{"id":2843,"date":"2008-09-21T03:21:14","date_gmt":"2008-09-21T03:21:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2843"},"modified":"2008-09-21T03:21:14","modified_gmt":"2008-09-21T03:21:14","slug":"mbeki-anatomie-van-n-dooie-slang","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2843","title":{"rendered":"Mbeki: anatomie van &#8216;n &#8216;dooie slang&#8217;"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Waarom het die Mbeki-faksie binne die ANC, wat eens so sterk gelyk het, die onderspit gedelf? Mbeki is immers gesteun deur Brittanje en Amerika wat steeds op die kantlyn poog om die politieke toutjies in Suid-Afrika te trek, asook Groot Besigheid en die magtige mediagroepe Johnnic Communications en Naspers, om van die SAUK nie eens te praat nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Hoekom het die kobra wat Thabo Mbeki eens was, verwelk en word hy nou summier deur sy eie partygenote afgedank?<\/p>\n<p align=\"justify\">Myns insiens het Mbeki verloor omdat hy oor geen etniese magsbasis beskik nie. En in Afrika is &#39;n etniese magsbasis, hetsy onder jou eie stam of di&eacute; van ander stamme, van kardinale belang. Zuma, daarenteen, beskik oor &#39;n etniese magsbasis onder die getalrykste en sterkste stam in die land, die Zoeloes. Daar is selfs Xhosa-hoofmanne in die Transkei wat nie tot die Mandela-invloedsfeer behoort nie wat hul steun aan Zuma toeges&ecirc; het. Toe die Mbeki-faksie begin het om hom van korrupsie te laat aankla, het Zuma toenemend buite die amptelike &quot;stamloosheid&quot; van die ANC getree en sy Zoeloeskap beklemtoon.<\/p>\n<p align=\"justify\">Zuma se strategie het uitmuntend geslaag. Mbeki is ontbloot vir wat hy is: &#39;n ge&iuml;soleerde marionet van sy swart sakevriende en die Britte en Amerikaners. Hoewel van Xhosa-afkoms, verteenwoordig Mbeki eintlik &#39;n ontstamde, &#39;n &quot;Afrosakser&quot; soos die Keniaan Ali Mazrui die miljoene swart Engelssprekendes beskryf wat mens oral ter w&ecirc;reld aantref. Sy stam is tegelyk transnasionaal en nie-bestaande: &#39;n minderheidsgroep binne die groter Anglo-Amerikaanse ryk wat die VSA, Kanada, Australi&euml; en Nieu-Seeland insluit.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mbeki was bloot die opvolger van Mandela, die man wat by verstek in die plek van die Groot Xhosa aangewys is. Mandela self het die mag verower danksy die Britse media, Trevor Huddleston van die Britse anti-apartheidsbeweging, asook die honderde miljoene dollar wat die Sweedse regering aan die ANC geskenk het om die destydse NP-bewind te knak.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die grootskaalse internasionale steun wat Mandela van die Britte en Amerikaners ontvang het, het die illusie van Xhosamag in Suid-Afrika geskep. Hoewel die Xhosa-elite soos springkane op die land toegesak en begin &quot;skep&quot; het, was die werklike magsentrum van die Mandelabewind buite die land gesetel, by die Britse en Amerikaanse ambassades en by hul geheime dienste wat in meer as een geval die ANC-bewind van buite af gemanipuleer of gerig het.<\/p>\n<p align=\"justify\">Een van die eerste gevolge van die magsverandering in Suid-Afrika is dat Brittanje en Amerika hul greep op Suid-Afrika gaan verloor. In die internasionale skaakspel wat daar tans aan die gang is, gaan Rusland, China en die Moslems met hul petrodollars probeer om invloed op Zuma en die inkomende regering te verkry. <\/p>\n<p align=\"justify\">Brittanje en Amerika wou met die 1994-skikking die Afrikanervolk vir alle praktiese doeleindes laat uitwis of uit sy geboorteland verdryf, maar in hul entoesiasme het hulle die deur oopgemaak vir anti-Westerse en veral anti-Amerikaanse invloed in Suid-Afrika. Sodra die Zuma-faksie oorneem, gaan dit baie interessant wees om te sien watter skuiwe Rusland, China en die Moslems gaan maak. Jan Smuts het ges&ecirc; dat die lot van Suid-Afrika altyd van buite sy landsgrense bepaal sal word en waarskynlik was hy reg.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die feit dat die Britse en Amerikaanse media Mandela tot goddelike status verhef het, was &#39;n verdere faktor wat by ons die indruk gewek het dat die Xhosas &#39;n oorweldigende magsfaktor in die land was en die ander stamme, asook die blankes en Afrikaners, met gemak kon oorheers.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mbeki se afdanking deur die ANC&nbsp; het daarom ook die illusie van Xhosa-mag soos mis voor die opkomende son laat verdwyn. Hoewel die Xhosas steeds oor die grootste aantal ANC-lede en die Ooskaap oor die meeste takke van die party beskik, is hulle besig om te verkrummel en is die Zoeloes met hul veel sterker etniese bewussyn en nasionalisme besig om oor te neem.<\/p>\n<p align=\"justify\">As mens daaraan dink, was die Xhosas as volk nog nooit verenig nie. Hulle bestaan uit verskillende stamme, die Temboes, Fingoes en Pondo&#39;s. Boonop was hulle voor &#39;94 verdeel in twee tuislande, die Transkei en Ciskei wat geen liefde vir mekaar gekoester het nie. Weens gebrek aan eenheid, was dit dus onvermydelik dat die korstondige Xhosa-empaaier, wat danksy Britse en Amerikaanse steun onder Mandela en Mbeki tot stand gekom het, uiteindelik soos &#39;n kaartehuis ineen sou tuimel.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die groot vraag op elkeen se lippe vandag, is: wat gaan &#39;n Zuma-bewind vir die Afrikaner beteken? Tradisioneel is die Zoeloes en Afrikaners die twee sterkste groepe in die land, met die blanke Engelssprekendes wat hul steeds oorheersende ekonomiese posisie slegs aan hul bande met die groter Angel-Saksiese w&ecirc;reld &#8211; wat veertig persent van die w&ecirc;reldekonomie beheer &#8211; te danke het. Dat Helen Zille die leier van die amptelike opposisie moet wees, verteenwoordig &#39;n anomalie wat ten minste net so groot is soos die anomalie van die erbarmlike Xhosas uit hul arm, stagnante provinsie wat na Pretoria opgeruk het om die hele land en selfs die subkontinent te oorheers.<\/p>\n<p align=\"justify\">Vanwe&euml; die verswakking van Britse en Amerikaanse invloed, is die weg nou gebaan vir &#39;n groter Afrikanerrol in die Suid-Afrikaanse politiek en ekonomie. Die Engelse se mees gevreesde nagmerrie, dat daar &#39;n bondgenootskap tussen die Zoeloes en Afrikaners mag ontstaan, mag dalk bewaarheid word.<\/p>\n<p align=\"justify\">Zuma se verskillende ouvertures aan Afrikaners ten spyt, is dit tans moeilik om oor die moontlikheid van &#39;n Zoeloe-Afrikanerbondgenootskap te spekuleer. Ras is &#39;n groot faktor in Suid-Afrika, tans selfs groter as onder apartheid, en daarom kan mens moeilik sien hoe Zuma sy grootliks simboliese toenadering tot Afrikaners verder sou kon voer sonder om deur die erg rasbewuste swart elite verwerp te word.<\/p>\n<p align=\"justify\">&#39;n Zuma-presidentskap kan vir die Afrikaner &oacute;f goed &oacute;f sleg wees, soos dinge nou lyk. Zuma bevind hom eintlik tussen twee vure. Enersyds bestaan daar die radikale faksie in die vorm van Cosatu en die SAKP wat die beroemde &quot;tweede revolusie&quot; wil sien gebeur waardeur Suid-Afrika in &#39;n werkerstaat na die klassieke kommunistiese of sosialistiese model omskep moet word. Andersyds is Zuma waarskynlik bewus van die intense wrewel in Afrikanergeledere jeens die ANC-bewind en sou hy ons dalk wou paai met &#39;n toeskietliker beleid oor Afrikaans, Afrikanerkultuur en swart rassevoorkeure in die staatsdiens.<\/p>\n<p align=\"justify\">Heel moontlik het Zuma besef dat die land met &#39;n geweldige gebrek aan kundigheid sit sover dit dit staatsdiens, die munisipaliteite en selfs groot dele van die privaatsektor betref. Die Afrikaner, met sy sterk ho&euml;rskole en universiteite wat tot dusver in &#39;n mate die verwoesting van Asmal en Pandor se onderwysbeleide kon oorleef, verteenwoordig steeds die mees opgeleide en kundige groep in die land.<\/p>\n<p align=\"justify\">Dit mag wees dat Zuma nie sonder Afrikanerhulp sou kon regeer nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Een van die heel eerste dinge wat Zuma sal moet doen, is om van die vele amptenare ontslae te raak wat aan die Mbeki-faksie lojaal is. Die vraag is egter: met wie gaan hulle vervang word? Soos dit tans daar uitsien, boks die swart elite reeds ver buite hulle gewigsklas, aangesien hulle nie oor die nodige tegniese en bestuursvaardighede beskik om &#39;n eertyds eerstew&ecirc;reldland te regeer nie. Heel moontlik besef Zuma dat hy nie oor die nodige bestuurders beskik waarmee die uitgaande Xhosa-magselite wat so heerlik oor die afgelope veertien jaar geplunder het vervang kan word nie. Dit mag wees dat hy sy vyande in die burokrasie met Afrikaners wil vervang, wat sy voorliefde vir braaivleis met die Boere sou verklaar.<\/p>\n<p align=\"justify\">&#39;n Historiese geleentheid bestaan tans vir die Afrikaner om dalk self &#39;n paar kastai&iuml;ngs uit die vuur te krap.<\/p>\n<p align=\"justify\">Ongelukkig l&ecirc; daar enkele hindernisse in die weg van die Afrikaner om sonder meer sy verdiende leierskapsposisie in die land weer in te neem. Ten eerste is daar Afrikanerverdeeldheid. Afrikaners is verstrooi oor verskillende politieke partye, sowel die Engels-oorheersde DA as die Vryheidsfront Plus wat tot dusver nie die volk se verbeelding kon gaande maak nie. Dan is daar die horde Afrikaanse organisasies waarvan elkeen glo dat hy eiehandig die Afrikaner se lot gaan bepaal. Sommiges glo ook dat die begrip &quot;Afrikaner&quot; liefs afgesweer moet word en dat ons ons heil onder bruin leiers moet gaan soek.<\/p>\n<p align=\"justify\">Ten tweede &#8211; en dis &#39;n baie groot tweede struikelblok &#8211; is daar die mediagroep Nasionale Pers wat nie wil toesien dat Afrikaners weer &#39;n aktiewe rol in die Suid-Afrikaanse politiek begin speel nie. Die koerante in die Nasionale Persstal soos Beeld, Volksblad, Burger en Rapport het eintlik mondstukke vir die Britse en Amerikaanse belang in die land geword en was tot onlangs nog ondersteuners van die Mbeki-faksie. Nasionale Pers gaan aanhou om sy bes te doen om die Afrikaner verder af te kraak, te verdeel en te demoraliseer sodat ons onderdanig sal wees aan watter swart regering ook al volgende oor ons aan bewind mag kom, selfs al staar ons vernietiging in die gesig.<\/p>\n<p align=\"justify\">Verdeeldheid, asook Nasionale Pers se filosofie van onderdanigheid, verteenwoordig dus die twee grootste meulstene om die Afrikaner se nek wat hom moontlik gaan verhoed om op die nuwe gegewe in die land te reageer.<\/p>\n<p align=\"justify\">Indien ons egter daarin slaag om di&eacute; meulstene van ons af te werp, kan &#39;n uiteindelike Zoeloe-Afrikanerbondgenootskap tot voordeel van die land in sy geheel, asook die hele Afrika suid van die Sahara, tot stand kom.<\/p>\n<p align=\"justify\">Zuma sou ons kon help om ons verdeeldheid te oorkom deur &#39;n statut&ecirc;re raad vir Afrikaners in die lewe te roep. So &#39;n stap sou die horde babbelende Afrikanerorganisasies noop om almal aan &#39;n amptelike Afrikanerraad deel te neem wat deur die regering befonds sou word en sodoende &#39;n nuwe volkseenheid skep.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die Zuma-regering kan ook vir Nasionale Pers voor die mededingingstribunaal sleep en die monopolie waaroor die Brits-geori&euml;nteerde mediagroep in Afrikaans beskik, begin afbreek. Dit sou ons bevry van die afbrekende en ondermynende invloed wat Nasionale Pers op die volk se psige uitoefen met sy dosyne Afrikanerhaters wat hulle graag as rubriekskrywers en politieke kommentators voordoen.<\/p>\n<p align=\"justify\">In ruil vir di&eacute; twee gunste, sou Afrikaners Zuma kon bystaan om die staatsdiens en die strafregstelsel reg te ruk en Suid-Afrika weer op die pad van vrede en voorspoed te plaas.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die ander scenario, waar die linkses van Cosatu en die SAKP die oorhand sou verkry, is &#8211; in die woorde van John Vorster &#8211; te aaklig om aan te dink. <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438 \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die verwagte afdanking van Thabo Mbeki deur die Zuma-faksie het gister plaasgevind. N&aacute; die hofuitspraak in Zuma se guns deur regter Chris Nicholson het Jacob Zuma na sy mededinger op Zoeloe as &#39;n &quot;dooie slang&quot; verwys.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,2751,21092],"class_list":["post-2843","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-mbeki-anatomie-van-n-dooie-slang","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2843","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2843"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2843\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2843"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2843"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2843"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}