{"id":2846,"date":"2008-09-22T01:31:56","date_gmt":"2008-09-22T01:31:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2846"},"modified":"2008-09-22T01:31:56","modified_gmt":"2008-09-22T01:31:56","slug":"gordon-brown-se-eie-party-twyfel-aan-sy-leierskap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2846","title":{"rendered":"Gordon Brown se eie party twyfel aan sy leierskap"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Ministers het hul steun aan Brown toeges&ecirc;, wat dui op &#39;n skietstaking gedurende die weeklange Arbeiderskongres in Manchester. <\/p>\n<p align=\"justify\">En agter die skerms het Brown se tradisionele vyande, gelei deur Tony Blair en Peter Mendelson, hul oeroue twiste bygel&ecirc; om geheime samesprekings met Brown te hou oor hoe om sy leierskap te red. <\/p>\n<p align=\"justify\">Op die eerste dag van die konferensie het dit byna na &rsquo;n uitgemaakte saak gelyk dat eerste minister Gordon Brown se dae getel was.<\/p>\n<p align=\"justify\">Politics Home het pas &rsquo;n peiling gepubliseer wat toon dat die Konserwatiewe party &rsquo;n oorweldigende meerderheid in die volgende algemene verkiesing behoort te behaal. <\/p>\n<p>Dit het gister bekend geword dat die voormalige Arbeider-ministers Alan Milburn en John Reid Gordon Brown onlangs prontuit vertel het dat die Arbeidersparty se huidige ongewildheid voor sy deur gel&ecirc; kan word. Brown het naamlik probeer om Milburn se steun te werf en moes hoor : &ldquo;Gordon, jy is die probleem! &rdquo; Die twee mans het mekaar toe uitgeskel en dit was die einde van Brown se flikflooiery by die voormalige minister van gesondheid. Reid wou ook niks van die premier se toenaderingspogings weet nie. <\/p>\n<p>Brown het &rsquo;n beroep op eenheid binne die party gedoen en die Manchester-afgevaardigdes gevra om eerder op die huidige ekonomiese krisis te fokus, maar die ontvangs van gister was bra louwarm. <\/p>\n<p>Dit is bekend dat David Miliband, minister van buitelandse sake, en Alan Johnson, minister van gesondheid, tans leiers is van die komplot binne die Arbeidersparty om van hulle premier ontslae te raak. <\/p>\n<p>Volgens die onlangse ICM-meningspeiling sal die Arbeiders hulle meerderheidstem van 2005 in die komende tussenverkiesing in Glenrothes verloor. Die Skotse Nasionale Party staan &rsquo;n uitstekende kans om die tussenverkiesing te wen. So &rsquo;n neerlaag sal die laaste strooi wees wat Brown se uittrede kan beteken. <\/p>\n<p>Deur van die Brown-albatros ontslae te raak, gaan die Arbeiders egter nie noodwendig hulle kanse verbeter om die volgende algemene verkiesing te wen nie. Die ICM-peiling het bevind dat slegs een uit elke 100 Britte meen dat die bedanking van Brown sake in die guns van die Arbeiders sal swaai. <\/p>\n<p>Die goeie nuus oor die naweek was darem dat die skrywer JK Rowling, van Harry Potter-faam, een miljoen pond aan die Arbeidersparty belowe het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/magistralnye-filtry-i-filtruyushchie-elementy-f6129552\/\">\u0444\u0438\u043b\u044c\u0442\u0440 \u043e\u0441\u0443\u0448\u0438\u0442\u0435\u043b\u044c \u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0445\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/brown_gordon_manchester.jpg\" width=\"204\" height=\"272\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Gordon Brown in Manchester<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Gordon Brown het tydens die weeklange kongres van die Arbeidersparty wat oor die naweek begin het, belowe om sy &quot;sokkies op te trek&quot; te midde van ontevredenheid oor sy leierskap. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[2754,162,21089],"class_list":["post-2846","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-gordon-brown-se-eie-party-twyfel-aan-sy-leierskap","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2846","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2846"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2846\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2846"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2846"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2846"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}