{"id":28636,"date":"2014-12-02T09:28:21","date_gmt":"2014-12-02T07:28:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28636"},"modified":"2014-12-02T09:34:17","modified_gmt":"2014-12-02T07:34:17","slug":"omstrede-wetenskaplike-wil-nobelprys-laat-opveil","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28636","title":{"rendered":"Omstrede wetenskaplike wil Nobelprys laat opveil"},"content":{"rendered":"<p>Een van die w\u00eareld se groot wetenskaplikes, die genetikus James Watson, is uit die openbare lewe verstoot na\u00a0kommentaar oor swart IK in 2007.<\/p>\n<p>Hy wil nou\u00a0sy\u00a01962-Nobelprys vir die ontdekking van die struktuur van DNS op &#8216;n veiling verkoop. Dit sal na verwagting meer as $3 miljoen haal.<\/p>\n<p>&#8220;Omdat ek &#8216;n &#8216;onpersoon&#8217; is,\u00a0is ek afgedank van die direksies van maatskappye, so ek het geen inkomste nie, afgesien van my akademiese inkomste,&#8221; het die wetenskaplike\u00a0ges\u00ea wat noodgedwonge moes bedank by die\u00a0<em>Cold Spring Harbor Laboratory<\/em>, waar hy vir vier dekades gewerk het.<\/p>\n<p>&#8220;Niemand wil regtig erken ek bestaan nie,&#8221; het hy aan die Financial Times ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ten spyte van sy moeilike\u00a0omstandighede &#8211; Watson is nooit weer\u00a0genooi om openbare lesings te gee sedert 2007 nie &#8211; \u00a0leef die Amerikaanse wetenskaplike nie\u00a0in algehele armoede nie.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea hy beplan om die opbrengs van die medalje\u00a0te skenk aan die &#8220;instellings wat na my gekyk het,&#8221; insluitend sy alma mater, die Universiteit van Chicago, en Cambridge, waar hy en sy laboratoriumvennoot Francis Crick, ontmoet het en met wie hy die\u00a0Nobelprys gedeel het.<\/p>\n<p>Die 86-jarige Watson beplan ook om kuns te koop.<\/p>\n<p>&#8220;Ek wil\u00a0regtig graag &#8216;n [skildery deur Engelse skilder David] Hockney besit.&#8221;<\/p>\n<p>Crick se medalje wat verlede jaar opgeveil is, is deur\u00a0Jack Wang opgeraap, &#8216;n relatief onbekende Chinese\u00a0biotegniese entrepreneur, en\u00a0het\u00a0sowat $2,3 miljoen gehaal.<\/p>\n<p>Die verkoop van Nobelpryse is &#8216;n onlangse verskynsel, met Watson wat\u00a0slegs die vierde ontvanger is wat dit wil\u00a0laat opveil.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse skrywer William Faulkner se 1950-medalje het nie die reserweprys op &#8216;n veiling verlede jaar\u00a0gehaal nie. Faulkner se werk handel oor\u00a0rasseverhoudinge in die Amerikaanse Suide.<\/p>\n<p>In Oktober 2007 het Watson aan\u00a0die Sunday Times ges\u00ea dat hy &#8220;somber voel oor die vooruitsig van Afrika&#8221;, want &#8220;al ons sosiale beleidsrigtings is gebaseer op die feit dat hulle intelligensie dieselfde is as ons s&#8217;n, terwyl al die toetse s\u00ea dis nie regtig\u00a0so\u00a0nie.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het later dieper in die moeilikheid geraak n\u00e1 hy\u00a0anekdotiese verslae aangehaal het wat beweer\u00a0swart werknemers is minder intelligent, en dat daar geen talentvolle swart wetenskaplikes bestaan wat gewerf kan word om in sy laboratorium te werk nie.<\/p>\n<p>Watson se rasseteorie\u00eb oor\u00a0IK het akademiese ondersteuning uit &#8216;n paar oorde ontvang, soos onder meer in Richard J. Herrnstein en Charles Murray se omstrede boek <em>The Bell Curve<\/em>, wat beweer\u00a0dat Ashkenazi-Jode en Chinese oor &#8216;n ho\u00ebr IK beskik as gewone blankes.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is nie rassisties in &#8216;n konvensionele manier nie,&#8221; het hy aan die Financial Times ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ek vra om verskoning &#8230; die [Sunday Times] joernalis het op een of ander manier geskryf dat ek bekommerd is oor die swartmense in Afrika as gevolg van hul lae IK. En jy is nie veronderstel om te s\u00ea dat dit so is nie.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die w\u00eareld se groot wetenskaplikes, die genetikus James Watson, is uit die openbare lewe verstoot na\u00a0kommentaar oor swart IK in 2007. Hy wil nou\u00a0sy\u00a01962-Nobelprys vir die ontdekking van die struktuur van DNS op &#8216;n veiling verkoop. Dit sal na verwagting meer as $3 miljoen haal. &#8220;Omdat ek &#8216;n &#8216;onpersoon&#8217; is,\u00a0is ek afgedank van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28636\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Omstrede wetenskaplike wil Nobelprys laat opveil&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4112,18892,7257,10715,18894,18893],"class_list":["post-28636","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrika","tag-dns","tag-ik","tag-james-watson","tag-swart-ik","tag-wetenskaplike"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28636","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28636"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28636\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28636"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28636"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28636"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}