{"id":28447,"date":"2014-11-21T10:28:27","date_gmt":"2014-11-21T08:28:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28447"},"modified":"2014-11-21T10:55:34","modified_gmt":"2014-11-21T08:55:34","slug":"gotterdammerung-se-rubriek-watter-afrikanerbeeld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28447","title":{"rendered":"Watter Afrikanerbeeld?"},"content":{"rendered":"<p>Die afgelope week was gevul met die absurde holdersteboldergebeure wat \u2018n kenmerk geword het van die land wat eens bekend gestaan het as die &#8220;Republiek van Suid-Afrika&#8221;. &#8216;n Land wat gesien is as \u2018n stabiele en wetsgehoorsame staat gemeet aan die hand van wat die res van Afrika kon vermag. \u2019n Land waar etiket, die navolg van re\u00ebls en beleefde debat die botoon gevier het, nieteenstaande die gehate apartheidsbeleid. Selfs mev. Helen Suzman het erken dat sy altyd goed in die &#8220;apartheidsparlement&#8221; behandel is. Die aff\u00eare wat hom tans in die land afspeel, vergelyk goed met &#8216;n stuk absurde teater uit die pen Ionesco of veral Alfred Jarry, skrywer van <em>Koning Ubu<\/em>.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-28405\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-121x300.jpg\" alt=\"Metropolitan Opera New Production Premiere of Richard Wagner's &quot;\" width=\"121\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-121x300.jpg 121w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-414x1024.jpg 414w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-535x1323.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-60x148.jpg 60w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-13x31.jpg 13w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-15x38.jpg 15w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-87x215.jpg 87w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 121px) 100vw, 121px\" \/><\/a>Voorbeelde hiervan is: Die chaos in die Parlement en die Gautengse Wetgewer, die EFF se kongresse in die Noord-Kaap en Gauteng wat ontaard het in straatgevegte, Tshwane wat R15 miljoen se belastinggeld aan kitskos bestee, die ANC Yoof Leek wat relevant probeer voorkom deur Steve Hofmyer aan te val met populistiese kwaksalwery dmv \u2018n verwarde witvelletjie lank nadat die stof gaan l\u00ea het, Naspers en ander media se gekwetter oor \u201cwit rassisme\u201d terwyl hulle sirkulasiesyfers in vryval verkeer en dan natuurlik Afriforum wat \u2018n salvo gevuur het in die rigting van Dan Roodt en \u201crandeier\u201d-Afrikaners wat onder andere \u201cdie beeld van Afrikaners in die buiteland skade aanrig\u201d.<\/p>\n<p>Dit is hierdie laaste gebeurtenis wat my aan die dink gesit het oor die Afrikaner se beeld in die buiteland. Blykbaar het ons \u201cleiers\u201d (al is hulle werknemers en aangesteldes van \u2018n organisasie) niks geleer uit die geskiedenis nie \u2013 of hulle is heeletmal\u00a0werklikheidsvreemd.<\/p>\n<p>As hulle iets geweet het, sou hulle benadering en gedagtegang rondom hierdie buitelandse beeldgedoente heel anders daar uitgesien het. N\u00e1 jare van negatiewe persepsies wat deur elke Jan Rap en sy maat oor Afrikaners geskep is \u2013 of hulle nou joernaliste, Progge, anti-apartheidsaktiviste of wat ook al was \u2013 is die beeld van Afrikaners in die buiteland maar redelik kisboude.<\/p>\n<p>Die publiek in die buiteland is nie \u2018n opgevoede massa mense wat alles bevraagteken nie. Hulle sal eerder glo wat aan hulle voorgehou word as waarheid, as om self \u2018n vinger te verroer om uit te vind wat werklik aan die gebeur is.<\/p>\n<p>Politici, daarenteen, is soos \u2018n weerhaan: draai in die rigting waarin die wind waai. En die wind het jare laas in die rigting van die Afrikaner gewaai! Die media was baie suksesvol met hul gefabriseerde konsensus en dit is in die buiteland se houding jeens Afrikaners te bespeur. Nodeloos om te s\u00ea, staan die status quo hulle aan want dit is tot voordeel van die multinasionale maatskappye wat Suid-Afrika sien as \u2018n vetgemaakte skaap reg om geslag te word; hou net die onbeholpe kleptokrasie van &#8216;n Afrika-regering in stand en moet niks daaroor s\u00ea nie.<\/p>\n<p>In my ervarings met buitelanders is dit vir my opvallend dat alle blankes in Suid-Afrika as Afrikaners gesien word \u2013 diegene wat nie as Afrikaners gesien word nie, maak deel uit van die Kwien se \u201cexpat\u201d-klub wat net tydelik hier vertoef. Om aan hulle te verduidelik \u2013 soos ek menigmaal gepoog het \u2013 dat die blankes in Suid-Afrika uit verskillende etniese groepe bestaan, is sinneloos.<\/p>\n<p>Dit is veral waar van die Asiate wat alle blankes sien as \u201cgweilo\u201d en minder as niks kan omgee oor wat die \u201cgweilo\u201d gister of eergister gedoen het of aan watter stam hy behoort nie. \u2018n Ruk gelede was ek saam met \u2018n groep Suid-Afrikaners in Seoel vir \u2018n konferensie. Daar vertel een Koreaan vir my in gebroke Engels dat ons almal dieselfde lyk. Hoe gee die persoon om wat \u2018n Afrikaner se beeld is \u2013 hulle lyk dan almal dieselfde?<\/p>\n<p>Hier moet ek nou eers stilstaan by die &#8220;beeldskendingtameletjie&#8221; soos dit deur Afriforum verwoord is. Hoe is dit moontlik om die beeld te skaad van \u2018n etniese groep wat nie in die buiteland geken word nie? Hoe skaad jy \u2018n beeld waar die definisie en karaktereienskappe van die etniese groep Afrikaner konstant van beide binne en buite die groep ondergrawe word? Wanneer die Afrikaanse media die begrip &#8220;Afrikaanses&#8221; in die buiteland bevorder \u2013 daardie neologisme van oorlede Jakes Gerwel wat soveel inslag gevind het by Naspers, Russel Botman, Jonathan Jansen, hulle dwepers en by die liberale kliek wat saamkoek in Mellville en Kaapstad se modieuse koffiekroe\u00eb?<\/p>\n<p>Wanneer die media intern die beeld bevorder van Afrikaners wat almal rassistiese, vrouehatende, patriargale, klippies-en-coke-suipende boeppense is wat hulle vrouens en kinders vir die pret slaan terwyl elkeen \u2018n 3-liter-Ford Cortina ry en die enjin in die sitkamer opknap op \u2018n Saterdagmiddag wanneer\u00a0hulle vir die Blou Bulle skree?<\/p>\n<p>Ek meen Brakpan en Danville is dan sinoniem met \u201cAfrikaners\u201d. Dit dien as \u2018n gemaklike spotnaam, maak nie saak waar die persoon regtig vandaan is, wat sy taal is en wat sy herkoms is nie. Hoe skaad jy \u2018n beeld wanneer \u2018n \u201cAfrikaner\u201d-burgerregteorganisasie multi-etnisiteit voorstaan en die etniese groep Afrikaner misken? Dit is mos dan Jakes Gerwel se &#8220;Afrikaanses&#8221; is dit nie? Hoe skaad jy \u2018n beeld wanneer iemand wat juis die definisie en aard van die etniese groep Afrikaner wil beskerm in self-geregverdigde polities korrekte morele uitbarstings tot ketter verklaar word?<\/p>\n<p>Gesien aan die hand daarvan dat buitelanders nie die verskil tussen \u2018n Engelse Suid-Afrikaner, \u2018n Italiaanse Suid-Afrikaner, \u2018n Portuguese Suid-Afrikaner en \u2018n Afrikaner verstaan nie, is dit dan nie logies dat die gedrag van alle blanke Suid-Afrikaners die beeld van die Afrikaner in die buiteland \u00f3f poets \u00f3f skaad nie? Sekerlik moet Conrad Koch se kru en gekruide taal op \u2018n openbare forum soos Twitter \u2013 wat regdeur die wereld gesien kan word \u2013 ook kwalifiseer daarvoor dat dit die Afrikaner se beeld skaad? Of miskien John Vlismas en Casper de Vries met hulle onverkwiklike\u00a0gespot met Afrikaners en hulle geloof op sosiale media? Wat van blanke polisiemanne wat saam met ander SAPD-lede die parlement gestorm het ten aanskoue van miljoene TV-kykers? Wat sonder Dan Roodt uit dat hy die Afrikaner se beeld skaad maar geen van hierdie ander nie?<\/p>\n<p>Dink Afriforum regtig dat Dan Roodt die Afrikanerbeeld skade aangerig het deur \u2018n piepklein gerdigeerde TV-segment wat aangebied is deur \u2018n persoon met die reputasie van \u2018n amusante baksteen maar die knaende gekerm van \u2018n Conrad Koch teenoor \u2018n baie groter gehoor het niks gedoen nie? Of dat die chaos in die parlement waarby blankes betrokke was en oral in nuusmedia verskyn het \u2013 om nie eens te praat van YouTube-kykersgetalle \u2013 nie skade berokken het aan die \u201cAfrikaner\u201d-beeld nie?<\/p>\n<p>Wanneer ons buitelandse beeld, wat nie eens deur die oorgawe en verraad van \u2018n hele regering gepoets kon word nie, \u2018n kwessie word, dan herinner die hele gedoente my sterk aan die psigotiese gebrabbel van \u2018n Weskoppies-inwoner wat aan vervolgingswaan ly.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek meen Brakpan en Danville is sinoniem met \u201cAfrikaners\u201d, sover dit die buiteland aangaan<\/p>\n","protected":false},"author":17,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[18811,10],"tags":[5303,768,3377,154,11540,643,9377],"class_list":["post-28447","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-gotterdammerung","category-rubrieke","tag-afriforum","tag-afrikaner","tag-beeld","tag-dan-roodt","tag-jakes-gerwel","tag-naspers","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28447","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/17"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28447"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28447\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28447"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28447"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28447"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}