{"id":2857,"date":"2008-09-22T10:03:38","date_gmt":"2008-09-22T10:03:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2857"},"modified":"2008-09-22T10:03:38","modified_gmt":"2008-09-22T10:03:38","slug":"julius-malema-wil-ook-maar-soustrein-ry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2857","title":{"rendered":"Julius Malema wil ook maar soustrein ry"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die vraag op ons almal se lippe is sekerlik uiteindelik: hoe be&iuml;nvloed dit  m&yacute;?<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Daar is diegene wat spoke opjaag en &lsquo;n groot skuif na links voorsien onder &lsquo;n  Zuma-regering. Die Business Day se berig hieroor verwoord die vrese as volg:  <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;<em>The critical question for the economy is whether there will be policy  continuity,&rsquo;&rsquo; Goolam Ballim, group econo-mist at Standard Bank, said<\/em>.<!--par0--><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">In eenvoudige terme: gaan &lsquo;n Zuma-regering begin om rampspoedige, uitgediende  linkse of sosialistiese beleidsrigtings daar te stel? Gaan hulle poog om  Suid-Afrika in Venezuela te verander, met ander woorde, maar sonder Venezuela se  toegang tot olie-rykdom? Gaan jou eiendom, grond, plaas, myn of woonhuis  onderworpe wees aan nasionalisering soos in Zimbabwe gebeur het? Gaan die  regering onbekostigbare en onhoudbare sosialistiese programme instel, wat  geklike beloftes maak soos gratis onderwys en mediese sorg aan almal, terwyl dit  onduidelik is wie dit moet befonds?<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Vir jou en my as belastingbetalers, asook besighede, sal bostaande rampspoed  meebring. Dit sal eerstens sorg dat die rand in duie stort, namate die regering  probeer nie om rykdom te skep nie, maar om geld te skep wat hy kan spandeer op  populistiese beloftes. Daar is &lsquo;n enorme verskil tussen die twee. Zimbabwe het  baie geld &ndash; triljoene Zimbabwiese dollars &ndash; maar bykans geen rykdom nie.  Tweedens sal alle oorblywende blankes met vaardighede, landuit vlug. Diegene wat  agterbly sal die oues, siekes en ongeskooldes wees. <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Te oordeel aan die retoriek, veral uit Cosatu- en ANCYL-geledere, is  bostaande of iets soortgelyk wel wat in die vooruitsig gestel word.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Noem my sinies, maar ek is nie heeltemal so seker dat die linkses volledig in  hulle eie retoriek glo nie. Ja, hulle sal sekerlik simboliese gebare teenoor die  armes probeer maak, maar sal dit met ware oortuiging wees?<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Lees byvoorbeeld hierdie uitlating van die ANCYL: <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"><em>We hold a firm view that this dastardly act of cowardice is the work of  desperate forces who believe they can intimidate us into submission. It is a sad  day in our country to realize that we still have apartheid-style tactics &hellip;. We  dare these forces of darkness to confront us openly in broad daylight. The Youth  League condemns this act of cowardice in the strongest possible terms. An attack  on leaders of the ANCYL is an attack on the ANCYL itself.<\/em><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Waarna verwys dit? Het iemand &lsquo;n bom geplant by die ANCYL se hoofkantoor?  Nee; daar is by Julius Malema se Mercedes ingebreek, waar dit voor sy  rykmanswoning in Sandton geparkeer gestaan het. Hy is kwaad, want iemand het sy  besittings gesteel. Malema is duidelik &lsquo;n aanhanger van die kapitalisme waar dit  by homself kom, en ongeag sy linkse retoriek oor andere. &#39;n Toegewyde sosialis  sou &#39;n fiets gery het en in Alexandra gewoon het, nie in Sandton nie. <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">As ek tot op hede enige iets oor die menslike natuur geleer het, is dit dat  dit voorwaar &lsquo;n rare politikus is wat nie eerstens na sy eie belange omsien nie.  <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Hoekom was die ANC so haastig om van Mbeki ontslae te raak? Hy sou in ieder  geval net&nbsp;enkele maande lank nog president kon wees. Dit kan sekerlik nie  ongeduld wees om iets aan die armes se lot te doen nie. Malema ry in &lsquo;n Mercedes  en woon in Sandton &ndash; wat traak dit hom as die misrabeles nog &lsquo;n paar jaar lank  in Alexandra krepeer? <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">My siniese kant maak my vermoed iets anders is hier op die spel, en my  raaiskoot is dat dit eerder gaan oor eiebelang en ongeduld om op die soustrein  te klim. Cosatu, Zuma en kie is heel moontlik veel eerder moeg daaroor om hulle  beurt op die soustrein af te wag, as wat dit oor die belange van die armes gaan.  <\/p>\n<div align=\"justify\"> Kersfees kom en hulle wil moontlik ook die sousvliegtuig na Doebaai haal, ten  einde die inkopiestormloop nie mis te loop nie.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/tiaras\/\">wedding hair bands and tiaras<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/seotamplier.ru\/object\/transportirovka-gruza-topcargo\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl2.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die paleisrewolusie is voltrek. Brutus Zuma en sy maatjies het, soos wyd  verwag, vir Caesar in die rug gesteek, en Caesar Mbeki is polities gesproke  dood.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,2761,21092],"class_list":["post-2857","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-julius-malema-wil-ook-maar-soustrein-ry","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2857","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2857"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2857\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2857"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2857"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2857"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}