{"id":28410,"date":"2014-11-19T06:43:30","date_gmt":"2014-11-19T04:43:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28410"},"modified":"2014-11-19T07:08:55","modified_gmt":"2014-11-19T05:08:55","slug":"sa-plaas-ebola-by-g20-beraad-se-agenda","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28410","title":{"rendered":"SA plaas ebola op G20-beraad se agenda"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika het die bespreking oor die ebolakrisis in Wes-Afrika by die G20-leiersberaad in Brisbane, Australi\u00eb\u00a0versoek,\u00a0het die minister van finansies, Nhlanhla Nene ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ons is inderdaad bekommerd. Ons versoek het eintlik daartoe gelei dat sake wat verband hou met ebola op\u00a0die G20-vlak bespreek is\u00a0sowel as in\u00a0alle ander multilaterale vergaderings waaraan\u00a0ons deelgeneem het,&#8221; het Nene aan verslaggewers in Pretoria ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ons verstaan dat dit nie net &#8216;n ekonomiese kwessie is nie, maar &#8216;n humanit\u00eare saak. Hierdie\u00a0[lande wat geraak word]\u00a0is ons handelsvennote. Ons moet\u00a0multilaterale instellings en verbintenisse h\u00ea. &#8221;<\/p>\n<p>Nene het die gesprekke as bemoedigend beskryf. Hy het ges\u00ea die Verenigde State van Amerika sowel as\u00a0Spanje\u00a0het ook met die siekte te kampe weens verbintenisse tussen alle dele van die w\u00eareld.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het gesien dat filantrope, selfs van ons eie land, nie net praat daaroor nie, maar die finansi\u00eble hulpbronne gee om te verseker dat diegene in\u00a0Wes-Afrikalande bygestaan word om ebola te bekamp.&#8221;<\/p>\n<p>Nene het ges\u00ea die leiers van Brasili\u00eb, Rusland, Indi\u00eb, China en Suid-Afrika (BRICS) het op die kantlyn van die G20-beraad beraadslaag.<\/p>\n<p>President Jacob Zuma het die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die beraad gelei wat tussen 15 en 16 November plaasgevind het.<\/p>\n<p>Zuma is vergesel deur Nene en die minister van Internasionale Betrekkinge, minister Maite Nkoana-Mashabane.<\/p>\n<p>Nene het ges\u00ea die trae globale ekonomiese groei was &#8216;n groot bron van kommer vir almal by die G20-beraad.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea gesprekke in Brisbane het gesentreer op strategie\u00eb deur alle lande wat sal bydra tot die toevoeging van &#8216;n verdere twee persentasiepunte tot groeivooruitskattings oor die volgende vyf jaar.<\/p>\n<p>Nene het ges\u00ea daar was &#8220;robuuste gesprek&#8221; met betrekking tot oproepe vir die hervorming van bestaande\u00a0internasionale finansi\u00eble instellings, veral die Internasionale Monet\u00eare Fonds (IMF).<\/p>\n<p>&#8220;Daar is ooreengekom dat internasionale finansi\u00eble instellings sal moet\u00a0hervorm word om\u00a0die feit dat ontluikende markte en ontwikkelende ekonomie\u00eb nou verantwoordelik is vir die grootste deel van die globale groei, te weerspie\u00ebl,&#8221; s\u00ea Nene.<\/p>\n<p>Lede van die G20 is Argentini\u00eb, Australi\u00eb, Brasili\u00eb, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indi\u00eb, Indonesi\u00eb, Itali\u00eb, Japan, Suid-Korea, Mexiko, Rusland, Saoedi-Arabi\u00eb, Suid-Afrika, Turkye, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika en die Europese Unie.<\/p>\n<p>Die internasionale forum is ook bekend as die Groep van Twintig.<\/p>\n<p>Die minister van Verdediging, Nosiviwe Mpahisa-Nqakula, het intussen geweier besonderhede\u00a0oor\u00a0president Jacob Zuma se reis na &#8216;n BRICS-beraad in Brasili\u00eb te gee.<\/p>\n<p>Sy het kommer oor inligting wat betref die bewegings van die staatshoof aangedui as rede waarom sy nie die vraag kan beantwoord nie.<\/p>\n<p>Die minister het bygvoeg dat sy toestemming van die Parlement se Staande Komitee oor Verdediging sal vra om die inligting bekend te maak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika het die bespreking oor die ebolakrisis in Wes-Afrika by die G20-leiersberaad in Brisbane, Australi\u00eb\u00a0versoek,\u00a0het die minister van finansies, Nhlanhla Nene ges\u00ea. &#8220;Ons is inderdaad bekommerd. Ons versoek het eintlik daartoe gelei dat sake wat verband hou met ebola op\u00a0die G20-vlak bespreek is\u00a0sowel as in\u00a0alle ander multilaterale vergaderings waaraan\u00a0ons deelgeneem het,&#8221; het Nene aan verslaggewers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17924,16492,9820,12308,6977,6723],"class_list":["post-28410","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brisbane","tag-ebola","tag-ekonomiese-groei","tag-g20","tag-imf","tag-jacob-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28410","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28410"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28410\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28410"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28410"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28410"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}