{"id":28533,"date":"2014-11-27T08:15:49","date_gmt":"2014-11-27T06:15:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28533"},"modified":"2014-11-27T08:15:49","modified_gmt":"2014-11-27T06:15:49","slug":"steve-het-perke-van-sy-uithouvermoe-bereik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28533","title":{"rendered":"Steve het &#8216;perke van sy uithouvermo\u00eb bereik&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Steve Hofmeyr het die &#8220;perke van sy uithouvermo\u00eb&#8221; bereik en het &#8220;net sy reg tot waardigheid oor&#8221;.<\/p>\n<p>So lui deel van\u00a0die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) se verklaring wat deel is van die stukke wat vandag by die landdroshof in Randburg ingedien sal word wanneer Hofmeyr Conrad Koch in die hof pak oor sy ononderbroke veldtog om Hofmeyr skade te berokken en te belaster.<\/p>\n<p>Luidens die verklaring moet die <em>actio iniuriarum<\/em>, waarvolgens iemand geregtig is op die beskerming van sy goeie naam en van sy persoonlike integriteit, wat sy private lewe insluit, ook deur die hof oorweeg word.<\/p>\n<p>&#8220;Die klaer sou nie die hof genader het vir die beskermingsbevel as hy (Hofmeyr) nie reeds die perke van sy uithouvermo\u00eb bereik het wat betref die aanstootlike gedrag van die respondent nie,&#8221; lui die verklaring.<\/p>\n<p>Hofmeyr het reeds \u2019n tussentydse beskermingsbevel teen Koch verkry. Die bevel verbied Koch om Hofmeyr te dreig, te teister of te belaster. Hy word ook verbied om Hofmeyr, sy borge of sakevennote op enige manier te kontak.<\/p>\n<p>Koch het glo di\u00e9 bevel bowendien verontagsaam.<\/p>\n<p>Luidens die hofstukke het Hofmeyr finansi\u00eble skade gely omdat Koch uitlatings gemaak het teenoor Hofmeyr se sakevennote en borge. Koch het die borge van die Afrikaans is Groot-konserte (AIG) op Twitter gekontak om hulle te dwing om hul ondersteuning te onttrek.<\/p>\n<p>Volgens Hofmeyr se eie verklaring het Pick\u2009n\u2009Pay en Land Rover hulle aan volgende jaar se AIG-konsertreeks onttrek. Hy meen dit is regstreeks te wyte aan die onbillike en kwaadwillige wanvoorstelling van (sy) menings oor apartheid deur Koch.<\/p>\n<p>&#8220;Die borgskap van Pick\u2009n\u2009Pay aan AIG bedra R4\u2009miljoen en di\u00e9 van Land Rover R1\u2009miljoen, dus R5 miljoen,&#8221; het\u00a0Hofmeyr in die hofstukke verklaar.<\/p>\n<p>Hofmeyr verwys ook na \u2019n twiet van Koch op Twitter wat lees: &#8220;Hey @woolworths_sa, @flysaa, @etvsa is it true that you are sponsoring this racist apartheid denialist. @steve_hofmeyr says you are.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Hier kontak die respondent direk drie van my borge, nieteenstaande die bestaan van \u2019n hofbevel,&#8221; s\u00ea Hofmeyr.<\/p>\n<p>In die hofstukke word verder aangevoer dat Hofmeyr ook die steun\u00a0van Life-gesondheidsdiens, Tsogo Sun en Williams Hunt verloor het.<\/p>\n<p>&#8220;My konsert by Kirkwood-wildsfees is gekanselleer vanwe\u00eb besware deur Absa en SA Brouerye (SAB), wat dieselfde soort behandeling as Pick\u2009n\u2009Pay en Land Rover vrees,&#8221; s\u00ea Hofmeyr.<\/p>\n<p>Die Kirkwood-wildsfees in die Oos-Kaap vind in Junie 2015 plaas.<\/p>\n<p>&#8220;Tot dusver is ek nie deur die KKNK of Innibos vir hul kunstefeeste aanstaande jaar genooi nie, wat \u2019n aanduiding is dat hulle dieselfde optrede deur die respondent en sy netwerk (van) medepligtiges vrees.&#8221;<\/p>\n<p>Pick\u2009n\u2009Pay het Woensdag teruggekrabbel en ges\u00ea\u00a0&#8220;geen besluit is geneem oor die borgskap vir die konsert in 2015 nie.&#8221;<\/p>\n<p>Volgens Janico Dannhauser, handelsmerkbestuurder van Land Rover, is nog geen aankondigings oor hul borgskap van AIG gemaak nie.<\/p>\n<p>Koch het\u00a0Hofmeyr van &#8220;apartheidsontkenning&#8221; beskuldig asof dit een of ander misdryf sou verteenwoordig.<\/p>\n<p>Daar bestaan nie in Suid-Afrika s\u00f3 &#8216;n oortreding nie, dus is dit onverklaarbaar hoe Koch dit as sy\u00a0&#8220;grondwetlike plig&#8221; kan beskou om Hofmeyr\u00a0&#8220;aan die kaak te stel&#8221;.<\/p>\n<p>Koch is vroe\u00ebr vanjaar\u00a0skerp gekritiseer vir sy eie rassisme deur swartes wat sy vertoning as &#8220;blackface&#8221; getipeer het omdat hy homself voordoen as &#8220;gekleurd&#8221; met sy pop maar eintlik wit is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Steve Hofmeyr het die &#8220;perke van sy uithouvermo\u00eb&#8221; bereik en het &#8220;net sy reg tot waardigheid oor&#8221;. So lui deel van\u00a0die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) se verklaring wat deel is van die stukke wat vandag by die landdroshof in Randburg ingedien sal word wanneer Hofmeyr Conrad Koch in die hof pak oor sy ononderbroke veldtog om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28533\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Steve het &#8216;perke van sy uithouvermo\u00eb bereik&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[18866,266,9377,10968],"class_list":["post-28533","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-blackface","tag-rassisme","tag-steve-hofmeyr","tag-teistering"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28533","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28533"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28533\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28533"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28533"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28533"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}