{"id":28659,"date":"2014-12-03T09:01:12","date_gmt":"2014-12-03T07:01:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28659"},"modified":"2014-12-03T09:01:12","modified_gmt":"2014-12-03T07:01:12","slug":"oud-springbok-met-rots-deur-kapers-aangeval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28659","title":{"rendered":"Oud-Springbok met rots deur kapers aangeval"},"content":{"rendered":"<p>In nog &#8216;n voorval van guerilla-oorlog op straat, is die oud-Springbok Hannes Strydom eergister op straat in Waterkloofrif deur ses motorkapers met &#8216;n rots aangeval. Onlangs is mev. Irene Myburg vermoor toe &#8216;n groot klip vanaf &#8216;n snelwegbrug af gegooi is. Die klip het deur die motorruit gedring, haar op die keel getref en sy is op slag dood.<\/p>\n<p>Volgens berigte het mnr. Hannes Strydom, 49, hard op hulp geskree en ook die Here aangeroep, &#8220;God, help my! God, help my!&#8221; Hierna het sy aanvallers weggehardloop.<\/p>\n<p>Hy is egter erg in die aanval beseer en is tot gister nog in die intensiewesorgeenheid van die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria behandel.<\/p>\n<p>Vanuit sy hospitaalbed vertel Hannes Strydom:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cEk was so rondom 15:00 op pad na een van my apteke in Irene toe ek drie mans voor my in die straat sien staan. Een het aangedui ek moet stop en ek het gedink iets is fout en het stadiger gery.<\/p>\n<p>\u201cDie volgende oomblik het \u2019n klip so groot soos \u2019n rots deur die venster aan die passasierskant gevlieg. Die tweede klip het my aan die linkerkant teen die kop getref.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<figure id=\"attachment_28662\" aria-describedby=\"caption-attachment-28662\" style=\"width: 221px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/HannesStrydom.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-28662\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/HannesStrydom.jpg\" alt=\"Hannes Strydom in sy rugbydae\" width=\"221\" height=\"280\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/HannesStrydom.jpg 221w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/HannesStrydom-117x148.jpg 117w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/HannesStrydom-24x31.jpg 24w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/HannesStrydom-30x38.jpg 30w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/HannesStrydom-170x215.jpg 170w\" sizes=\"auto, (max-width: 221px) 85vw, 221px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28662\" class=\"wp-caption-text\">Hannes Strydom in sy rugbydae<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ten spyte van sy beserings, het hy hom teen die ses motorkapers verset en hulle met die vuis toegetakel. Hy is egter wel met &#8216;n skroewedraaier en &#8216;n mes onder sy regterblad gesteek. Ook is sy skedel\u00a0 rondom sy linkeroogkas gekraak waar die rots hom getref het.<\/p>\n<p>Die voorval het in Ariesstraat, Waterkloofrif, plaasgevind. Die ses kapers is met sy motorsleutels vort maar het die motor na die vuisgeveg gelos.<\/p>\n<p>Strydom s\u00ea: \u201cEk het al erger gelyk op die rugbyveld, maar ek wil asseblief nie afgeneem word nie. My gesig lyk erger as wat dit voel.&#8221;<\/p>\n<p>Hy was lid van die Springbokrugbyspan wat in 1995 die W\u00eareldbeker gewen het, asook van die Goue Leeusspan wat in 1999 die Curriebeker gebuit het. Tans is hy &#8216;n sakeman en eienaar van die Pharma Value-apteekgroep. Hy was juis op pad na een van sy apteke toe, toe hy aangeval is.<\/p>\n<p>Weens sy beserings, kon die voorval nog nie by die polisie aangemeld word nie. Geen polisieman het Strydom boonop in die hospitaal kom besoek om &#8216;n verklaring af te neem nie. Dus verkeer al ses aanvallers nog op vrye voet.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In nog &#8216;n voorval van guerilla-oorlog op straat, is die oud-Springbok Hannes Strydom eergister op straat in Waterkloofrif deur ses motorkapers met &#8216;n rots aangeval. Onlangs is mev. Irene Myburg vermoor toe &#8216;n groot klip vanaf &#8216;n snelwegbrug af gegooi is. Die klip het deur die motorruit gedring, haar op die keel getref en sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28659\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Oud-Springbok met rots deur kapers aangeval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[11744,18899,11049,18898],"class_list":["post-28659","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-aanval","tag-hannes-strydom","tag-kapers","tag-waterkloofrif"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28659","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28659"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28659\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28659"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28659"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28659"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}