{"id":28540,"date":"2014-11-28T07:45:41","date_gmt":"2014-11-28T05:45:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28540"},"modified":"2014-11-28T08:09:26","modified_gmt":"2014-11-28T06:09:26","slug":"landdros-ignoreer-teisterwet-in-hofmeyr-aansoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28540","title":{"rendered":"Landdros ignoreer teisterwet in Hofmeyr-aansoek"},"content":{"rendered":"<p>Nadat die buikspreker Conrad Koch se ondersteuners Donderdag mekaar op Twitter vertel het dat hulle gelukkig op &#8216;n landdros van &#8220;kleur&#8221; kan staatmaak, het hulle selfvertroue om Steve Hofmeyr die swye op te l\u00ea, merkbaar toegeneem.<\/p>\n<p>Die twiets het die indruk gelaat\u00a0dat die landdros uitgesoek is om die saak aan te hoor.<\/p>\n<p>Koch het danksy landdros\u00a0Naren Sewnarain se vreemde uitspraak in die Randburgse Landdroshof nie weggestap met &#8216;n kriminele rekord weens sy teistering teen Hofmeyr nie.<\/p>\n<p>Sewnarain het eenvoudig die wet wat teistering omskryf botweg ge\u00efgnoreer en gekonsentreer op Hofmeyr se sogenaamde apartheidsontkenning en Afrikaners se kollektiewe morele skuld in &#8216;n poging wat meer na &#8216;n openbare politieke smeerveldtog as &#8216;n hofsaak gelyk het.<\/p>\n<p>Koch se yslike en peperduur regspan &#8211; daar is\u00a0openlik op sosiale media gespog oor hul hemelho\u00eb fooie &#8211; het VN-verklarings voorgelees oor apartheid en misdade teen die mensdom.<\/p>\n<p>Sewnarain het daarna verklaar dat die definisie van rassisme so wyd is dat dit sonder skroom in die openbaar gebruik mag word.<\/p>\n<p>Die landdros wou ook nie toelaat dat Koch onder kruisverhoor geneem word nie, kennelik om die vuige lasteraar die\u00a0verleentheid\u00a0te spaar. Koch het vroe\u00ebr gespog dat hy &#8216;n 100% wit regspan het.<\/p>\n<p>Die saak is oorheers deur wit kulturele Marxiste met swartes wat min belangstelling getoon het in die &#8220;rassiste&#8221; se doen en late.<\/p>\n<p>Die selfverklaarde bruin rassis, Eusebius McKaiser, het selfs getwiet dat hy sy hande sal moet gaan was omdat hy aan die wit Roodt geraak het.<\/p>\n<p>Gedurende die verrigtinge het regslui wat vir Naspers\u00a0optree opgeduik wat hoegenaamd nie gemoeid is met die saak nie. Een het dr Roodt verseker dat sy\u00a0alles in haar\u00a0vermo\u00eb sal doen om hom te vernietig.<\/p>\n<p>Ene Adel\u00e9 le Roux,\u00a0 &#8216;n prokureur van\u00a0<span class=\"text6\">Moni Attorneys Incorporated in Killarney, Johannesburg,<\/span> het daarna\u00a0luidkeels\u00a0aan Roodt verklaar: &#8220;Enige vyand van Dan Roodt is &#8216;n vriend van my.&#8221; Sy het lank met &#8216;n man gesels wat dr. Roodt reeds jare lank op Facebook en Twitter teister en vermoedelik agter kuberaanvalle op PRAAG sit.<\/p>\n<p>Afgesien van DoS-aanvalle op die praagwebwerwe, is dr. Roodt se Facebookblad ook verlede week afgeskakel weens vals klagtes daarteen wat by Facebook aanhangig gemaak is.<\/p>\n<p>Die klein wit Boerhaatkliek het mekaar tot groter venyn aangespoor\u00a0en het mekaar aanhoudend daarin onderskraag met twiets, ook uit die hof, in weerwil van &#8216;n bevel wat dit uitdruklik verbied het.<\/p>\n<p>Die oorhoofse tema was weereens dat Afrikaners, en meer spesifiek Roodt en Hofmeyr se &#8220;domheid&#8221; slegs hoon, smaad en uitwissing verdien.<\/p>\n<p>Die aanvalle het veral gekom van werknemers van &#8216;n internetmeningsblad wat vermoedelik deur skaduagtige Amerikaanse fondse bedryf word, te wete die Daily Maverick.<\/p>\n<p>Dr Roodt het die uitslag as teleurstellend beskryf, maar ges\u00ea die hele oefening verteenwoordig nogtans\u00a0&#8216;n taktiese oorwinning aangesien die tussentydse bevel die sukses van die Afrikaans is Groot konserte kon verseker.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat die buikspreker Conrad Koch se ondersteuners Donderdag mekaar op Twitter vertel het dat hulle gelukkig op &#8216;n landdros van &#8220;kleur&#8221; kan staatmaak, het hulle selfvertroue om Steve Hofmeyr die swye op te l\u00ea, merkbaar toegeneem. Die twiets het die indruk gelaat\u00a0dat die landdros uitgesoek is om die saak aan te hoor. Koch het danksy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28540\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Landdros ignoreer teisterwet in Hofmeyr-aansoek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[4938,13345,18870,12185,9377,10968],"class_list":["post-28540","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-apartheid","tag-misdade-teen-die-mensdom","tag-randburgse-landdroshof","tag-smeerveldtog","tag-steve-hofmeyr","tag-teistering"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28540\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}