en kolleges saamgesmelt het. Die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit is byvoorbeeld volledig verengels en verswart.<\/p>\n<p>In sy kommentaar het dr. Dan Roodt van PRAAG ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>Die LUR vir opvoeding in Gauteng, Panyaza Lesufi, wil Afrikaanse skole met lokasieskole saamsmelt, volgens berigte in die media. Vele ouers kan nie eens meer die skoolfonds in Afrikaanse skole bekosting nie, nou wil di\u00e9 meneer skole saamsmelt sodat hulle die laaste paar rand kan plunder soos in elke samesmelting (munisipaliteite, universiteite, ens.) sedert 1994 gebeur het.<\/p>\n<p>FW de Klerk het ges\u00ea hy gaan namens ons onderhandel, toe gee hy sommer oor aan Oemkoentoe. Die ANC het al herhaaldelik ges\u00ea dat ons \u201cverower is\u201d. Indien dit wel die geval is, kan ons ons steeds beroep op die tweede protokol van die Geneefse Konvensie wat in artikel bepaal:<\/p>\n<p><em>3. Children shall be provided with the care and aid they require, and in particular:<\/em><\/p>\n<p><em>(a) they shall receive an education, including religious and moral education, in keeping with the wishes of their parents, or in the absence of parents, of those responsible for their care;<\/em><\/p>\n<p>Met ander woorde, hulle het nie die reg om ons skole van ons weg te vat nie, selfs al bevind ons ons onder milit\u00eare besetting deur Oemkoentoe, die terroristeweermag van Joe Slovo en Ronnie Kasrils! Al wat in ons pad staan, is die \u201cekskuus-baas\u201d-houding van al die oud-NP\u2019s en diegene wat ***kruip in die verlede hul beroep gemaak het \u2013 en steeds maak.<\/p>\n<p>Het dit nie tyd geraak dat ons ons stemme dik maak nie? Gelukkig is my kinders klaar met skool, maar dit gaan \u2018n volslae tragedie wees as ons skole tot lokasieskole \u201cgetransformeer\u201d word. Ons kan dit nie aan ons mede-Afrikaners en veral ons kinders aandoen nie!<\/p><\/blockquote>\n<p>Teenoor &#8216;n mnr. HJ Bester wat op sosiale media gekla het dat &#8220;die swartes eenvoudig &#8216;n obsessie oor blankes (het) en alles wat deur die blankes bedryf word \u2013 waarom ?&#8221; het dr. Roodt opgemerk:<\/p>\n<blockquote><p>HJ Bester, dis nie die swartes wat \u2018n obsessie oor blankes het nie; dis ander blankes wat \u2019n obsessie oor ras het. Mary Metcalfe het eerste hiermee begin, en toe Barbara Creecy, di\u00e9 vent se voorganger. Dan is daar nog \u2018n organisasie soos Section 27 wat deur \u2019n marxistiese Brit, Mark Hayward, bedryf word en hofsake teen Afrikaanse skole maak of hulle probeer ontwrig deur swartes daarheen te bus en op Engels aan te dring. Die swartes is net pionne of figurante in hierdie Boer-Brit-stryd wat al 200 jaar lank duur. Dis waaroor die stryd tussen my en Steve, aan die een kant, en die Popman Conrad Koch, aan die ander, ook gaan.<\/p><\/blockquote>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het gister &#8216;n nuwe aanslag op Afrikaanse skole in di\u00e9 provinsie aangekondig. Hy het die &#8220;weerstand&#8221; teen die samesmelting van top- Afrikaanse skole met lokasieskole verwerp en gemeen sulke weerstand word &#8220;gemobiliseer&#8221;. Lesufi dreig reeds lankal om teen Afrikaanse skole op te tree, nadat sy voorganger, Barbara Creecy, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28683\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gauteng-LUR wil Afrikaanse skole vernietig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[167,16991,18913,5178,4893],"class_list":["post-28683","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-panyaza-lesufi","tag-samesmelting","tag-skole","tag-verengelsing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28683","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28683"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28683\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28683"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28683"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28683"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}